Share

Verlamdes nie gedoem tot rolstoel

Vier mans wat al meer as twee jaar in die onderlyf verlam is, kan danksy ’n nuwe elektriese toestel wat in die werwelkolom ingeplant is weer hul bene en voete beweeg.

Dié suksesverhale bied hoop aan miljoene verlamdes wêreldwyd wat weens werwelkolom-beserings parapleë geword het.

“Die boodskap is dat mense met werwelkolombeserings soortgelyk aan dié mans s’n nie noodwendig tot verlamming gedoem is nie,” het dr. Roderic Pettigrew, die direkteur van die Nasionale Instituut vir Biomediese Afbeelding en Bio-ingenieurswese in Amerika, gesê.

Al kan die mans nog nie loop nie, is dit veelseggend dat hulle wel kan beweeg.

Volgens Susan Harkema, ’n spesialis in neurologiese rehabilitasie aan die Universiteit van Louisville se Kentucky-navorsingsentrum vir werwelkolom-beserings, stimuleer elektriese impulse van die RestoreAd­vance-inplanting neurone in die werwelkolom.

Dit stem baie ooreen met wat met fisieke rehabilitasie gedoen kan word.

“Dit wys vir ons dat die (Amerikaanse) gesondheidstelsel dalk te maklik opgee met die miljoene verlamdes aan wie daar gesê word fi­sioterapie sal nie help nie,” het Harkema gesê.

Een van die vier pasiënte, die Amerikaanse universiteitsbofbal-ster Rob Summers wat in 2006 in ’n tref-en-trap-ongeluk verlam is, het laat in 2009 die inplanting in sy werwelkolom gekry en kon drie dae later op sy eie regop staan.

In 2010 het hy vir die eerste keer ’n paar tentatiewe treë gegee.

’n Ander, Kent Stephenson, wat in 2009 op die ouderdom van 21 jaar in ’n Motocross-ongeluk verlam is, kon 11 dae nadat hy die inplanting gekry het sy linkerbeen oplig terwyl hy op ’n bed gelê het.

Dr. Mthunzi Ngcelwane, hoof van die ortopedie-departement aan die Universiteit van Pretoria se mediese fakulteit, sê elektrodes om verlamde spiere te stimuleer word al sedert die 1990’s ontwikkel.

“Die probleem met sogenaamde funksionele elektriese stimulasie (FES) is dat dit byvoorbeeld nie pasiënte van die nodige balans kan voorsien om werklik weer mobiel te raak nie.

“Daar is egter geen twyfel dat FES en stamselle ons beste hoop is om mense wat weens werwelkolombeserings verlam is, weer te laat loop nie.”  – Reuters


Kent Stephenson lê in ’n laboratorium van die Universiteit van Louisville terwyl dr. Katelyn Gurley sy spieraktiwiteit monitor.Sy onderlyf is verlam, maar hy kan nou danksy ’n nuwe ingeplante elektriese toestel sy bene beweeg. Foto: Reuters



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 341 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 477 votes
Vote
Rand - Dollar
18.92
-0.1%
Rand - Pound
23.91
-0.0%
Rand - Euro
20.45
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.1%
Platinum
911.00
+1.6%
Palladium
1,008.15
+0.6%
Gold
2,222.89
+1.3%
Silver
24.90
+1.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE