Share

Vrou eis R8 m. van DKD, polisie ná verkragting

’n Vrou wat in 2010 verkrag en aangerand is, dagvaar die polisie en departement van korrektiewe dienste (DKD) vir R8 miljoen.

Lindsay Pistorius (39), ’n aptekersassistent van Pretoria, het dié skadevergoedingseis teen die ministers van polisie en die DKD by die hooggeregshof in Pretoria ingedien weens emosionele trauma en mediese uitgawes.

Sy is in Julie 2010 deur Elias Mothate met ’n tuinvurk in haar huis in Orchards, in die noorde van Pretoria, oorval.

Haar sewejarige seun was die aand tuis toe Mothate haar aangerand, verkrag en met haar eie motor ontvoer het.

Sy is erg beseer en moes ’n maand lank in die hospitaal aansterk.

Mothate is intussen skuldig bevind aan verkragting en ­lewenslank tronk toe gestuur.

Pistorius beweer die polisie het versuim om hul plig na te kom deur nie onmiddellik haar verklaring af te neem of haar saak behoorlik te ondersoek nie.

“Eers twee weke nadat ek uit die hospitaal ontslaan is, het die Akasia-polisie iemand gestuur vir my verklaring.”

Pistorius sê die polisie het ook bewyse op die toneel sonder handskoene hanteer.

“My eksman het my vertel hoe die polisie die volgende dag met hul families op die toneel opgedaag het.

“Hulle het die tuinvurk sommerso met hul kaal hande in die motor se kattebak gegooi en nie eens semen-monsters gevat of getoets vir vingerafdrukke in die huis nie.”

Pistorius eis verder weens die skade wat die polisie glo aan haar motor aangerig het, soos dat die radio uitgeruk is.

Sy eis ook van die DKD omdat Mothate glo ten tyde van die aanval op borgtog vrygelaat en verhoorafwagtend was kragtens ’n soortgelyke saak in die landdroshof in Brits.

Hy was boonop op parool weens gewapende roof ten tyde van albei dié bogenoemde voorvalle.

Pistorius eis ook weens die emosionele trauma wat haar seun gely het.

Die DKD en die polisie het dié bewerings ontken en gesê hulle sal dit ook in die hof betwis.

Die saak sal in Februarie 2015 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 19 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 646 votes
Sometimes - it depends on the film release
31% - 292 votes
Vote
Rand - Dollar
19.17
-0.9%
Rand - Pound
23.85
-0.7%
Rand - Euro
20.42
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
953.60
+0.1%
Palladium
1,034.00
-0.1%
Gold
2,388.08
+1.1%
Silver
28.41
+0.6%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE