Share

Vroue-vlieënier laat terro’s se broeke bewe

Dit moes die terroriste van die sogenaamde Islamitiese Staat (IS) vandeesweek ekstra seergemaak het om te weet ’n vrou is een van die leidende figure wat die bomme op hulle laat neerreën.

Maj. Mariam Al Mansouri, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se eerste vroulike vegvlieënier, het dié land se bydrae tot die gesamentlike lugaanval gelei.

IS glo dat selfmoordsendings hulle tot martelaars verhef, maar as hulle deur ’n vrou doodgemaak word, gaan daar vir hulle geen gemaklike hiernamaals volg nie.

Die voorsitter van die Amerikaanse regering se komitee vir internasionale betrekkinge, Ed Royce, het aan die New York Post gesê die Koerdiese magte in Irak, wat ook teen IS baklei, werf tans in groot getalle vrouesoldate.

Die gevolge hiervan is “merkwaardig”. Sodra die ISterroriste besef dat daar vroue in aanvalle op hulle betrokke is, kom hulle net daar tot stilstand en kies die hasepad.

Een van die vroulike Koerdiese soldate het aan Sapa-AFP gesê sy dink die terroriste is banger vir vroue as vir mans omdat hulle glo hulle gaan hel toe as hulle aan die hand van ’n vrou sterf.

Die VAE, Saoedi-Arabië, Jordanië, Katar, Bahrein en die VSA het die afgelope week aan lugaanvalle op agt van IS se stellings in Sirië deelgeneem.

Die groep se stellings in Irak is volgende in die losse koalisie se visier.

Die beeldskone Al Mansouri (35) was ná die aanvalle op die voorblad van al wat ’n koerant is in die VAE.

Sy sê sy het altyd ’n passie vir vliegtuie gehad – veral vir vegvliegtuie.

As een van agt kinders moes haar drome om vlieënier te word egter wag omdat die VAE se lugmag nie vroue toegelaat het nie. Haar gemiddeld van 93% in haar studies op universiteit was ook nie genoeg nie.

Toe die VAE-lugmag egter ná 2005 sy deure vir vroue oopgemaak het, was sy voor in die ry.

“Ek ding nie met my manlike kollegas mee nie, net met myself. Só verbeter ek gedurig my vaardighede.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 884 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE