Share

Vyfjarige se groot hart inspireer

Die vyfjarige Liam Erlank se slaapkamer is volgepak met hondekos en kombersies. Dis sy verjaardaggeskenke.

Want wanneer hy in Augustus ses word, gaan Liam gee eerder as kry.

Sy pa, Wian, het eintlik net ’n grappie gemaak toe hy so twee maande gelede voorstel Liam moet eerder vra vir geskenke vir hawelose diere.

“Hy het stil geraak,” sê Liam se ma, Maryke. “Hy het ’n bietjie gedink en effens teleurgesteld gelyk, maar toe sê hy dis reg, hy weet daar is diere wat honger en koud gaan slaap.”

Die Erlanks het houers by inkopiesentrums in Potchefstroom neergesit met ’n plakkaat oor Liam se projek daarby. “Dis vir Liam elke week ’n hoogtepunt as ons die skenkings gaan haal. Hy laai alles self af en pak dit in sy kamer,” sê Maryke.

Liam se verjaardagpartytjie is oor twee weke by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Potchefstroom, waar hy al die skenkings gaan oorhandig.

Met Rapport se besoek het Liam trots al die skenkings in sy kamer gewys terwyl die gesin sukkel om hul vyf honde se snoete daaruit te hou. Hulle het al verskeie honde by die DBV aangeneem.

“Ek wil eendag ’n army word en tenks en vliegtuie bou,” sê Liam en wys opgewonde wat hy alles gebou het met ’n Lego-stel wat Hannelie Barkhuizen van Bellville in die Wes-Kaap vir hom gestuur het.

Sy was so beïndruk toe sy op Pierre van Niekerk se Facebookblad oor dieregesondheid van Liam se projek lees, sy het besluit hy verdien ook ’n geskenk.

Yvonne van Niekerk, ’n professionele bakker van Pretoria, betaal iemand in Potchefstroom om vir Liam ’n koek met ’n weermag- en dieretema te bak.

“Toe ek op Pierre se blad van Liam lees, het ek besluit as ’n jong kind so groothartig kan wees, kan ek dít vir hom doen.”

’n Fotograaf in die Noord-Kaap het ook aangebied om gratis foto’s op Liam se partytjie te neem.

“Ons is ontsettend opgewonde oor Liam se projek. Ek kan nie glo ’n kind van sy ouderdom aanvaar soveel verantwoordelikheid nie. Dit sê baie oor hoe sy ouers hom opvoed,” sê Martin Pienaar van die Potchefstroomse DBV-tak.

Pienaar sê by die partytjie gaan hulle diere uitbring vir die kinders om mee te speel.


Liam Erlank (5) by al die dieregeskenke in sy kamer wat hy al ingesamel het.| Foto: Christiaan Kotze


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1004 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1039 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.92
-0.6%
Rand - Euro
20.54
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
915.00
-0.6%
Palladium
1,008.00
-1.8%
Gold
2,323.34
+0.1%
Silver
27.24
-0.3%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE