Share

Wêreld se grootste olifant gestroop

Nairobi. – Een van Afrika se grootste olifante is dood nadat stropers hom met gifpyle in Kenia geskiet het.

Veldwagters in die Tsavo- nasionale park in Kenia is in rou gedompel oor die dood van hul “ou vriend”.

Die 45-jarige olifant, bekend as Satao, is vermoedelik reeds verlede maand met gifpyle in die uitgestrekte natuurreservaat in die suidooste van ­Kenia doodgeskiet.

Die Tsavo-stigting, wat hom beywer vir die beskerming van dié reservaat en sy diere, het egter eers gister “met groot hartseer” aangekondig een van die wêreld se mees ikoniese olifante is vir sy groot ivoortande gestroop.

Nuus oor die dood van dié olifant, die jongste in ’n massiewe aanslag op Afrika se olifante, kom net ’n dag nadat die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) gewaarsku het hele olifantbevolkings in Afrika kan binnekort weens stropery uitsterf.

“Dit is met groot leedwese dat ons kan bevestig daar is geen twyfel nie dat Satao doodgemaak is deur ’n stroper om te voorsien in die oënskynlike onversadigbare vraag na ivoor in verafgeleë lande,” het die stigting gesê.

Meer as 20 000 Afrika-olifante is in 2013 gestroop. In 2012 is 22 000 gestroop en in 2011 25 000.

Hul ivoor is duisende dollar per kilogram op die swartmark werd. – AFP
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1026 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1090 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE