Share

Wonderpil ‘maak MIV nes diabetes’

Toe Riaan de Kock (61), ’n rekenmeester van Pretoria, 15 jaar gelede sy pille begin drink het, was dit letterlik ’n handvol.

Deesdae hoef De Kock, wat MIV-positief is, net een pilletjie elke aand te sluk danksy snelle vordering in vigsnavorsing.

Danksy dié tablette is hy blakend gesond.

Nou wil die regering die voordele van dié mediese deurbraak aan meer Suid-Afrikaners beskikbaar stel, het dr. Aaron ­Motsoaledi, minister van gesondheid, die afgelope week aangekondig.

Waarom?

Want gevorderde antiretrovirale middels (ARV’s) het van vigs ’n bestuur­bare chroniese toestand “byna soos diabetes” gemaak, sê kenners.

De Kock sê die pille is magic.

MIV is in 1990 by hom ge­diagnoseer toe daar nog geen medikasie beskikbaar was nie.

“Ek was baie siek. My lyf het begin inkonk. My CD4-telling was iets soos 127.”

CD4-selle help om die liggaam se immuunstelsel te aktiveer en infeksies te beveg.

’n Normale telling is bo 500.

Toe kom die ARV’s – en behalwe vir ’n bietjie hoofpyn en diarree, wat ná ’n paar weke gewyk het, was De Kock weer op die been.

Dit was moeite: “Ek moes daai tyd nog twee keer ’n dag ’n handvol pille drink. En doerietyd moes jy dit in die yskas hou. Jy moes dus altyd sorg dat jy elke dag op dieselfde tyd by jou yskas is.”

De Kock is in ’n langtermynverhouding en al wanneer hy en sy lewensmaat oor MIV praat, is wanneer hulle mekaar nou en dan vra of hulle onthou het om hul pilletjies te drink.

Op af en toe besoeke aan die dokter vir bloedtoetse, vra die dokter “hoekom mors ek sy tyd”, skerts De Kock.

Sy CD4-telling was verlede week 706.

“Mense wat met MIV leef en antiretrovirale medikasie gebruik, kan ’n normale lewensverwagting hê en ’n gewone gehalte-lewe leef,” sê Marcus Low, beleidshoof van die Treatment Action Campaign (TAC).

Nou is MIV “byna soos diabetes of hartsiekte”.

Motsoaledi se aankondiging die afgelope week was dat MIV-pasiënte met ’n CD4-telling van enigiets onder 500 van volgende jaar af vir behandeling sal kwalifiseer.

Vroeër het behandeling eers begin as jou telling tot 350 gedaal het.

Kenners is ingenome oor die staat se motief, maar bekommerd dat dit prakties onmoontlik is om behandeling aan nóg miljoene mense te verskaf terwyl klinieke landwyd gereeld ’n tekort aan medikasie het.

“Dit sal ’n enorme uitdaging wees om te voorsien aan die behoeftes van meer as drie miljoen mense met ’n chroniese toestand,” sê dr. Francesca Conradie, voorsitter van die Suid-Afrikaanse vereniging vir MIV-klinici. Onderbrekings in ARV-behandeling weens onder meer tekorte word verbind met die ontwikkeling van weerstandigheid teen medikasie.

Tog kan dit help om nuwe infeksies met MIV te keer aangesien behandeling draers van die virus se virale lading en dus aansteeklikheid verlaag.

Suid-Afrika het die grootste ARV-behandelingsprogram ter wêreld, sê Johan Maritz, senior bestuurder van die sentrum vir die studie van vigs aan die Universiteit van Pretoria.

“Meer as twee miljoen mense is onder behandeling. Maar daar is daagliks uitdagings en druk op die gesondheidstelsel.

“Een van die grootste uitdagings is die tekort aan medikasie wanneer klinieke en distrikte gereeld sonder enige voorraad sit.

“Ons openbare gesondheidstelsel stort in verskeie provinsies ineen. Die tekort aan noodsaaklike medikasie en toerusting, vakante poste en vervalle infrastrukture ondermyn baie van die goeie beleide wat ingestel word,” meen Low.

Prof. Graeme Meintjes, voorsitter van die riglynkomitee vir volwasse antiretrovirale terapie, twyfel of dit nodig is om behandeling te kry met ’n CD4-telling van 500.

“Baie van dié pasiënte is nog heeltemal gesond. Om dan met lewenslange medikasie te begin kan ’n moeilike onderneming wees, veral as ’n mens die newe-effekte of die gevare as jy ’n dosis mis in gedagte hou.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 367 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 504 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.90
-0.0%
Rand - Euro
20.44
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.1%
Platinum
908.75
+1.3%
Palladium
1,014.28
+1.3%
Gold
2,218.96
+1.1%
Silver
24.81
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE