Share

’n Oorlog van leuens, misleiding

Die foto is skokkend: Kop agteroor sit ’n kleuter op die grond. Om hom staan gesiglose mans wat die ­lope van hul gewere in sy gesig druk.
Dit is in Gaza geneem en die soldate is lede van die Israelse weermag, het ’n twiet die afgelope week gesê.

Dit het soos ’n veldbrand versprei.

Israel is verguis. Kinders word geslag.

Maar dié foto het in der waarheid drie maande gelede al die rondte op sosiale media gedoen, lank voor die jongste oorlog in Gaza, en is onder meer vroeër deur die Siriese nuusblad Sham Times gepubliseer.

“Ons jongste gyselaar vanuit die vyandige dele van Kessab,” is tóé onderaan die foto geskryf.

Kessab is ’n oorwegend Christelike Armeense dorp in Sirië naby die grens met Turkye wat deur Moslem-ekstremiste geplunder is.

Dit is sowat 530 km van Gaza.

Die egtheid van dié foto kon steeds nie bevestig word nie.

Dit is net een van vele foto’s en berigte uit die Israel-Gaza-oorlog waarvan die egtheid nou bevraagteken word, en beskuldigings van “propaganda” word in alle rigtings geslinger.

Ook die konflik in die ooste van die Oekraïne baar daagliks leuens, veral uit Rusland, waar pres. Wladimir Poetin reeds baie van sy landgenote oortuig het die Oekraïnse staat het ­Malaysia Airlines se vlug MH17 neergeskiet, eerder as Russies gesteunde rebelle, teen wie onweerlegbare getuienis opgestapel het.

Elke voorbeeld van valse beriggewing is ammunisie in die propaganda-oorlog: Die konserwatiewe Amerikaanse nuusblad Breitbart verlustig hom daarin om uit te wys hoeveel foto’s van dooie vroue en kinders in “Gaza” nie eintlik daar geneem is nie.

(Baie is natuurlik wel.)

Baie van dié foto’s kom uit die burgeroorlog in Sirië en word nou “opgedis” asof dit in Gaza afgeneem is, het Breitbart bevind.

Dan word dit op Twitter en Facebook-groepe versprei met sleutelwoorde soos #GazaUnder­Attack en #FreePalestine.

Om dié “propaganda” teen te werk, twiet 400 Israelse studente daagliks verwoed onder die sleutelwoord #IsraelUnderFire en doen hulle inskrywings op Facebook uit die “Hasbara-oorlogkamer” in Tel Aviv, berig The Jerusalem Post.

Ook Arthur Lenk, Israel se ambassadeur in Suid-Afrika, twiet gereeld met die hutswoord #IsraelUnderFire.

Volgens die sosialemedia-navorsingsmaatskappy Brandwatch is die meeste sosiale mediagebruikers meer simpatiek teenoor die Palestyne as die Israeli’s.

#GazaUnder­Attack en #FreePalestine is meer as 842 000 keer in ’n week gebruik teenoor #IsraelUnderFire se 36 200.

Skokbeelde swaai menings.

“Die konflik in Gaza is nie net ’n militêre konfrontasie nie, maar ook ’n propaganda-oorlog om die wêreld se siening daarvan te beïnvloed,” sê David Saks, direkteur van die Joodse Raad van Afgevaardigdes.

“Dit word gedryf deur valse en negatiewe propaganda en versinsels. Die gebruikers van sosiale media is deesdae die hoofteiken,” sê Saks.

Hy sê daar is steeds die “gewone hiperboliese retoriek oor Israel” en Jode word op Twitter en Facebook aangeval weens die “eindelose leuens wat oor Israel versprei word”.

“Die konflik in Gaza het nou tot ongelooflike antisemitiese uitsprake gelei. Die opposisie teen Israel se optrede word nou gebruik om rassisme teenoor ­Jode te regverdig.

“Sommige Suid-Afrikaners toon nou naakte haat vir ons op sosiale media, soms met spesifieke verwysings na die plaaslike Joodse gemeenskap,” sê hy.

’n Pro-Palestynse betoging in Parys is gister deur die regering verbied nadat ’n dosyn aanvallers ’n jong Joodse man daar aangeval het. Sy foto is die afgelope week op Facebook geplaas naas dié van ander Jode, en ’n oproep om hulle aan te val, het die Franse radiostasie rfi gister berig.

Dr. Firoz Ozman van die ­Media Review Network (MRN), wat verskeie Moslem-organisasies plaaslik verteenwoordig, sê ­Israel se bewerings van ’n propaganda-oorlog op sosiale media is totaal ongegrond.

“Ja, daar is propaganda van albei kante, maar Israel het baie meer hulpbronne en kenners tot sy beskikking om verkeerde inligting die wêreld in te stuur.

“Dit is ook duidelik dat die Westerse media en internasionale kanale soos BBC, Fox en CNN steeds bankvas agter Israel en sy propagandamasjien staan,” sê hy.

Daarom gebruik pro-Palestynse aktiviste sosiale media om die publiek in te lig oor “die onregte wat teen die inwoners van Gaza gepleeg word”.

“Dit plaas nou druk op die tradisionele media om oor die gruwels in Gaza te berig en die ware prentjie te skets van wat daar aangaan,” sê hy.

Prof. Hussein Solomon, Midde-Ooste­kenner en lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, sê hoewel dit lyk asof die openbare mening teen Israel begin draai, staan ­Israel steeds sterk.

“Israel is steeds ’n finansiële reus en het ongelooflike invloed op die wêreld se aandelebeurse.

“Dit is ook die enigste stabiele land in die Midde-Ooste wat Westerse belange dien.”

Israel se buurlande is boonop vasgevang in hul eie interne struwelinge en skenk daarom min aandag aan die krisis in Palestina.

* ’n Humanitêre skietstaking van 12 uur het gisteroggend begin nadat Israel en Palestynse militante groepe gereageer het op ’n versoek van die Verenigde Nasies, te midde van voortgesette pogings om ’n meer volhoubare skietstaking te beding, het The Guardian berig. Dit was nadat 18 lede van een familie gisteroggend vroeg in die Gaza­strook in ’n Israelse tenkaanval dood is, het die departement van gesondheid in Gaza gesê.

Die dodetal in die jongste konflik is al meer as 1 000.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 959 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE