Share

1-2-3 blog myself: Tydmors

Ek haat dit wanneer my tyd gemors word, veral wanneer ek weet dat daar geen goeie rede daarvoor is nie.

Dit het so ‘n ruk terug by die werk begin. Sakke word deursoek soos wat mens uitloop en jy moet jou kattebak by die hek vir sekuriteit oop maak. Die kattebak deel is vir my so bietjie confusing, want ek verstaan nie wat hulle dink ek gaan gryp in die 1 minuut wat dit my vat om by die deur uit te loop en by my kar te kom nie, maar nou-ja mens speel maar saam. Toe kry onse liewe sekuriteit onlangs ‘n nuwe speelding; een van daardie x-ray masjiene waar jy jou sak deursit en saam met dit die hek wat check dat mens nie miskien probeer inglip by die werk met ‘n kernwapen in jou sak nie. Toe maak hulle my lewe nog meer volmaak, want daar word nie alleen van jou verwag om jou sakke deur te sit en soos ‘n blerrie skaap deur die altyd-beepende hek te loop nie wanneer jy uit loop nie, maar ook wanneer jy inkom.

Nou, ek is ‘n redelike mens en ek kan nogal baie dinge oorsien, maar om een of ander rede skop ek toe nou vas teen die idee dat my sak nou nog moet deurgaan wanneer ek die gebou binnekom ook. Ek dink dit is heel moontlik omdat ek voel dat in die amper 6 jaar wat ek al hier werk ek nog nooit ‘n bom/mes/geweer in die gebou probeer insmokkel het nie, al het die gedagte nou skielik deur my kop begin gaan. Dit het ook moontlik te doen met die feit dat die argitek wat ons nuwe gebou ontwerp het, om een of ander rede gedink het dit sal sin maak om die clocking-stelsel in die middel van die gebou te sit. Logies gesproke sou mens mos so iets by die ingang van die gebou sit, maar Meneer-Die-Edele-Argitek het blykbaar nie in ag geneem dat dit ons gewone sterflinge amper 2 minute ekstra sou vat om soontoe te loop nadat jy al klaar in die gebou (en by die werk) was nie.

So het die 2 minute nou al amper 10 minute geword want nou moet mens eers deur die obstacle course kom wat by die ingang opgerig is. Eerstens moet ek my ipad inteken. Korreksie, eerstens moet ek iemand vra vir ‘n pen sodat ek my ipad kan inteken, want al gebeur dit elke dag en al is daar 5 verskillende boeke met honderde verskillende mense wat goed moet in- en uitteken is daar nooit ‘n blerrie pen op die tafel nie. Dan kom mens by die hek wat altyd beep, maak nie saak wat mens afhaal of uittrek of uitspoeg nie. Dit maak nie rerig saak dat hy beep nie, want die persoon aan die ander kant weet in elk geval nie wat om te doen as hy beep of hoekom hy beep nie. Heel moontlik dink hy dat die beep daar is om te wys dat die masjien werk.

Ek is ook seker dat hulle nie mooi weet waarvoor hulle kyk wanneer hulle na jou sak op die x-ray screen kyk nie. Die rede hoekom ek dit sê is dat ek op ‘n stadium nog voor die storie met die masjiene, gatvol geraak het vir die hele in-en-uitteken van my ipad. Ek het agtergekom dat niemand rêrig kyk of ek dit het of nie en ek het opgehou om dit te doen. Toe die nuwe masjienerie bykom is daar ook nie ‘n woord vir my gesê nie al kon hulle dit baie duidelik in my sak sien. Tot nou die middag toe ek oppad uit is en een vooruitstrewende individu dit raak sien en vir my vra hoekom ek dit nie ingeteken het nie.

Um, want dis my private eiendom. Want dit vat al klaar amper 20 minute in totaal per dag om in en uit die gebou te kom. Want julle sien dit nou al 2 maande raak in my sak, maar sê nou eers iets daaroor. Want hierdie is die mees arbitrary sekuriteitsproses wat ek nog in my lewe moes deurmaak en ek haat dit om goed te doen wat ek dink absolute tydmors is.  

Ek het hom so byna vertel wat hy met die blerrie registerboek kon doen, maar ek het myself maar ingehou omdat ek blykbaar nou skielik by C-Max begin werk het en dit help nooit om die bewaarders om te krap nie. Nou-nou bevind ek myself in ‘n donker deel van die biblioteek waar niemand my kan hoor gil nie.

So vir nou sal ek saamspeel, ek sal die voorbeeldige gevangene speel totdat ek genoeg sigarette het om iemand om te koop om my ipad vir my elke dag in en uit te smokkel. En miskien ‘per ongeluk’ warm koffie oor die x-ray masjien se keyboard te gaan mors.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1021 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1080 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE