Share

Aussieboer: All Blacks choke alweer!

Die swaar reën het ons weer "old school"-toetsrugby laat ervaar.

Die Wallabies het weereens die All Blacks se soektog na die herskryf van die rekordboek gefnuik met ‘n gelykop-uitslag. ‘n Mens weet so half deur die blydskap dat Gary Teichman se Bokke (1997-98) en die Kiwi's (1965-69) nog steeds gesamentlike rekordhouers is. Tog voel mens jammer vir die wêreldkampioene.

Hulle het laas in 2012 teen die Pomme op Twickenham verloor.

Jaco Pyper se eerste twee strafskoppe was maar eish en het die All Blacks 6 punte gegee.

Tog moet daar gewonder word wie die sondebok was met Michael Hooper se swak besluite om strafskoppe voor die pale nie te vat nie.

Dit is nie Superrugby nie, dit is toetsrugby teen die wêreldkampione, die beste span van alle tye; so, as jy 3 punte op die skinkbord kry, vat dit! Of was dit onder instruksie van Ewan McKenzie?

Richie McCaw se ongelooflike rekord dat hy slegs 10 uit 91 toetse as kaptein verloor het, bewys maar net dat hy ‘n groot meneer van die ovaalbal spel is. Na my mening is McCaw, Gareth Edwards en die Doring van Despatch die drie beste rugbyspelers van alle tye.

Hierdie gelykop-uitslag het ‘n groot invloed nie net op die Kampioenskap nie, maar ook die Bledisloe-beker. Die Wallabies moet Saterdag in Auckland wen en dan ook later in Brisvegas.

Verloor hul "across the ditch" en wen tuis, behou die Kiwi's die beker! Die groter voordeel vir die Bokke is egter dat albei spanne slegs 2 punte kon kry en dit gee dus die Bokke ‘n gulde geleentheid om weer ‘n slag kampioene in iets te wees.

Die Springbokke het gewen, maar nie met ‘n bonuspunt nie en dit is jammer. Dit was wel baie nat maar die Poemas het die dinges uit die Bokke geskrum. Bismarck du Plessis se spel beleef ‘n insinking terwyl Lood de Jager nes Bakkies Botha maar net name op ‘n program was.

Meneer Meyer moet komende naweek vir Cobus Reinach inspan en Warren Whiteley kan ook begin sodat Duane Vermeulen reg kan wees vir die Wallabies op 6 September.

Heyneke Meyer se Dad’s Army: Juan Smith: Dit is nou seker al vervelig, maar die word "experience" wat glo die deurslag gaan wees by die "holy grail 2015" beteken nie dat jy moet stokoud wees nie. Kom ons glo Victor Matfield en meneer Bakkies Botha is slegs daar om die jonges nou te help en as gevolg van beserings.

Kom ons glo Pieter Steph du Toit en Eben Etsebeth sal volgende jaar in die Wereldbeker die eerste keuse vir slotpaar wees. Kom ons hoop Flip van der Merwe, Lood de Jager en Andries Bekker sal uitspook om die ander twee plekke.

Ek wil fokus op die terugbring van Juan Smith. Hy is blykbaar teruggebring as slot-diepte noudat Oupa Matfield se lyf die houe begin voel het. Nes Matfield beken Smith openlik hul wil weer Wereldbeker toe. Kom ons speel keurders.

8: Duane Vermeulen – dis syne.
6: of oopkant (nommer maak nie eintlik ‘n verskil nie) is Francois Louw.
7: Willem Alberts (1.91m) is tans die man.

Ek glo Alberts is die man wat dalk plek kan verloor. Hy het beslis sy oomblikke, maar speel een derde werklik goeie toetse. Hy kan oor die voordeellyn kom, maar kan nie "off load" of geleenthede aangryp om die bal te versprei of spelers aan sy skouers weg te sit nie. Hy het soms dieselfde probleem as Pierre Spies met tegniek in die duikslag. Hul sluit nie hul arms nie en die baldraer gaan deur hulle duikslag.

Schalk Burger (1.93m), Juan Smith (1.96m) en Arno Botha (1.90m) is die ander kandidate wat Alberts kan lig. Voeg daarby dat Pierre Spies (Mr Meyer se love child), Marcell Coetzee (1.91M), Warren Whiteley (1.92m) en Oupa Mohoje (1.93m) ook in die prentjie is vir losvoorpelers, maak dit ‘n moeilike keuse wie gaan bly en wie gaan saam.  Mohoje sal eerste weggelaat word indien die res van die groep "ANC-happy" is. Meyer se keuses?

My keuse sal wees. 6: Francois Louw 8: Duane Vermeulen 7: Schalk Burger.

Die ander drie vir die "minows"-wedstryde sal wees 6: Marcell Coetzee 8:  Nizaam Carr 7: Willem Alberts.

Tot volgende Maandag!
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1024 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1087 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE