Share

Aussieboer: All Blacks-planeet beste ooit

Dit moet wonderlik wees om 'n ware All Blacks ondersteuner te wees. Ja, seker ook erg pynlik, elke vier jaar, maar tussen-in vrees hul niemand nie. Die grootste rugby-oorlog bly nogtans die All Blacks teen Bok se kind, alhoewel Bok se kind baie meer groen as goue oomblikke beleef het sedert die sportgode die Republiek terug verwelkom het uit die isolasie-woestyn.

Daar is seker bittermin All Black jeug-ondersteuners wat bewus is dat die Springbokke voor hul hertoetrede die wêreld se baas was. Voor 1992 het die Bok-balansstaat met sewe meer oorwinnings oor die Kiwi's getoon. Die Kiwi's kon eers in 1996 vir die eerste keer sjampanje uit 'n reeks-oorwinningsbeker drink; reeks oorwinning in die Republiek, let wel!

Natuurlik kan daar geredeneer word dat die Bokke se positief oor die Kiwi's was omdat meer toetse in SA gespeel was. In die amateurdae het die tuisland mos die refs voorgestel en die besoekers kon kies, maar die refs het mos ook die tuisland se volkslied gesing. So, verneuk was daar beslis gedurende die vorige eeu.

Sedert hertoetrede was die manne in swart ook ons meesters. Kwotas en politieke inmenging sal onmiddellik genoem word as die redes. Beslis 'n groot rede, ja, maar daar is ook ander. Verkrampte benaderings deur SARU en die afrigters wat hul aangestel het asook swak wedstrydplanne, dat daar nog steeds meer klem op grootte en krag eerder as voetvaardigheid, x-faktor vaardighede en meer aanvallende vryheid aan spelers asook te veel doellose skoppe is ook die ander gifstowwe in SA rugby.

Ian McIntosh was die begin van stampkar-binnesenters. Sy "direkte" rugby het 'n ommeswaai van slim, vlugvoetige en klein, maar vernuftige, binnesenters gebring. Peter Whipp en Mannetjies Roux sou nie nou meer inpas nie.

Groot domonnosel "flanke" sou nou senters speel. Daar was ook sprake later dat die briljante Bob Skinstad dalk moes skuif na senter. Ja, net soos met Sonny Bill Williams nou, kon dit werk, maar Skinstad en Sonny is geen domspelers nie! Aussieboer glo egter nog steeds dat Sonny 'n nog beter toekantflank of no.8 sal wees.

Die All Blacks is die mees suksesvolle span van alle sportsoorte ooit. Hul rekord teen die Bokke het sedert 1992 so verbeter en straal tans as volg: gespeel: 89: All Blacks wen 51 en die Bokke 34 met 3 sustersoene.

Eerlikwaar, die All Blacks se kanse op 'n verloor is tans maar skraal en dit is slegs teen die Pomme op Twickenham, Wallabies in Brisbane en Bokke op Ellispark dat die lande 'n geringe kans het, so dan en wan. Die Bokke en Kiwi's op Ellispark toon dat die Bokke daar 8-4 koning gekraai het! Kan hul dit Saterdag weer doen?

Balle op die guillotine!
Bokke met 2 en die Poemas met 4?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 778 votes
No! It's time to move on ...
33% - 391 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.77
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.8%
Platinum
926.50
+0.1%
Palladium
986.00
-0.5%
Gold
2,347.68
+0.7%
Silver
27.67
+0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,080
+0.9%
All Share
75,020
+0.9%
Resource 10
62,965
+1.4%
Industrial 25
103,671
+1.1%
Financial 15
15,843
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE