Share

Aussieboer: Blou Bulle gaan weer van vloer af vreet!

Prooooovince die Currie Cup kom weer! Die vraag in die Kaap sal wees wanneer? En die Capies kan beslis opgewonde wees oor hul kanse vanjaar.

Ja, hulle gaan verskeie Bok-brekers aan meneer Meyer moet afstaan in sy poging om nie net sy eerste rugby-kampioenskap te wen nie, maar ook om sy "maagdelikheid" te verloor met ‘n wen oor die wêreldkampioene. Meyer se rapport staan op 0 uit 4 teen die All Blacks. Kom ons vergeet die Bokgroep en Bok kanse tot volgende Maandag!

Die WP sal sonder kaptein Jean de Villiers, Schalk "die masjien" Burger , Duane "Thor" Vermeulen, Eben "Enforcer" Etsebeth. Voeg daarby Damian de Allendeen Frans Malherbe. Manne wat die Streepmasjien geolie sal hou is Juan de Jongh,  Jaco Taute, Cheslin Kolbe, Seabelo Senatla, terwyl die oond voorlangs kan kook wanneer Tiaan Liebenberg en manne soos Scarra Ntubeni, Brok Harris, Rynardt Elstadt, Siya Kolisi, Nizaam Carr en Michael Rhodes, dan sal die Kaap weer Hollands wees!

Gert Smal het ook Kenya se "Lomu", Willy Ambaka , se ink op papier laat droog vir twee seisoene. Wat moet Carr nog doen om Bok te word? Vermeulen is die enigste toetsvlak no.8 in die Bokgroep, die dat Schalk Burger nie beskikbaar is vir die toetse teen die Poemas nie. Willem Alberts is te stadig vir ‘n toets no,8, so Carr sou perfek gewees het as "cover".

Vir die WP om suksesvol te wees sal hul moet voortbou met hul aanvallende spel en met nog meer vryheid gelaai word. Hopelik sal Nic Groom en Robert du Preez jnr, nou saam speel met die oog op volgende jaar se Super15.

Die Goue Leeus kan brul, want hul het beïndruk met hul spelpatroon en hul blyk ‘n gelukkig trop te wees. Gelukkig vir hul sal Warren Whiteley weereens uitmis op Bokgroep en Marnitz Boshoff kan op hierdie vlak domineer. Julian Redelinghuys kan vir homself ‘n plekkie oopspeel vir die einde van die jaar toer na die Noorde. Sy tweestryd met Thomas "die tank" du Toit gaan ‘n hoogtepunt wees!  Saam met Robbie Coetzee en Schalk van der Merwe sal hul menigte "vetties" knak! Faf de Klerk wat vir die Poemas speel is ‘n verlies.

Die Haaie, huidige kampioen, sal hopelik nou Jake White se verouderde-oninspirerende wedstrydplan laat vaar, want met daai plan was hul nie great White-sharks nie, Natuurlik verloor hul ook Bokstaatmakers in die Du Plessis-broers, The Beast, Willem bone crusher Alberts, Pat Lambie, JP Pietersen, Frans Steyn en Lwazi Mvovo. Paul Jordaan sal hopelik oor sy vrot vertoning teen die Crusaders wees en saam met Sbura Sithole lekker kan baljaar. Die verlies aan Charl McLeod en Cobus Reinach (welverdiende oproep na Bokke) gaan hul kwesbaar laat.

Lionel Cronjé swem nou saam  en sal met Fred Zeilinga (baie piesang-fans se keuse) seker naby aan ingepen wees op die spankeuse bord?

Hopelik sal die Haaie volhard met Timo Swiel want hy kan met genoeg ondervinding baie ver gaan. Byt net vas.

Die Cheetahs sal deel wees van die aanspraakmakers. Hul verloor wel Lood de Jager, Oupa Mohojé, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss, Cornal Hendricks, Willie le Roux en dit kan dalk maak dat hierdie Cheetah makkerig kan wees? Die goeie ding is dat Naka Droske nie betrokke is nie! Raymond Rhule, JP du Plessis en ‘n skoollaaitie, Henry Immelman, moet hierdie geleentheid aangryp en slagtande wys.

Coenie Oosthuizen se onvermoë as vaskop is ook uit eindelik raak gesien en sy weglating uit die Bokgroep sal die Cheetahs versterk.

Die Blou Bulle, of dhulle in pienk of gekamoefleerde gewaad is, kan nog steeds gemelk word en gaan weereens van die vloer afvreet! Hul jong Bulletjies Handré Pollard en Jan Serfontein se verlies is te groot om vir hul horings te gee.

Francois Hougaard en Victor Matfield sal op hierdie vlak baie gemis word, maar dit is ‘n gulde geleentheid vir Piet van Zyl om te bewys hy is baie beter as Hougaard agter die oond in elk geval. Die jong opwindende Baba-Bokkie, Jesse Kriel, kan ook groot gemaak word tydens hierdie veldtog tensy JJ Engelbrecht hom gaan uithou.

Die OP met King Carlos aan die stuur sal opwindend wees; die Griekwas, hardegat veral by die Groot Gat, terwyl die Pumas getalle opmaak.

Vorige sjampanje-drinkers uir sir Donald Currie se beker was:

Die streepmasjien (33 keer en 4 gedeel), N-Tvl/Blou Bulle (23 keer en vier gedeel), Tvl/Goue Leeus )9 keer, 2 gedeel), Natal/Haaie (7), OVS/Cheetahs (4 keer, 1 gedeel), Griekwas (3) en Grens (2 keer gedeel).

Sit jul "balle op die guillotine" en voorspel die wenners van Ronde 1. (Myne in vetdruk.)

Ronde 1:

OP vs WP/Griekwas vs Haaie /Leeus vs Blou Bulle / Poemas vs Cheetahs.

Kom waag jou "balle op die guillotine" op SuperBru. Kliek hier.

Pool name: Aussieboer

Pool code: dazesock

Ook vir die  Rugby Kampioenskap op SuperBru: kliek hier.

Pool name: Aussieboer

Pool code: ricklewd

PS: Wat ‘n fantastiese finaal tussen die Waratahs en Crusaders. Geen doellose-skoppe-en-bid-vir-die-beste-wedstryd nie! Kan nie onthou wanneer ek ooit as ‘n “neutral” so op en afgespring het nie – well done Waratahs!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 761 votes
No! It's time to move on ...
34% - 384 votes
Vote
Rand - Dollar
18.97
+0.3%
Rand - Pound
23.73
+0.3%
Rand - Euro
20.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.9%
Platinum
925.20
-0.0%
Palladium
984.00
-0.7%
Gold
2,351.61
+0.8%
Silver
27.70
+1.0%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,085
+1.0%
All Share
75,017
+0.9%
Resource 10
62,973
+1.4%
Industrial 25
103,625
+1.1%
Financial 15
15,857
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE