Share

Aussieboer: Bokskrum horingloos

Gaan terug na die ‘basics’, Bokke!

Die Bokskrums, kom ons wees doodeerlik, kon nog nooit domineer sedert hertoelating nie. Tommy Laubscher was die laaste dominerende vaskop. In die tagtigs kon Richard Prentis, Willie Kahts en Martiens le Roux hul man staan; Henning van Aswegen, Robert Cockrell en Hempies du Toit het maar min agtertoe gegaan, en met Okkie Oosthuizen, Willie Kahts en groot Flip van der Merwe was dit nie in baie se broeke om hul te laat les opsê nie. Tommy Laubscher, Uli Schmidt en Os du Randt is seker ons beste voorry-kombinasie na Mandela vrygelaat is.

Die Bokke het verskeie probleme in die oond. Jannie du Plessis is die afgelope jare die Bokke se anker. Eerlikwaar, dit is, was maar so omdat SA rugby geen ander "yster" gehad het nie. Jannie was die beste van die swakkes. Maar al die skuld kan nie voor die dok se spreekkamer gelê word nie. Verskeie ander probleme is daar ook:

1. Die Bokke skrum nie saam as ’n pak nie. Die lostrio is geneig om te vinnig te wil wegbreek, omdat die afbreekpunt oorheersing in vandag se spel meer belangrik geword het as die 10-plus skrums per wedstryd.

2. Kyk hoe vandag se slotte bind. Weg is die dae toe die slotte van onder af op deur die stutte se bene inkom met die bind. Ja, slotte se ore het deurgeloop want die stutte en hakers het nie ‘n gaping oopgemaak vir hul nie. Vandag kom hul sommer van bo-af in, met die voorry wat ‘n gaping vir hul maak; dit verswak die bind.

3. Die Poemas skrum nie net laer as ander nie, of op die opponent se bal probeer hul nie die bal haak nie, al agt skrum, maar hul het ook ‘n gesamentlike asemhalingstegniek. Hul gebruik ‘n gesamentlike aftel (gewoonlik deur die no. 9). Op een trek hul die bind stewiger, haal diep asem en sink hul bene tot 90 grade. Op twee blaas hul asem uit met ‘n aggressiewe stoot vorentoe. Almal skrum met die fokus dat die druk en krag op die opponente se haker toegepas word. Dit is wat bydra tot die Badaja- of Badajita-skrum (by geleentheid bind die slotte met hul buite-arms om die voorrye se heupe eerder as tussen die bene (crutch bind) – maar dit het tans uit hul tegniek verdwyn. In Australie moet slotte op junior vlak so bind maar om skrums te ‘depower’)

4. Die fiksheid van die Bokke se agttal is tans ook nog nie goed genoeg om 80-plus minute te kan skrum nie. Dan kan jy ook nie met papslang-slotte soos Johan Muller, Lood de Jager, Marco Wentzel, Juandre Kruger, ensovoorts dink jy gaan skrums domineer nie, die Bokke se ander probleem sedert isolasie.

Natuurlik sal die Bokke hierdie naweek in "Perthontein" verbeter in die oond. Die Wallabies is mos nou nie ‘n pak wat vrees inboesem nie! Hul toets sal weer kom teen die wêreldkampioene. Teboho Mohoje sal seker deur meneer Meyer moet gespeel word anders is die ANC alweer aan die toyi-toyi.

Reg so, want meneer Meyer het hom gekies… ek sou hom in die eerste plek nie in die groep gehad het nie.

My Bokspan teen die Wallabies sou wees:

14: Cornal Hendricks  15: Willie le Roux 11: Bryan Habana
13: Damian de Allende 12: Jean de Villiers
10: Pat Lambie  9: Cobus Reinach
6: Francois Louw  8: Warren Whiteley  7: Duane Vermeulen
5: Victor Matfield  4: Eben Etsebeth
3: Marcel van der Merwe 2: Adriaan Strauss 1: Beast Mtawarira

Plaasvervangers:

Jannie du Plessis / Schalk Brits / Trevor Nyakane / Bakkies Botha / Marcel Coetzee / Francois Hougaard / Handre Pollard / Lwazi Mvovo

Balle op die Guillotine:

Bokke met 2, All Blacks met 18
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 1912 votes
No! It's time to move on ...
32% - 915 votes
Vote
Rand - Dollar
18.62
+0.9%
Rand - Pound
23.32
+0.7%
Rand - Euro
19.95
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-1.3%
Platinum
963.20
+1.8%
Palladium
955.50
-0.2%
Gold
2,318.80
+1.4%
Silver
26.67
+1.5%
Brent Crude
86.33
-1.0%
Top 40
69,925
-0.7%
All Share
76,076
-0.5%
Resource 10
61,271
-4.5%
Industrial 25
105,022
+0.4%
Financial 15
16,591
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE