Share

Aussieboer: Die K-woord is verby sy sellby-date!

Ek het gedog die k-woord (kwota) sou darem nou al verdwyn het. Ek gaan nie verskoning vra vir apartheid nie, want ek het geen aandeel daaraan gehad nie. Ek kon nie stem nie! Ek besef dit was absoluut verkeerd en alhoewel dit ‘n wêreldwye ‘in justice’ was, moet alle Saffas nou besef dat "kwotas" omgekeerde rassime is as wit Saffas uit spanne gelaat word oor hul velkleur.

Rapport het Sondag berig dat SARU nou hul voet neergesit het en die SA skole span moet minstens 50% anderskleuriges in die samestelling he. Fairdinkum of moet ek eerder se, Eish!

(Lees hier.)

Ek het afgerig in SA skole en is trots op wat ek bereik het. Ek het hopelik spelers laat besef dat "kleur" nie deel van my samestelling van die skool se eerste span is nie. Spelers moes die regte toewyding, dissipline op en vanaf die veld en moes my met harde werk my beindruk. Ek het hul ook geleer dat die "beste" XV-tal  sal speel. Ek was deur ‘n sekere personeellid geroskam hoekom ek haar seun uitlaat vir ‘n "h*tn*t"! Ek het my doodgeskrik en onthou wat wyle Ian Kirkpatrick my geleer het oor rugby (nie net oor afrigting nie, maar ook oor dinge van die veld af); hy het gesê as enige ouer, ensovoorts, jou ooit aanvat oor spankeuse en jou integriteit oor jou keuses is eerlik, antwoord eenvoudig net die volgende: "Jou seun is tans nie die beste in daai posisie nie. Hy moet aan die volgende werk…"! Moenie babbel of verskonings soek nie!

In 2002 was ek ook bevoorreg om deel van die WP 0.16  plattelandspan te wees (bestaande uit spelers van die Helderberg, Stellenbosch en Paarl). Ek was die enigste wit volwassene want selfs die samestelling van die afrigters en bestuurder was 2/3 anderskleurig-kwota.

Ek is die afrigtingspos aangebied, maar het bestuurder verkies omdat ek by albei fasette (voor en agterspelers betrokke wees), maar meer omdat ek ‘n invloed wou hê van die veld af.

Dit was ‘n great ervaring vir my want die seuns was almal pelle. Daar was nie ‘n gevoel dat seker spelers slegs kwotas was nie, aangesien die meeste van hul vir Paul Roos/Gim/Landbou of Boishai se A-spanne uitgedraf het. Dus hul was meriete-spelers.

Ek het aan almal verkondig dat as Jody Rose en Ashley Johnson nie eendag in die groen-en-goud op meriete  uitdraf nie, is dit of drank, of vrouens, of diskriminasie. Hulle was geen kwotas nie!

Ashley was ‘n puik kaptein op en van die veld af. Jody was "Peter Kirsten/Naas Botha/Herschelle Giibs" in een. So jammer sy loopbaan het ontspoor!

Tog het ek gewonder oor ander wit spelers wat nou rugby gaan vaarwel roep, veral wit vleuels, want baie Saffa afrigters "kleur" mos spanne "in" op vleuel, want hul is te bang om talent te ontwikkel in ander posisies en voel dat op vleuel kan hul wedstrydplanne bou waar die "kwotas" die minste skade kan aanrig. Dan moes daai "kwotas" onmiddellik en konstant uitstaan of hul waai! Belaglik!

Ek het dieselfde filosofie gehad toe ek afgerig het by Maties en ook hier "doer onder". Hier kies ons op meriete.

Ja, dit is makliker want baie "eilanders" wat hier kom bly, is groot en vrot van natuurlike talent, maar ek het nog nooit ooit hier gehoor dat daar na ‘n speler se etniese agtergrond ensovoorts verwys word ten opsigte van van spankeuses nie. Spelers word aangemoedig om hulself uit te leef op die veld. Hoe wonderlik is dit nie!

"Diskriminasie" was nog altyd daar as dit by teenwoordige spanne gekom het, self in die apartheid-era. Vir wit spelers om die Cravenweek-spanne te gehaal het moes jy "eerder" in die topskole gewees het. Jy moes ‘n uitsonderlike speler gewees het om daai spanne te gehaal het as jy byvoorbeeld in DF Malan, Tygerberg, Bellville HS ensovoorts was.

As jy WP wou speel was Maties seker die pad, nes die pad in 2012 na die Bokke via die "ligblou of pienktrui" was.

Spelers soos Div Visser, Wilfred Cupido, Avril Williams, William Cockrell, Pierre Oosthuizen, Cliff Etsebeth, Francois Botnhuys -- om maar ‘n paar te noem, moes harder werk om ander Maties uit die WP-span te hou.

Ek kan onthou dat spelers van Engelse skole op Cravenweek-proewe probeer uitstaan het, nie net met hul spel nie, maar ook byvoorbeeld om onpaar sokkies aan te trek! Was dit Rob Louw of Mark Burton-Moore….ai, die geheue darem…


Die SA regering sal moet besef dat sport nie  meer amateur is nie. Dit is ‘n beroep en meriete moet geld! Burgers van enige land sal wenners verkies en hul as helde aanskou ongeag hul kleur. Dink jul die Kiwis en Aussies tel hoeveel wit spelers in hul spanne is?

Kwotas nes regstellende aksie is verby sy sell-by date! Moenie vandag se jong wit mense straf oor die foute van hul voorouers nie! Net so moet SA afrigters meer vertroue stel in anderskleuriges. Ja, ek besef dat die gemiddelde wit Saffa langer en groter is as anderskleuriges en dit maak sin in baie posisies.

Tog…. Rugby gaan oor meer as grootte en krag! (Lees my vorige blog).

Die probleem met kwotas veral op skole-vlak is dat dit wanopvattings by "kwota-spelers" kan laat. Omdat hul op ouderdomsvlak kan meeding tref die harde werklikheid hul as hul by klubs ensovoorts gaan aansluit.

Dan is dit die beste wat tel en die SA Skolebaadjie in jou kas sal aanvanklik help, maar daarna is jy op jou eie! Het kwotas vir Scarra Ntubeni en Bongi Mbonamb gehelp of wanopvattings gelaat? Sal jy hul op meriete bo Tiaan Liebenberg by die WP kies of bo Schalk Brits in die Bokgroep insluit saam met Adriaan Strauss en Bismarck du Plessis?

Spelers soos Lwazi Mvovo, JP Pietersen, Cornal Hendriks, Bryan Habana, Juan de Jongh, Beast Mtawarira en Trevor Nyakane is puik en hoort op toetsvlak en in die huidige Bokgroep. 

Maar vier van hul is vleuels, so hoe maak mens? Hopelik sal Nizaam Carr so spoedig moontlik deel van die Bokgroep wees.

Die bottomline is dat as die SA netbal-, Bok- of krieketspanne almal wit, bruin, swart of pienk is en hul is daar op meriete, dan maak soos John en Paul ons vertel het... Let it be!

PS: Balle op die Guillotine! My tweede paspoort dwing my om Saterdag te hoop dat die Waratahs sal wen, maar fairdinkum die Crusaders is 'n masjien. As ek my balle op die guillotine moet sit, Crusaders!


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 165 votes
No! It's time to move on ...
35% - 90 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+1.2%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.37
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.4%
Platinum
915.30
+0.3%
Palladium
1,007.00
+0.2%
Gold
2,325.37
+0.4%
Silver
27.37
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,522
-0.1%
All Share
74,477
-0.1%
Resource 10
61,580
+1.9%
Industrial 25
103,058
-0.9%
Financial 15
15,856
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE