Share

Aussieboer: Die kamasutra van rugby

Bokke, eisj Bokke!

Die beste opsomming in plaas van ‘n lang opstel is: ‘n wen bly ‘n wen. Eerlikwaar, I’ll cry for you Argentina

Weereens, close but no cigar vir die Poemas! Kom ons beweeg eerder aan as om die swak Bok-skrums te bespreek, Bismarck du Plessis wat nie "op vorm" was nie, Lood de Jager wat net maar ‘n papslang-lynstaanman is, en Juan Smith wat goed verdedig het aan die begin, maar vir wie het die pas later te veel geraak het.

Bokke nog steeds onoorwonne….

Black magic of Black is Beautiful! Gee krediet waar dit toekom en die All Blacks was puik! Waardige wêreldkampioene en die beste in die wereld die afgelope hoeveel jare nou al? (Maar dit weet ons mos in elk geval.)

Aaron Smit: kyk, Bok-fans rave oor Fourie du Preez, maar Smith is tans die perfekte no.9. Sy diens is vinniger, meer akkuraat na albei kante, sy breekslae blitsig. Du Preez se skopwerk is dalk beter as syne, maar Smith sal in my Wêreld XV begin.

Die briljante All Blacks het road kill van die Wallabies gemaak en ‘n duidelik waarskuwing aan al die Thomasse gestuur dat hul op koers is om die eerste nasie te word om weer uit ‘Bill te drink, as verdedigende kampioene.

Natuurlik choke hul nog steeds nou en dan wanneer dit tel en dit is maar al waaraan die res van die planeet kan aanhang, bid en hoop voor. Nieu-Seeland-rugby is die kamasutra-skrywers van rugby!

Die Wallabies het nie die vaste vyf nie.  Wanneer Stephen Moore terugkom en Ewan Mckenzie besef dat Scott Higgingbotham en Ben McCalman saam met Michael Hooper gekies moet word, sal hul voor hul man kan probeer staan. Love him or hate him, maar hul mis Quade "Super"-Cooper, alhoewel hy te hard probeer teen sy landgenote en hulle nog nie kon tem met sy David Blane-arsenaal nie.

Nuwe rugby-puntestelsel: Die Republiek het die Kerrie-koppie, die Kiwi's die ITM-beker en "Down under" het Donderdag met 'n  nuwe reeks afgeskop, die National Rugby Championship. Dit bestaan uit 8 streekspanne, hoofsaaklik NSW, maar sluit ook QLD- Victoria- en Perth spanne in.

Australië, waar rugby soos ons hom ken maar aan die korste end trek naas AFL, rugbyliga en sokker, het nie iets waarmee spelers gekweek kan word vir Super15 nie. Hulle gewone klub-kompetisies het geëindig en die nuwe kompetisie is ‘n samestelling van byvoorbeeld al die klubs in Brisbane se bestes. Wallabies soos Quade Cooper, Will Genia, James Horwil – om ‘n paar te noem – kan dalk ook hul pad terug na die Wallabie-toerspan terugbaklei vir die einde van die jaar-toer na die noorde.

Interessant dat hul met die IRR se goedkeuring ‘n paar veranderinge aangebring het. Drieë tel nog steeds 5, maar doelskoppe 3, terwyl strafdoele en skepskoppe slegs 2 tel!

Ek haat dit dat skeidsregters wa, vanweë die reels en druk, trigger-happy is of aan Oscarpistosis ly met kaarte-uitdeel. Dit smoor ‘n tweestryd, die beginsel van rugby. Ek sou ‘n geelkaart (5 min) vir minder doelbewuste oortredings (soos strafskoppe vir dieselfde oortreding maar deur verskillende spelers, ensovoorts) en dan ‘n oranje kaart (10 min) en rooikaart soos dit tans is, inbring.

Wat dink jul van die puntestelsel wat nou in Aus gebruik word? Watter reëls sal jul in rugby wil verander of inbring?
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 399 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 563 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE