Share

Aussieboer: Een jaar tot rugby se ‘heilige graal’

Vir ‘n tweede naweek in ‘n ry moes die Bokke die knie buig teen die suide se ander "groot honde". Die Bokke het baie blaf, oftewel baie blêr, gehad teen die All Blacks, maar die wêreld se bestes is nog steeds onoorwonne sedert hul laaste onverwagste loesing einde 2012. Daar is Kiwi-babas wat sedert daai tyd al geleer praat en loop het terwyl hul land nie ‘n rugbytoets verloor het nie.

Eerlikwaar, die Bokke – en die Wallabies tot ‘n mate – is soos Paul Roos en Paarl Gim teen Grey Bloem. Hul gaan dit moeilik maak, hul alles gee, maar is net nie goed genoeg nie. Die All Blacks is soos Usain Bolt. Mnr. Meyer bly Steve Hansen se kelner volgens hul weddenskap waar die verloorder die wenner van bier moet voorsien. Soos dinge tans gaan moet Mnr. Meyer Castle Lager terugkry as borg om hom uit te help!

Baie reken die Bokke het genoeg geleenthede geskep om te wen; aikona, die All Blacks was nog steeds die meer gevaarlike span. Aaron Smith het amper twee keer gedruk en die All Blacks was ook op ‘n keer in die lug gehou terwyl hul oor die doellyn was. Willie le Roux het ook met towerhande die bal net voor Julian Savea weggeraap.

Le Roux het wel twee drieë verhoed, maar sy aanvalshorings was stomp en dit is sy X-faktor wat noodsaaklik is vir die Bokke om die All Blacks te klop. Kyk, daar was baie "goue" oomblikke: Duane Vermeulen het met een duikslag meneer Richie McCaw laat "verdwyn"! Hy en die ander yster Eben Etsebeth het met kragtige lakwerk die Kiwi's seergemaak. Victor Matfield was ook baie goed terwyl Marcell Coetzee sy oopkantflank-vaardigehede uitgestraal het, al was hy veronderstel om die toekantflank-rol te speel. Jan Serfontein was puik op verdediging.

Marcell van de Merwe kan gerus bo Dok Jannie kans gegee word, terwyl Handré Pollard die toets met vlieënde vaandels geslaag het. Die uwe het paar weke gelede groot gefrons toe Lood de Jager na toetse teen Wallis en Skotland as die volgende groot Bok-yster opgehemel is. De Jager is ‘n papslang en klaar!

Met die "heilige graal" een jaar weg (18 September 2015) het mnr. Meyer hopelik die volgende besef:

15: Willie le Roux is die man, maar hy kan gerus Cheslin Kolbe einde van die jaar laat saam toer. Patrick Lambie is ideaal as ander opsie hier en no.10.

Vleuels: Bryan Habana (na 100 toetse kan hy nog steeds nie ‘n man aan sy buitekant klop nie en bly ‘n risiko met sy besluite, veral op verdediging). JP Pietersen, Cornal Hendricks met Lwazi Mvovo en/of Seabelo Senatla wat die etniese Bokplek gaan moet uitveg en vul.

Senters: Jean de Villiers se spelpeil kwel. Is dit die jare wat opvang of sal hy reg wees? Hy is egter die beste opsie as kaptein met Victor Matfield die enigste ander kandidaat met 12 maande oor. Jan Serfontein is die ander versekerde. Jacques Fourie is mnr. Meyer se ander keuse. Dit beteken dat Damian de Allende en Frans Steyn seker die ander opsies is a.g.v. hul grootte. Hopelik sal Juan de Jongh nog ‘n kans kry.

Die generaals: Handré Pollard en Patrick Lambie, klaar gepraat!

Die 2IB: Fourie "die Führer" du Preez sal gekies word, want hier is waar mnr. Meyer fouteer het om nie Cobus Reinach of Rory Kocckott te gespeel het nie. Ruaan Pienaar, alhoewel beter tans, is te stadig en Francois Hougaard se opsies en diens (veral na sy regterkant) is nie goud genoeg nie. Gaan kyk hoe Will Genia en Aaron Smith flinke diens lewer.

8: Duane Vermeulen! Warren Whitely is nog nie getoets op 8 nie, alhoewel mnr. Meyer ‘n groot, maar goeie kans kan vat deur Nizaam Carr te kies  vir die einde van die jaar.

7: Schalk Burger en Willem Alberts, met Arno Botha die ander kandidaat.

6: Francois Louw en Marcelle Coetzee.

5: Victor Matfield, maar kry tog vir Andries Bekker terug.

4: Eben Etsebeth en Pieter-Steph du Toit, maar Flip van der Merwe is nog in die prentjie.

3: Marcel van der Merwe en Jannie du Plessis.

2: Bismarck du Plessis en Adriaan Strauss.

1: Beast Mtawarira en Trevor Nyakane, met Thomas du Toit ‘n "groot buiteperd"!

Ja, Aussieboer weet daar sal drie hakers en skrumskakels gekies word, maar tans is dit of behoort dit die eerste keuses te wees.

Hopelik sal Mnr Meyer ook die name Pierre Spies, Johan Goosen, Heinrich Brussow, Zane Kirchner, Frans Steyn, JJ Engelbrecht, Chilliboy Ralapele, Scarra Ntubeni, Stephen Lewis, Louis Schreuder, Bakkies Botha, Juan Smith, Lood de Jager en natuurlik Morné Steyn "control-delete"!
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1102 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1182 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
+0.1%
Rand - Pound
23.97
-0.1%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
912.90
+0.1%
Palladium
1,004.00
-0.1%
Gold
2,318.11
+0.1%
Silver
27.17
+0.0%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE