Share

Aussieboer: Heyneke se Spring-Bulle, oeps, Spring-Bokke (notas)

Hier kom die Bokke! Meneer Meyer het nou seker die legkaartstukke om volgende jaar se holy grail te wen op die tafel. Dit moet hy nog laat pas, maar die meeste posisies is seker al droog in ink. Ook op die tafel is meneer Meyer se dagboek.

Wonder wat daarin is? Kom ons kyk…

My Spring-Bulle, oeps, Spring-Bokke, -notas

Dagboek – 10 Augustus 2014

15: Baas Willie – alhoewel dit moeilik was vir my om Kirchner uit te laat. Hy was dan so ‘n lojale Bul.

14: JP Pietersen en Cornal Hendriks. JP is baie soos Kate Perry tans, Hot & Cold. JP soms lui om betrokke te raak.

13: Jacques Fourie bly nog steeds my man, maar ek hoop Damian de Allende maak dit om meer diepte te gee. JP kan werk op aanval maar sy verdediging is kwesbaar. Ek laaik mos groot spelers en Bulle, so jammer Juan de Jongh. Dammit JJ, jy weet mos ek laaik Bulle maar ek sukkel nog steeds om mense te oortuig ek het jou nie oorspronklik gekies net omdat jy ‘n Bul is nie.

12: Jean is my captain my captain. Jan Serfontein is ek besig om nog ‘n stampkar-senter te maak

11: Bryan Habana, nog vies vir jou oor jy Stormers toe is, maar jy het my mos die Super15 laat wen teen die Haaie, so jy is my number 1 for life. Lwazi Mvovo weet ek nog nie so mooi nie. Die regering sal hom verkies bo my ander Blou Bul opsie, Bjorn Basson.

10: MornéMorné, Morné... dan Pollard. Ek wens ek kon vir Naas of Liefling ook kies dan was al die losskakels Bulle. Lambie en Goosen moet nou maar dinge uitsort. Gelukkig is hul albei injury prone, so dit maak dit makliker.

9: Fourie du Preez, Bul, Francois Hougaard, Bul, wonder of hul sou gekla het as ek nog ‘n Bul, Piet van Zyl sou kies? Oukei, almal vra vir Reinach – so my hande was afgekap. Gelukkig het hul vergeet dat ek Louis Schreuder ook as Bok gesien het. (Sjoessss… moet dit delete van my dagboek.)

8: Pierre, hul is verkeerd oor jou. Jy is geen skouponie nie. Man, tussen my en jou: daar sal altyd ‘n plekkie vir jou in my groep wees. Daarom kies ek nie meer vir Kankowski nie; ook nie vir Warren Whiteley of Nizaam Carr nie. Ek hou jou plekkie oop! Jy is mos ‘n Bul-kaptein, after all. Tog moet ek bieg, hierdie Duane Vermeulen is ‘n yster!

7: Willem Alberts is ‘n goeie ou en ek kan hom lekker afrig om net dom te speel. “Willem vat die bal, sit dit onder jou arm en neuk oor die opponente. Kry ons tog net oor die voordeellyn!” Kyk ek moes Siya Kolisi laasjaar kies en nou dwing hul my om Oupa Mohoje te kies. Niemand gaan mos agterkom as ek vir Juan Smith inbring dat Oupa dus nie regtig deel is van my planne nie?

6: Francois Louw en Marcelle Coetzee is puik. Dank Vader, want Heinrich Brussow is oorskatte. Schalk Burger is my man wat al drie posisies kan dek.

5: Victor, ek skuld jou alles! Amen! Victor seg my net wat jy wil doen of hoe betrokke jy wil wees? Wil jy speel, afrig of mentor wees?

Nee wat, ek stel nie belang in Andries Bekker nie. Hy was mos ‘n Stormer. As hul my vra, Victor, hoekom ek jou kies dan gaan ek net lieg en seg dit is omdat Pieter-Steph du Toit beseer is. Ek hou van hom, maar gaan hom nie bo jou kies nie. Jy weet mos ek hou van experience en Bulle. Met hom wat beseer is hoef ek hom nie nou te kies nie, so hy mis uit om nog ondervinding op te doen; so volgende jaar seg ek net hy het nie genoeg ondervinding nie ;-)

4: Eben Etsebeth! Sjoe, ek wens hy was ‘n Bul! Kyk, selfs Bakkies moet maar versigtig wees vir hom. Wat is dit met die Stormers-slotte en hul beserings van die veld af? As dit nie in die stort is nie, is dit in die parkie!

3: Dok Jannie, want daar is niemand anders nie...

2: Bismarck en Adriaan is wêreldgehalte. Schalk Brits bring ek in, maar ek weet as Chillies reg is gaan hy saam volgende jaar. Hy was mos ‘n Bul!

1: The Beast en daai eks-Bul, Guthro, is my manne. Nou dat Adriaan ook weereens ‘n Bul gaan raak sal hy nie kla as ek Coenie weglaat nie.

Wenke aan meneer Meyer:

1: Meneer Meyer, moet jou egter nie blindstaar teen experience nie. Experience is uiters belangrik om Wêreldbekers te wen, maar dit beteken nie dat jy ou spelers hoef te kies nie. Spelers met 20+ toetse het ondervinding. Jonger spelers sal kan bybly met die pas van die Aussies en Kiwi's. Jonger spelers sal hul bodies on the line plaas. Die Wallabies van 1995 het ‘n harde les geleer met experience waar manne te oud was. Ditto vir Bokke van 2011 en nou kies jy nog ‘n hele paar van hulle!

2: Vergeet dat dit gaan reën tydens die Wêreldbeker in Engeland en dit is waarom jy groot ou-voorspelers wil kies. Ja, dalk hier en daar, maar in 1999 en 2007 het die Bokke nie een keer in die reën gespeel nie!

3: Laat jonger manne soos Pollard, Lambie, De Allende, du Toit, Reinach, Hendricks, ensovoorts vanjaar meer toetse speel sodat hul meer ondervinding kan opdoen. Gebruik die toets in SA teen die Poemas vir die nuwelinge.

Kan die Bokke vanjaar die All Blacks klop? Beslis, mits hul meer aanvallend gaan speel. Kom ons wees eerlik, alhoewel die Meyer Bok-Bulle nog nie die All Blacks kon klop nie, was hul baie ongelukkig in Dunedin (2012). As Morné beter geskop het en Dean Greyling nie nog ‘n breinsel verloor het nie, kon die Bokke gewen het. Hul was die beter span op die dag. Verlede jaar in Auckland was hul verneuk deur ‘n powere Fransman met ‘n fluitjie. Was Bismarck op die veld, was daar ‘n kans... Die Bokke moet vanjaar hul klop anders gaan hul ‘n sielkundige agterstand hê en diep twyfel gaan sy kop uitsteek by meneer Meyer, sy guru's, Bokke en ondersteuners.

Natuurlik het hy al klaar begin verskonings maak soos: Die Bokke is die enigste span wat 3 wegwedstryde in ‘n ry het, al die beseerdes (so verwag ‘n verskoning soos "Fourie ‘die Führer’ du Preez was beseer").

Meneer Meyer, tog het jy die voordeel van al die "diepte" wat SAFFAS gewoonlik oor brag en die groot voordeel wat jy bo Ewan McKenzie en Steve Hansen het, dat jy oorsese spelers mag kies. So, geen verskonings nie!

*Sit jou Balle op die Guillotine vir die  Rugbykampioenskap op SuperBru: kliek hier.
Pool name: Aussieboer
Pool code: ricklewd

PS
: Meneer Meyer moet ook ‘n hele paar goue sterre kry. Onthou jul nog sy eerste SpringBul oefengroep. Dank Vader, hoe gryser hoe wyser het hy geraak.

PS: Ek wonder hoeveel groen-en-goud-fans komende Saterdag teen hul wil vir die canary yellow & green gaan duime vashou om die wêreldkampioene in Sydney te klop? Nie omdat hul ewe skielik die land down under ondersteun nie, maar net omdat die All Blacks die wêreldrekord vir toetsoorwinnings (tans 17 in ‘n ry) vir topnasies sal breek as hul die Wallabies klop.

Dus, go green & gold, times two! Oi-oi-oi!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 399 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 563 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE