Share

Aussieboer: Pollard is Naas- en Die Lem-kloon

Handré Pollard is deur mnr. Meyer reeds tydens sy skooldae geïdentifiseer as toekomstige Bok en het sy vertroue in hom gestand gedoen deur hom bo Morné Steyn te kies teen die wêreldheersers in Wellington.

Gavin Rich skryf op SuperSport dat Pollard nou die Jacques Kallis-behandeling moet kry en Aussieboer stem beslis saam daarmee. Kallis was maar vrotterig in sy eerste paar toetse. In sy eerste sewe beurte het hy 1, 7, 6. 39, 0, 2, 2 aangteken het. Was hy ‘n anderskleurige, was hy vir seker uitgegooi… tog het die keurders sy enorme talent besef en het hy sy eerste toetshonderd teen die bestes by die MCG kort daarna aangeteken.

As jy vandag of jare terug se Bok-fans, eks-spelers ens. vra wie is die beste Bok-generaal ooit was, sal Naas Botha beslis 11 uit 10 keer die antwoord wees. Aussieboer moet bieg, dat hy baie meer van "Nancy" gehou het in die Groen en Goud as in die ligblou-trui. Naas was Baas! Hy kon takties skop soos niemand anders nog in die Boktrui kon doen nie.

Naas was ook vaardig as hy die bal laat loop het, ja, dit het maar bittermin gebeur, tog was dit ook sleepglad. Al baie gewonder oor die puik drie van Danie Gerber teen die NZ Kavaliers in 1987. As Garth Wright se aangee suiwer was, dan het Naas die bal uitgeskop. Wright se aangee was grondlangs en Naas het dit puik opgeraap en vining uitgegee. Daarna het Michael du Plessis, die Prins van Vleuels ook ‘n aandeel gehad maar dit was die briljante ondersteuninglyn wat Danie Gerber (met gemak) gehardloop het wat geëindig het in die briljante drie.

Terug na Naas: sy breekslag teen Auckland op die 1981 toer in Nieu-Seeland was seker een van die beste pypkanne ooit deur ‘n Bok-generaal. Tog sou ‘n mens wonder of Piet Visagie en dan die uwe se keuse, Henry "Die Lem" Honniball, nie beter as Naas was nie. Nie met die voet nie, maar as afgeronde speler. Al gewonder hoe die Bokke nie spanne nog meer stukkend sou gehardloop het nie -- ja, ek skryf hardloop -- want dit is wat die Bokke in die tagtigs die beste span op die planeet gemaak het, as Die Lem saam met die Du Plessis broers, Gysie Pienaar, Johan Heunis, Ray Mordt en die Doring van Despatch gespeel het?

Pollard toon tekens as ‘n kloon van Naas en Die Lem. Hy kan breek, kan pale toe skop, kan kommerkoel ‘n skepskop deur die pale jaag en kom ons wees eerlik: Hy kan tackle, ja, hier is hy Naas se Baas! Naas tackle, hoe lekker lag ek nou!

Pollard het, nes Naas, ook leier-eienskappe, maar sy grootste stuikelblok kan hyself wees. Dit is een ding om te sê hou jou voete op die aarde, maar Bokspelers is SA se "rock stars".

Gelukkig sal sy ma, Karen, darem hier kan help!

PS: Wonder as mnr. Meyer nie die Bok-afrigter was nie, of Pollard wel sy rug op die WP sou gedraai het? Of het hy besef dat die Groen en Goud-pad seepglad loop deur die Bulkraal soos wat JJ Engelbrecht en Jacques Potgieter, onder andere, ondervind het.

Tog voel ek jammer vir Patrick Lambie. Sommiges is bekommerd oor wie gekies sal word as Willie le Roux beseer raak. Menigte sidder dat mnr. Meyer sy love child Zane Kirchner dan sal betrek. Mnr. Meyer kan gerus ook Lambie op 15 en le Roux as vleuel in gedagte hou.

Ja-ja, ek hoor al hoe lag julle: ‘n wit-Bokvleuel!

Bokke vs Wallabies

Mnr. Meyer sal die politieke druk voel om Oupa Mohoje te kies. Dit is sy eie skuld omdat hy Mohoje in gesluit het na hy nie eers die Cheetahs se begin span gemaak het nie. Met Willem Alberts (toekantflank) beseer, is Oupa Juan Smith ingebring (belaglik), Marcell Coetzee met vrug op 7 gespeel en nou word Schalk Burger ook in die groep terug verwelkom. Gelukkig vir mnr. Meyer is Siya Kolisi beseer, so hy het dit puik as troefkaart gebruik om Burger terug te bring.

Ek sal Burger op 7 speel want hy is beter as Mohoje. Wees net eerlik, mnr. Meyer!

Aussieboer Bokspan teen Wallabies:

11: Habana 15: Le Roux 14: Hendricks
12: de Villiers 13: De Allende
10: Pollard 9: Reinach
6: Coetzee 8: Vermeulen 7: Burger
5: Matfield 4: Etsebeth
3: vd Merwe 2: Strauss 1: Mtawarira

Plaasvervangers: J du Plessis / S Brits / T Nyakane / Botha / Mohoje / Hougaard / Lambie / Serfontein

Sit jou 'balle op die guillotine’:
Bokke met 12
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 420 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 892 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE