Share

Aussieboer: Proteas blom, Bokke stom!

Die Proteas het vir ‘n slag nie verlep toe dit saak maak nie en dit darem  so half makliker gemaak om Maandag werk toe te gaan.

Soos menig Bok ondersteuner het die uwe ook sy mond uitgespoel oor hoe die ware Groen en Goud die "Kanarie-geel en Groen" sou troef. Ja, die Bokke gaan daai Wallabies se sterte knoop.

Eisj, toe is dit "Joey" wat die uitklop hou in die laaste minute plant.

Ja, die skeidsregter het twee fatale beslissings gemaak. Eers vir Duane Vermeulen te straf vir ‘n sogenaamde hoogvat….3 punte aan die Aussies. Bryan Habana se geelkaart is belaglik.

Kyk, as eenoog Aussie-kommentators almal stem dat dit nie ‘n geelkaart is nie, dan moet jy weet hoe verkeerd die fluitjieblaser was. Tog het die All Blacks twee keer teen die einste Aussies gewys dat hul verloor nie, al moes hul met 14 man klaarkom by tye.

Morne Steyn wat uit en uit gekies is vir sy skerpskutter-voet het ‘n doelskop gemis en sy skoppe uit die hand was power. Weereens het die Bokke balle net weggeskop.. OK, laat ek daar stop want dit gaan mos nie verander nie…

Jean de Villiers het die kapteintoets gedop. Dit is nie Super 15 nie en die Bokke het nie nodig gehad om vir 4 drieë te gaan, wanneer hul slegs een gedruk het, met 20 minute oor nie. ‘n Strafskop tel nog steeds drie punte!

Die Bokke kan wel ongelukkig voel oor die fatale blapse, maar as jy met 23-14 voorloop met slegs 15 minute oor en jy is ‘n man kort, dan dra jy die bal en beskerm daai besit soos goud!

Die All Blacks is en bly klas. Die Bokke sal hulself kan lig vir hierdie groot toets in die "koekblik", maar jy gaan meer as gebede en geloof nodig hê on die wêreldheersers in hul agterplaas te klop.

Tyd om vir Patrick Lambie en Cobus Reinach as skakelpaar te loods, veral teen die woelige Aaron Smith. Die Bokke sal  vir Warren Whiteley moet inspan as 8 met Vermeulen op 7, aangesien die tempo waarmee die Kiwis spanne stukkend hardloop ‘n vinniger no.8 noodsaak wat dekverdediginglyne kan hardloop. Marcel van der Merwe kan ook maar bykom.

Balle op die guillotine:
All Blacks met 10 en Wallabies met 7

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
0% - 0 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
0% - 0 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
23.97
-0.3%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
894.10
-0.3%
Palladium
996.00
-0.6%
Gold
2,196.05
+0.1%
Silver
24.45
-0.8%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,848
+0.3%
All Share
74,067
+0.2%
Resource 10
56,251
+1.1%
Industrial 25
103,518
+0.2%
Financial 15
16,466
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE