Rapport

Branders: ‘n Xmas-Google!

Deur: Ian Theron 2012-12-22 23:56
Die straat is skoon. Wel, sover die oog ná middernag die donkerte kan insien.

Pattya in Thailand se strand is ‘n rustigheid van byna geen beweging of oorlewing nie. Die veelkleurige sonsambrele is opgepak, die plastiek-tafeltjies enj seilstoele is gestapel, die asbakkies en vullisblikkies is skoon, die seesand tot by die watervlak is  gevee en met Oosterse ontwerpe versier.

Baie dinge wat jy met ‘n besem kan doen…

Ons sit op die teerpad tussen die palmbome op die waterfront en die hoë mure van mense met baie geld wie se huise jy nie eens vanuit die branders kan sien nie. Die reuk van riool en chicken-a-la-scrambled eggs & savoury rice verwyl so ‘n bietjie lug-langs.

Ons rook maar ‘n sigaretjie, deel ‘n Mac en wag vir ‘n taxi om ons slaappplek toe te vat.

Dan kom sy. Padlangs. ‘n Vlindervlerkie in die middel van die baan. Aangehardloop. Angs, bewing, vrees wat jou tieties laat regop staan.

Ek vang haar met ge-oopte arms. Sy val neer op die teer en huil. Sy het byna geen klere aan nie. Ek wriemel my jersey om haar kop en trek my hemp uit om haar heeltemal toe te maak.

Ek probeer met haar praat, maar sy verstaan geen Engelse woord nie. Sy dink ek is Spaans of so iets.

Ek laat haar op die pad lê. Ek sit my baadjie onder haar kop. Ek kyk rond vir ‘n polisieman of ‘n kar of ‘n wrak of iets met wiele – niks nie.

Vanuit die skemerte kom Worteltoon, haar pa. Groot, eintlik massief, baardjie en vlegseltjie in plek, Hy brul. KungFu en Chai-You-May en ek-vreet-jou-op-as-jy-durf-skop in sy bo-arms. Bloed op sy voorkop, ek-is-lus-vir-jou hande.

Hy soek daai girl, dis baie duidelik, hy soek nie eintlik vir my nie. Hy wil klaar maak waarmee hy begin het. Wat dit ook al was.

En toe tref die voorarm my.

Al wat ek verder kan onthou, is dat dit 22 Desember 2011 was. Ek het langs die engel op die pad gekniel en seker vir die eerste keer in my deurmekaar lewe gevra vir genade. Selfs vir ‘n pynlose dood, tipiese gogga wat ek is!

Toes daar skielik ligte: blou, rooi, helder –manne en vroue in koddigte baadjies. Almal skree, ek verstaan niks nie. Tot een ronde-ogie-man deurgaan deur die bietjie klere wat ek nog aan gehad het en vir almal in die kring van ligte beduie het ek is ‘n “Sous African”!

In die Thaise hospitaal het ek skaars beweeg. Noem my bang, beangs, nie lekkier all there nie. Maar toe ek kon opkom, het ek gaan soek na Chipese, die meisie op die teerpad. Ek het haar gekry, in ‘n saal vol mishandelde mense. Hulle word soos muskiete in ‘n byekorf behandel.

Ek is terug na my kamer toe. My oë het heeltyd gepiepie. Toe ek my oë uiteindelik uitvee, het ek besef dis 25 Desember. Kersdag, 2011.

Ek is dadelik terug na Chipese se  se saal, maar haar bed was koud, vars oorgetrek en leweloos. Worteltoon het haar glo kom haal.

Alles in Ian het verbrokkel. Ek was weer op my kinieë. Ek was sat, gaar, op, glansloos, kersloos, half verbysterd.

Ek het in my wit  hospitaal-gown  sommer net die pad gevat, hier in die vreemde in waar alles na kakhuis en ander onderstrominge ruik. Sorry to say!

En toe: die openbaring.

Chipese  kom oor dieselfde onmin-straat na my aangeharloop met ‘n bossie skitter-wit Thaise lelies in haar hand! En Worteltoon steier tussen sy eie bene deur met ‘n boksie tjoklits wat hy by die plaaslike 7/11 gekoop het.. Ook vir my!

Ek vang die meisietjie weer met oop arms, ek soen haar op haar superdun lippies, ek fluister vir haar “Thank you, you’ve made my day!”

Worteltoon skuifel-stap nader. Hy druk my regterarm asof ek voel of ek al my bloed gaan verloor.

“Geseënde Kersfees!”, sê hy. “Ek het die Afrikaans ge-Google!”


Meer Berigte in Opinie

«Terug