Share

Fliekblog: Die gebreekte sirkel breek só

Hierdie fliekvlooi het oor die jare heen aangeleer om ver weg te bly van flieks oor (a) kinders met kanker, (b) country-musikante en (c) melodrama wat trane uitlok.

Ek het gevolglik skaars my sit gekry voor die groot skerm toe begin ek wonder of ek iets misgekyk het met my besluit om die Vlaamse Broken Circle Breakdown te gaan sien.

(Ek het hoeka 'n swakheid vir Europese prente – en in die besonder vir dié waar ek plek-plek die dialoog kan volg sonder om die onderskrifte te lees. Maar dan, ek was tog nog nooit voorheen teleurgestel nie en dus bly ek net daar sit en met onbevooroordeelde oë te kyk.)

En dis met groot vreugde wat ek eerlikwaar kan sê: wat 'n wonderlike, verrassende fliek-ervaring – ek het uiteindelik elke oomblik geniet en was spyt toe die einde aanbreek.

Elke eienskap wat my gewoonlik sou afskrik dien 'n waardevolle doel in dié rolprent. Die tragedie wat die gesin tref kon nie beter oorgedra word nie en die melodrama wat daaruit vloei is onvermydelik deel van die lewe in hierdie geval.

En ja, dit ís 'n fliek tjokvol Blue Grass-musiek. Nie net as agtergrondmusiek nie; dis volledige optredes deur die karakters en dit pas in by die verhaallyn. (Raai wie is 'n pasbekeerde aanhanger!)

Die draaiboek is 'n aanpassing van 'n verhoogdrama wat deur die hoofspeler Johan Heldenbergh geskryf is. Hy vertolk die rol van Didier, 'n bebaarde musikant wat 'n obsessie oor Amerika het — "land van dromers" noem hy dit — en meer spesifiek die bluegrass-musiek van dié land. Didier raak verlief op Elise (wonderlik gespeel deur Veerle Baetens), 'n opgewekte tatoeëerkunstenaar met 'n goeie sangstem wat perfek inpas in Didier se wêreld van banjo's, kitare en viole.

Die paartjie raak onafskeidbaar en het later 'n dogtertjie, wat hulle Maybelle doop.

Ek wil nie die storie hier verder verklap nie, dit sou die fliekervaring vir enige leser bederf. Wat ek wel sal deel is dat Maybelle kanker kry en dat dit tot allerlei vraagstukke in haar ouers se lewe lei.

Die verhaal raak aktuele sake aan soos byvoorbeeld godsdiens, hoe ons die dood sien, die morele dilemma van stamsel-kankerbehandeling, The American Dream en die ver-Amerikaansing wat die VSA-kultuur deur die wêreld versprei. Ook hoe godsdiens politieke besluite beïnvloed en lewens raak waar dit dikwels seermaak.

Tog is dié fliek nie net 'n oefening in tragedie nie. Regisseur Felix van Groeningen gebruik tydskuiwe en narratiewe hoepels wat die ervaring ongewoon en vreemd vertroostend maak.

 Broken Circle Breakdown het een van die beste eindtonele wat ek in 'n lang tyd gesien het. 

* Die fliek is benoem vir 'n Oscar in die afdeling beste buitelandse rolprent en kom te staan teen Denemarke se The Hunt en The Great Beauty
van Italië. Die Italiaanse rolprent het reeds 'n Golden Globe gewen, en word as een van die gunstelinge beskou. Maar ek gaan duim vashou vir die veelvlakkige Broken Circle Breakdown.





We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 482 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 692 votes
Vote
Rand - Dollar
18.92
+0.1%
Rand - Pound
23.88
+0.1%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.13
+0.1%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent-ruolie
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE