Share

Fopdosnooi: Gri-méér of minder?

My brousels in die kombuis neem altyd ‘n ander aanslag aan as die seisoene begin draai. Dit is duidelik so dat die winter sy kop begin uitsteek met ‘n koel windjie wat in jou sye kom fluister laatmiddae en vroeg in die oggend. Die Kaap raak koud!

Ek kla glad nie. Dit beteken ek kan skuldvry baie glühwein drink en ‘n masiewe pot botterneutsop brou wat my vir ewig sal hou. Voeg ‘n kaggel en goeie geselskap by en daar het jy die vooruitsig van ‘n lekker gesellige winter in die Kaap.

Die groot voordeel natuurlik is dat my gesig nie afsmelt van die hitte elke twee sekondes nie! Nou kyk, vir Jan Alleman is dit seker nie so erg nie maar vir ‘n fopdosser is dit niks kort van 'n tragedie nie. Ek spandeer maklik twee ure aan my grimering so die verswelgende somerhitte is eintlik my aartsvyand.

So 'n paar weke gelede tydens ‘n optrede was die lugverkoeling op die koffie en suster moes maar voortgaan, kom hel of hitte. Aan die einde van die aand het een van my vals-wimpers spontaan sommer besluit genoeg is genoeg en homself ontkoppel van my ooglid af! Daar gaat hy! Die arme ding lyk toe skoon soos ‘n kokkerot op die vloer toe een van vriende my kom besoek in my aantrekkamer.

Sy reaksie (ná hy van die skok herstel het) was dat ek dalk moet oorweeg om minder grimering moet dra om so die effekte van die hitte en sweet te verminder.

My darling, ‘n drag queen kan nóóit te veel grimering dra nie. Dit geld vir glitter ook!

As mens praat oor meer of minder sal ek sê dis goed om ‘n balans te handhaaf deur die eenvoudige dinge in die lewe meer te geniet soos ‘n stappie in die park of langs die see. Ja, dis nou maar een van my voordele om in die Kaap te woon, die natuurskoon leef aan jou sy elke dag.

My gereelde besoeke aan Groenpunt Park bring my terug na die natuur se gewoonte om óf te herleef óf te hiberneer. Hier in die Kaap is ek mal oor die winter. Dis dalk nat en ietwat winderig, maar tog so groen! Meer dáárvan kan ek enige tyd hê ... en nog bietjie gluhwein!

Meer van een en minder van die ander maak mens opnuut bewus van balans. My grimering wel, is beste voorgedra in verskeie lae, skakerings en kleure. Die dag as ek moet dink aan minder, is as dit begin afpeul so ou pleister van ‘n baksteen muur af! Tot dan toe gri-méér ek maar!

Volg Geni gerus op Twitter: @MissLeCoq


 
Foto: Bazil D Photography
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 29 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 43 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.7%
Rand - Pound
23.98
-0.4%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.7%
Platinum
894.10
-0.3%
Palladium
996.00
-0.6%
Gold
2,194.02
-0.0%
Silver
24.42
-0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,905
+0.3%
All Share
74,106
+0.3%
Resource 10
56,200
+1.0%
Industrial 25
103,604
+0.3%
Financial 15
16,488
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE