Share

Fopdosnooi: Kroegman Brian

Ons hou safari! Ek trek my gypsey-kombuis weg van die gewone uitsigte na ‘n alternatiewe tipe wat beslis geen kos bedien nie, maar daar is tog 'n tipe vleis...

Ek voer jou weg na die gay nagklub waar ek werk. Hier kan mens baie leer deur om net bloot waar te neem wat om jou aangaan. In my nuwejaarskrywe het ek so bietjie uitgebrei oor die omgewing so gaan loer gerus hier daarna.

In dié blog wil ek graag die fokus plaas op een van ons vooraanstaande kroegmanne. Vir goeie redes sal ek hom Brian* noem.

Brian is een van ons personeellede wat al die langste hier werk en het beslis sy roete as heteroseksuele man in die gay wildernis uitgekerf.

Ek kan tot ‘n versekerde gevolgtrekking kom dat dit baie mans se waardigheid totaal sal aantas om basies in gekrimpte onderklere agter 'n toonbank in ‘n gay kroeg te werk. Brian sê dat dit aanvanklik baie intimiderend was, maar dat hy later oor sy onsekerhede gekom het oor sy lyf.

Kyk, moet my nie verkeerd verstaan nie: Brian is ‘n gesonde jong man wat sy studies in die opvoedkundige veld finansier deur sy werk in die kroeg. Hy is aantreklik en dis swaar om te glo dat hy nie ure deurbring in die gym nie, maar hy is van nature gespierd.

Hy het ‘n gemaklikheid in ‘n ongewone omgewing wat my laat wonder het wat mens kan leer by hom.

Hier is so 'n smakie van Brain se lewensfilosofie:

*      Wees seker van jouself. Moet nie aan jouself twyfel nie, jy is waardig en goed genoeg om voluit te leef vir wat jy wil hê in die lewe. Al staan jy as hetero-man in ‘n gay bar!

*      Hanteer almal met dieselfde met vriendelikheid en respek. Dis nie net die kenmerk van ‘n leier nie, maar ook van ‘n iemand wat in vrede leef met hulself. Dit geld ook vir mal drag queens wat kom gil by die kroeg!

*      Spanningsvlakke kan vinnig hoog loop in ‘n besige kroeg, bly kalm in enige situasie. As almal se koppe uithaak, bly jy in beheer en bereik veel meer as om op die bandwagon te spring.

*      Onthou om altyd vir jouself te lag! Humor is ‘n gesonde manier om stres te verminder en laat jou dadelik goed voel van binne. Oeps, die overdressed vrou was toe nie ‘n drag queen nie!

Ek put inspirasie uit Brian se houding en dink dat dié tipe wysheid eintlik vir almal kan geld, maak nie saak waar jy jouself in die lewe bevind nie.

Hoe lekker lag ek nou vir myself toe ek my oog toeplak met eyelash gom...

Ons probeer maar weer en gaan laggend voort!

*Nie sy regte naam nie


Foto: Bazil D Photography
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 385 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 810 votes
Vote
Rand - Dollar
19.10
+0.3%
Rand - Pound
23.71
+0.5%
Rand - Euro
20.38
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.28
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
942.60
-0.8%
Palladium
1,029.00
-0.1%
Gold
2,395.52
+0.7%
Silver
28.60
+1.3%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE