Share

Gay-oog: BEE vir minderhede in kerke

Mens raak beter met die trekkery tussen lande, maar Suid-Afrikaners wat oorsee woon sal weet van die uitdagings wat dit meebring. 

Die eerste uitdaging is die skep van ‘n bankrekening en die tweede uitdaging is ‘n huishoudelike rekening in jou naam.  Vir my was dit die maklikste om vir die oorsese bankrekening my bankrekeningstaat van Suid-Afrika en rekening met dieselfde adres op in Suid-Afrika te gebruik om die bankrekening oop te maak, en dan later my adres na my oorsese woonadres te verander. 

Ek was die afgelope twee jaar eers in Ierland en nou in Perth, waar daar so baie Suid-Afrikaners is dat dit bekendstaan as Perth-toria in die volksmond. 

Dit is baie moeilik om ‘n geestelike tuiste te vind oorsee.  Ek het agtergekom dat kerke (oorsee en ter plaatse) maar nog baie konserwatief is in die hantering van gay predikante.  As mens dink dat dit ‘n minderheidsgroep is wat uit die kerk gestoot word is dit seker te verstane.  In Suid-Afrika is my gay vriende wat voorheen in die NG Kerk predikante was, gevra om te bedank.

Ja, dit is ‘n skande.  Dit is nie ‘n skande om gay te wees nie, maar dit is ‘n skande om so teen gediskrimineer te word.

Aan die ander kant ken ek baie Christene wat gewoon nie meer kerk toe gaan nie omdat hulle nie meer die kerk se voorskriftelikheid kan aanvaar nie.  Baie keer is daar van dialoog in die kerk geen sprake nie, en in die Afrikaanse kerke word “gay” dikwels gerieflik verwys vir verdere navorsing.  Dit laat my dink aan die warm patat van apartheid wat so dikwels verwys is vir verdere navorsing en die soms verkrampte begronding daarvan in Afrikaans. 

Dit is een van die moeilikste dinge vir mense vandag om te begryp, dat ‘n kerk histories sy stempel kon afdruk op slawerny en natuurlik ook op ‘n stelsel van apartheid.  Ek dink dat die laaste bastion teen menseregte ook moet sneuwel as dit teen gay predikante is.  Die prutpot van Bybelverse wat verwys word vir verdere navorsing gaan nog die kerk se geloofwaardigheid bepaal.  Dit lyk asof kerke nog baie arrogant bepaal wat kan, en wat nie kan nie.  Oor hierdie saak word mense se hermeneutiese sleutel vinnig ontbloot.

Ek wonder hoeveel mense vandag by die bad van Bethesda sal gaan staan en wag vir die engel om die water te roer.  Ek weet dat die oulikes onder ons reken dat die Bybel soos ‘n vis is met grate, mens los die grate en eet die res van die vis.  Dit lyk my dat die Afrikaanse kerke gay-wees veroordeel, en nie kan raaksien dat die verse in die Bybel deel van die grate is nie. 

Los daardie versies gerus uit as dit soos sambokke uitgehaal word om mense te roskam wat geen vlieg sal skade aandoen nie.  Ek weet dat daar in nederige afhanklikheid gewag word op die Gees om die pad aan te dui, maar soos my professor altyd beaam het: eers perspirasie, dan inspirasie.  Daarmee het hy bedoel dat mens eers hard moet werk om die Bybel te verstaan en dan te wag op die inspirasie van die Gees.  

Ek kom agter dat dominees glad nie goed toegerus is om ‘n pad te stap met gay lidmate of predikante nie.  Daar is gewoon geen interesse daarin nie, of hulle weet bloot nie watter posisie om in te neem nie.  Te dikwels lyk dit my dat die rigting wat dan wel ingeslaan word een is wat diskrimineer. 

Dit herinner sterk aan die Du Plessis-saak waar die arme professor uit sy pos ontslaan was omdat hy tereg verkondig het dat Moses nie die eerste vyf boeke in die Bybel geskryf het nie.  Nie te lank terug nie het wyle Beyers Naudé ook aan die pen gery omdat hy teen apartheid gekant was. 

Soms verwag mens dat die kerk die laaste plek sal wees waar mens ‘n koue skouer sal kry, en dan is dit juis die plek waar mens bloedneus geslaan word.

Mens kan my nie vertel dat dit oukei is om ‘n gewonde lidmaat te wees en gay te wees, maar dit is nie reg om ‘n dominee te wees in die kerk nie.  Daar is eenvoudig in die gereformeerde kerkreg geen been om op te staan nie.  Die dominee is mos slegs ‘n lerende lidmaat.

My vriend hier in Perthtoria vertel my dat die kerkbanke vol ouer mense sit, die jonges kan gewoon nie meer die kloutjie by oor bring met die diskriminerende geskiedenis van die kerke nie.  As die kerk tog maar weer ‘n dienaarsgestalte wil aanneem en mense omarm ten spyte van hulle voor- en afkeure. 

Die argument dat God die sondaar aanvaar en nie die sonde nie, word ook aangewend om te diskrimineer.  In die verlede het die vryheidsteologie opgestaan teen die verdrukking, daar is selfs ‘n Jesus geskep wat swart was, om uitdrukking te gee dat ons gelyk is onder die son.

Is ons regtig almal gelyk, maar sommiges meer gelyk as ander?  Want ek as ‘n gay persoon staan voor geslote deure in die Afrikaanse kerke.  Of op die meeste word ek gerangeer tot ‘n minderwaardige lidmaat van die kerk.  Die deur na die leierskorps van die kerk is bottoe. 

Ek dink dat alle kerke wat nie gay dominees aanvaar nie, uit die Wêreldraad van Kerke en uit die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke gesmyt moet word.

Dit is ‘n bestiering dat jongmense sien dat die kerk nog so kleitrap oor kwessies soos gaywees, en bloot nie meer kerk toe gaan nie.  Eintlik moet die kerk onderwerp word aan ‘n kwotastelsel wat minderhede beskerm. 

‘n Tipe BEE vir minderhede in kerke. 

* Ek kan nie sien hoe kerke wat belastingvergunnings ontvang so blatant teen menseregte kan wees nie.  Dalk is dit tyd dat die oordeel gevel word oor die kerk, en dat die kerk belasting moet betaal as hulle menseregte-onvriendelik is.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 385 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 526 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.0%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,016.25
+1.4%
Gold
2,220.77
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE