Share

Gay oog: Die nederige aartappel

'n Mens se lewe is kosbaar.  En dit is so dat vir meeste van ons ons eie bestaan die sentrum van die heelal is. En só hou die dinge rondom ons eie alledaagse bestaan ons baie besig.

Aangesien ek al die afgelope jaar in Ierland is volg ek die gebeure in Suid-Afrika deur die Ierse pers en sosiale media.  Niemand hier ter plaatse gee 'n flenter om waar onse president Zuma slaap en hoeveel rande in die was uitkom nie. 

Almal weet egter van Oscar se hofsaak, en lewer graag 'n eier daaroor.  En ek word dikwels daaroor uitgevra, want soos my skooljuffrou jare terug beduie het: wanneer mens in die buiteland is is jy 'n ambassadeur vir jou land.

Ek het 'n groot hart vir Suid-Afrika en ek verduidelik maar telkens dat ek die mense in die nuus nie persoonlik ken nie.  Ek het regtig nie "inside information" nie.  En ja, ek is saam treurig oor enigiemand wat die land van die lewendes agterlaat, en saam geskok. 

Mense wonder ook baie hoe dit nou in Suid-Afrika gaan nadat Nelson Mandela oorlede is en ek weet dikwels nie hoe om te antwoord nie, want ek is nie 'n politieke analis nie.

Deur al hierdie deurleefde vrae voel ek saam met die res van Ierland die knyp van "austerity" in Ierland.  En uit die oogpunt van die mense op die grond is niemand baie ingenome met die ekonomie nie.  Die enigste opinie wat gewig dra volgens Oscar Wilde is 'n "sweeping statement".  Juis die tipe stelling wat ek so bang is om te maak.  Almal moet mos 'n billke kans kry, of hoe?  Alle oogpunte moet mos oorweeg word?  Maar op sekere punte is dit net nie moontlik om nonsens te vat nie.

Uit my eie ervaring weet ek dat moontlik is om op 'n sak aartappels te oorleef.  Ek het inderdaad elke maand 'n hele sak gekoop in my agtste jaar van student wees.  Ek het my eie probeer plant agterin die kosterwoonstel se tuin, maar die blomme daar wou nie eens groei nie.  Aan die ander kant van die erf was die kerk, met 'n tuinjong en die mooiste blomme om die kerk geplant. 

En in my binneste het ek toe al gevoel daar is iewers 'n spanning binne in my tussen 'n aartappel en die blomme wat pragtig in stand gehou word.  Ten diepste het ek die toestand laat voortduur omdat ek te trots was om vir enige iemand anders vir hulp te vra.  En te erken dat my begroting net nie klop nie.  Daar was my werk as studente-assistent, ek was koster, ek het 'n dogtertjie elke middag by die skool gaan haal en by haar huis afgelaai teen betaling per kilometer.  Haar ouers was geskei en haar pa was 'n tandarts wat duur onderhoud kom bekostig, en só kon haar mamma my bekostig. 

Al die bronne, saam met my prestasiebeurse was genoeg om my aan die gang te hou, met die hulp van aartappels.

Dus hou ek nog steeds van die nederige aartappel, en vandag nog sal ek weet ek het my kennis duur verwerf en ek veg om mense bewus te maak daarvan. Ek het immers persoonlik gely om dié kennis te bekom.  My opinies is geslyp in die smeltkroes van die lewe, anders as 'n ivoortoring-teologie. 

Ek het ook min tyd vir mense se verdagmakery oor my sogenaamde "bekering" en ek kan met groot graagte erken dat ek die belydenisskrifte onderskryf.  Ek het my Heiland persoonlik ontmoet, en ek kan getuig van 'n groot lig wat vir my opgegaan het sedert ek die Christus self omarm het baie jare terug.  Daardie lig noop my om vandag met groot dringendheid te pleit dat ons moet fokus op sake soos klimaatverandering en die mens se groot aandeel daarin. 

Daar is regtig nie plek vir kleinlike verdagmakery nie.  Daar is ook nie meer tyd vir Bybelversie-vir-Bybelversie opstapel op die dorre aarde waar selfs 'n aartappel nie wil groei nie.

Ek is altyd bereid om te luister na die versie-opstapelerasie, maar dit gaan geen oes oplewer nie.  Steriele grond kan geen oes lewer nie, punt.  Ek vergewe al die versies wat na my kant toe geskiet word om soos vuurpyle om my te laat ontplof op die offeraltaar van geloof en midde die stad van Sodom wat in vlamme opgegaan het. 

Ek vergewe, want soos Jesus weet ek dat dié mense nie weet wat hulle doen nie en ek daarom bid ek graag dat die Vader hulle vergewe.

Ek wonder egter hoeveel verlammende Bybelversie-vuurpyle afgestuur word om mense diep te verwond, en dan trots te predik dat ons 'n janloerse en oorlogsugtige God dien, die Ou Testamentiese god waarvan niemand eintlik meer wil weet nie, dat God ook "vreeslik" en "'n jaloerse" God is.  Iemand wat die God vies maak kan seker wees van rampe wat sal volg.

Die saad van bose revolusie is teenwoordig in die woorde van sulke prediking.  Daardie vuurpyle word egter verander in letterlike wapens in mense se hande. Mense wat dan plant en dier vernietig.  Mense wat my vriende verkrag, en verstoot.  Woorde wat die wortel is van die senutergende konflik areas wat die planeet treiter. 

Elkeen is tog te bewus van sy eie stukkie oliegrondjie wat bewaar moet word.  Dink maar aan die wete dat ons uit olie raak, die goed raak op, en wat gaan ons doen?  Die bome raak op, die pole smelt en ons brand die sonenergie van die verlede elke dag, en dit lyk asof ons die tempo versnel in 'n dolle gejaag na 'n letterlike vuur en swael einde wat die mens self giet in die smeltkroes van die aarde.

Intussen weet ek dat ek midde-in die smeltkroes meegesleur word deur elke verbruikersartikel wat ek onoordeelkundig van die winkelrak afhaal. Die blomme in die tuin van die kerk gaan nie my maag volmaak nie.  En dit lyk my dat ek selfs vandag min kerke sal aantref met 'n groentetuin in plaas van 'n blomtuin. 

Iewers sal ons moet wakkerskrik en besef dat ons self deel is van die siklus van die lewe.  Ons is nie bo aan die voedselketting nie.  Ons gaan kos raak vir die kokkerotte wat ons samelewing se stank gaan oorleef.

Die aartappeloes kan misluk!  Jy is bloot gelukkig as jou oes groei!  Ek glo glad nie aan 'n voorspoed-teologie nie, God het niks te doen daarmee dat ek en so baie ander mense sonder werk sit op die oomblik nie. 

Ek het altyd vir die skeptici in die Sonop Manskoshuis gesê – dié wat wou weet waar ek eendag werk gaan kry met my tipe teologie – dat daar baie werk is maar daar is nie altyd geld vir die werk wat gedoen moet word nie.  Ek deel nog steeds in daardie opinie, ek het baie werk, maar ek kry op die oomblik net geen geld daarvoor nie. 

Geld is die magtige ruilmiddel, maar dit het geen lewende sel van lewe nie.  As jy die geld in die grond sit kan dit nie groei nie.  Mens kan ook nie kole of goud of diamante eet nie.

Ons lewe egter van elke woord wat uit die mond van die Vader kom.  En daardie woorde is liefde.  En ek verskil van almal wat reken 'n oorlogsugtige God is aan die roer van sake, so 'n God kan ek nie dien nie.  Ek kan ook nie 'n God dien wat ontken dat hy elke dag gay mense skape.

Elkeen met meer as een breinsel weet mos dat dit voor die hand liggend is dat ons mekaar nodig het om voort te bestaan.  Meer nog, ons het elke plant, dier en boom nodig in die sirkelgang van die lewe.  Indien ons die boustene van die lewe ondergrawe gaan ons dood!  Ek wil nie nou al doodgaan nie, en so wil my medediere en plante ook nie doodgaan nie. 

Ons lewe deur die grasie van ander organismes op hierdie aarde, en ons sal harmonieus moet lewe – en hóór as ons voorste wetenskaplikes die basuin van aardverwarming blaas – want dié wat nie gehoor gee aan die blaas van die basuin nie gaan dalk die swaarste getref word in die nabye toekoms. 

Daar hoef nie gevrees te word vir 'n verre eindoordeel nie, ons maak sommer self die toksiese resep van ons eie vergankikheid daagliks aan.  Ons stook die vuur van die hel wat die aarde se klimaat verander.  Hou asseblief op om kleinlik te dink God gaan jou help as jy die put sélf grawe.  Dit help ook veel om hoop te plaas op 'n hiernamaals terwyl ons aangestel is om die tuin van die hede in stand te hou.

Ek wil graag deel wees van volhoubare ontwikkeling, en dit sluit die siklus van die lewe in.  Ek wil ook graag deel wees van die ontwikkeling van 'n gedagteraamwerk wat dié lewens-sirkel opneem.  Binne hierdie sirkel hoop ek sal daar plek wees vir alle lewe, en sal ons mekaar 'n plekkie onder die son gun. 

Onder die Ierse son het ek en Scott laasweek die knoop deurgehaak.  Ons hoop dat ons saam sal oud word in die sirkel van die lewe. 

Vir my as 'n Suid-Afrikaner is dit baie vreemd dat die res van die politieke wêreldspektrum nog nie gay huwelike erken nie. 

Daar is nog baie ongelykheid in daardie verband, byvoorbeeld moes ons uitvind dat daar Down Under geen erkenning vir ons "civil partnersip" is nie, en dat hulle ons verhouding as de facto beskou op federale regeringsvlak, wat meebring dat daar nog diskriminasie van die eerste water plaasvind.

Scott is 'n burger van Canberra se geweste en hy wil my natuurlik saamneem om sy land te geniet.  Na die afgelope fiasko in Canberra waar gay huwelikke heroep is deur die federale regering, het Canberra nou ook geen voorsiening vir "civil unions" nie, want toe hulle die huwelikswet gepromulgeer het, is die "civil union"-wet teruggetrek. 

Só, dit was een stap vorentoe en twee terug vir Canberra wat gelyke regte betref.

Daar is iets van 'n nasietrots as ek darem vir die mense hier kan beduie dat Suid-Afrika in daardie opsig 'n klompie lande een voor is.


Willem (regs) en sy geliefde, Scott, ná hulle die knoop deurgehaak het.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 950 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 991 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.6%
Rand - Pound
23.91
-0.5%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.49
-0.8%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
911.00
-1.0%
Palladium
1,006.00
-2.0%
Gold
2,321.04
-0.0%
Silver
27.20
-0.4%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,685
+0.9%
All Share
74,632
+0.8%
Resource 10
60,184
+1.0%
Industrial 25
104,263
+1.4%
Financial 15
15,928
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE