Share

Gay oog: 'n Sagte woord

Ek dink die eerste stap tot selfverwesenliking is om nie alles te glo wat jy dink nie.  Dit is die eerste stap om mens los te maak van wat agter is en uit te strek na wat voor is – soos Paulus van die Bybel verduidelik het. 

In die proses moet ou godsbeelde en verhale wat nie meer nuttig is nie soos ou klere weggemaak word.  Ek sien dit met kinders wat grootword en geen twee seisoene na mekaar dieselfde klere kan gebruik nie, want hulle ontgroei die ou klere.  Net so moet die liggaam van Christus groei saam met die God van die uitdyende heelal en klere wat nie meer pas nie, uittrek. 

Ek verwonder my dikwels hoe iemand blootgestel kan word aan die Bybelwetenskap, en sendingwetenskap, uitlegkunde en ‘n hele leerplan aan universiteit, en dan faal om kennis te integreer in ‘n eie verantwoordbare teologie.  Dit is soos iemand wat weer probeer om die uitgediende – te klein – klere aan te trek.

Kinders op skool moet die geleentheid gegun word om blootgestel te word aan kennis van godsdienste sodat hulle die gepaste mondering kan opbou vir die lewe se uitdagings.  Ons lewe in ‘n werklikheid waar elke globale maatskappy al “policies” en “procedures” het om seker te maak daar word in die werkplek teen geen godsdiens gediskrimineer nie.  Dit is die smeltkroes van die lewe, waarin ons moet leer om diversiteit te vier as deel van ons lewenswerklikheid. 

Ons skuur skouer met mense wat anders dink en glo as ons.  Meer nog, daar moet ‘n begrip wees vir ‘n ander se kultuur om vrye handel te bevoordeel.  In die lig van hierdie werklikhede het skole ‘n wesenlike probleem.  Onderwysers het eenvoudig nie die nodige opleiding om kinders verskeidenheid en begrip aan te leer nie.  Die onderwysers wat ‘n ingeligte religie-oorsig kan aanbied is dun gesaai. 

En blykbaar sien min ouers dat so aanslag tot voordeel van kinders kan wees.

In hierdie konteks behoort die Afrika-godsdienste ook ‘n plek te kry.  Ons lewe in Afrika, maar hoeveel van die gebruike verstaan ons?

Daar het in my eie hart die vraag laat onstaan van hoe ‘n mens daarin slaag om gay te wees en ook gevoed te word met ‘n Meesterverhaal-godsdiens: Die verhaal van sonde, verlossing en dankbaarheid. 

Soos oorlede Vader Klaerhout glo ek ook dat mense inherent goed geskape is.  En soos my oorlede ouma glo ek ook dat almal hemel toe gaan.  Binne so raamwerk kan ek funksioneer.  Binne so raamwerk weet ek nie of ek moet lag of huil as iemand my tot die hel wil verdoem nie.  Ek kan histories insien waarom die klere van die Meesterverhaal so goed gepas het in ‘n kultuur van fundamentalisme en bygelowigheid.

Die enigste manier om steeds fundamentalistiese en Meesterverhaal-klere te dra, is om klere aan te trek wat nie meer by die geleentheid pas nie.  Dit is om jouself terug te plaas en soos ‘n dinosaurus te waggel. Inderdaad gaan die klere jou vordering in die lewe belemmer want dit is bloot net nie meer gepas nie. Jou liggaam gaan sukkel om die kloutjie by die oor te kry, en of te warm of te koud kry. Daar sal ‘n polêre spanning onstaan wat dalk op die ou einde ondraaglik kan word. 

Enige iemand wat regmaak om die Himalajas te gaan klim sal dit te nimmer met die verkeerde klere aandurf nie.  Ek sal eerder die klere aantrek wat gewas is in die seep van menseregte as om ‘n verkrampte kleed van Christenskap te dra wat in elk geval nie meer pas nie. 

Aan die ander kant het die Bybelwetenskap en filosofie wonderlike werk gedoen om die Bybel relevant en aanloklik verfrissend aan te bied.  Elke skat wat só ontgin word voed die are van die fabriek wat klere maak waarop ‘n Christen trots kan wees, en dan kan mens aantrek in die geselskap van enigiemand.

Enige mens wat reken dat die enigste Christendom wat bestaan verkrompe en verstok hoef te wees slaan die bal mis.  Dan moet die insigte van die Bybelwetenskap verreken word, en soos basiese konsepte soos waarheid en kenteorie nagedink word. 

Ek wil nie meer koop by die Christelike winkels wat klere aanhou wat my snaaks en ‘n “Jesus freak” van gaan maak nie.  Ek hou beslis nie daarvan dat sommige van daardie winkels op skoolterreine handel dryf nie. 

Ek wil my verstout om te dink dat gay-vriendelike materiaal glad nie in so 'n winkel vóór op die rak geplaas sal word nie.  Dit is tyd dat ons besin oor die klere wat die Liggaam van Christus aantrek. 

Dalk is ‘n kleed nodig wat geweef is van verstaan, diensbaarheid en nederigheid. Dalk sal ‘n sagte woord die grimmigheid afkeer.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 355 votes
No! It's time to move on ...
36% - 196 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
+0.8%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.37
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.37
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
909.00
-0.4%
Palladium
985.50
-1.9%
Gold
2,320.40
+0.2%
Silver
27.21
+0.2%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
67,887
-1.0%
All Share
73,849
-0.9%
Resource 10
61,065
+1.0%
Industrial 25
102,019
-1.9%
Financial 15
15,763
-0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE