Share

Kop & Hart: Woordfees, KKNK, God se blou oë

Met die verskyning van my nuwe boek* het ek geleentheid gekry om by die Woordfees in Stellenbosch en by die KKNK in Oudshoorn op te tree.

Ek was aanvanklik maar skepties oor hierdie optredes, juis omdat my vorige blootstelling so ‘n negatiewe ondervinding was.

Vir die wat nie weet nie: Laasjaar is ek ook genooi na die Woordfees om deel te neem aan ‘n gesprek met Nico Koopman (dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch) en Jurie van den Heever (‘n Paleontoloog verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch).

Die tema van ons gesprek was, “Is daar ‘n hemel en hel?”

Die Tydskriftemaatskappy (TM), uitgewer van Kerkbode, was die borg. Die Kerkbode-joernalis Jean Oosthuizen was die skakelpersoon wat met my onderhandel het oor my betrokkenheid by die gesprek en oor die vervoer- en verblyfreëlings.

Toe die borg uitvind dat ek een van die sprekers is, is daar besluit (op ‘n baie laat stadium) om te onttrek as borg. Gelukkig het Protea Boekhuis (Stellenbosch) ingestaan as nuwe borg en kon die gesprek voortgaan.

Dit het egter ‘n hele kettingreaksie van negatiewe gebeure ontketen, onder meer die mediaverklaring waarin Kerkbode ontken het dit het oor my (of enige spreker) gegaan.

Alle blaam is op Jean Oosthuizen geplaas en hy het ook daardeur uiteindelik sy werk verloor.

So, toe ek hierdie jaar weer genooi is vir ‘n oop gesprek was ek verstaanbaar versigtig en nie te opgewonde nie.

Maar was ek verras met wat ek hierdie keer daar gevind het. Met die Woordfees-optrede was die saal volgepak en die mense was merkbaar oper en vryer as die vorige keer. Ook met die vrae-geleentheid was ek aangenaam verras met die oop denke van die gehoor.

En by die KKNK waar ek en Koos Kombuis en die joernalis Ilza Roggeband oor (onder meer) my boek gesels het was die gehoor net so positief en verwelkomend.

My eerste gedagtes na die geleentheid was die woorde van Willis Harman: “Something as quiet as a change of mind is bubbling up out of the unconscious depths, spreading around the world, changing everything.”

Kan dit wees dat die tyd aangebreek het dat die momentum begin swaai? Dat meer en meer mense nou openlik en eerlik oor hulle twyfel en onsekerhede kan en wil praat?

Om bogenoemde verder te illustreer: ‘n Jong pa en ma kom ná die KKNK-optrede na my en vra of ek ‘n kopie van my boek vir hulle sal teken. Toe ek vra aan wie ek die boek moet opdra, sê die jong ma sonder om te skroom: “Liza, asseblief!”

Toe ek vra wie Liza is, toe sê sy hulle babadogtertjie. “Ek wil die boek eendag vir haar gee as sy oud genoeg is ... dan wil ek vir haar sê sy moet die boek eers lees voordat sy enigsins besluite neem oor waaraan sy wil glo of nie!”

In hierdie ma se woorde hoor ek ‘n nuwe generasie se oopkop-denke. Dié van mense wat hulle kinders wil grootmaak om vir hulself te kan dink.

Natuurlik is baie van hierdie vrydenkers nog maar stil. Hulle wil hulle familie en vriende ontstel met hulle oper manier van dink nie.

Maar ten spyte van hierdie stilswye, lyk dit tog vir my of meer mense besig is om volwasse in hulle denke te word. En of dit nou in godsdiens of politiek is – dit is opmerklik hoedat mense nie meer sommer net alles onkrities aanvaar nie.

Ek is baie dankbaar oor hierdie nuwe lyn van onafhanklike denke. Want is dit nie tyd dat ons ophou om blindelings agter sogenaamde kenners, leiers en gesagspersone aan loop nie?

Presies waarna een van my gunsteling Indiese filosowe, Jiddu Krishnamurti verwys met: “For centuries we have been spoon-fed by our teachers, by our authorities, by our books, our saints. We say, ‘Tell me all about it – what lies beyond the hills and the mountains and the earth?’ and we are satisfied with their descriptions, which means that we live on words and our life is shallow and empty. We are second-hand people. We have lived on what we have been told, either guided by our inclinations, our tendencies, or compelled to accept by circumstances and environment. We are the result of all kinds of influences and there is nothing new in us, nothing that we have discovered for ourselves; nothing original, pristine, clear.”

En omdat ons vir jare onkrities geleef het, of "tweedehands" soos Krishnamurti dit stel, het ons meganiese lewens geleef. Soos ‘n papegaai wat net kan herhaal wat vir hom geleer is.

Dáárom my opgewondenheid as ek sien hoeveel meer mense openlik oor hulle twyfels, soeke en vrae begin praat. Want daardeur gee hulle ‘n stem aan die stemloses. Of soos ‘n skaapboer uit die Karoo wat vir my sê: “Elke keer wat ek jou so eerlik hoor praat, gee dit my die moed om self ook eerliker te wees!”

Juis daarom is iemand soos Krishnamurti so belangrik in hierdie tyd. Want hy help ons verstaan dat onafhanklike, kritiese en oop denke die enigste pad na verligting is. Dit is egter ‘n pad wat elkeen sélf moet loop, niemand kan dit namens jou doen nie.

Hoor hoe stel hy dit:

“So you see that you cannot depend upon anybody. There is no guide, no teacher, no authority. There is only you – your relationship with others and with the world – there is nothing else. When you realize this, it either brings great despair, from which comes cynicism and bitterness, or, in facing the fact that you and nobody else is responsible for the world and for yourself, for what you think, what you feel, how you act, all self-pity goes.”

Hierdie is ook die rede hoekom ek hierdie nuwe boek geskryf het. Om die baie mense wat (soos ek) nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde op lewens- en geloofsvrae nie te help om vir hulleself te begin soek – én vind.

Terwyl ek hierdie woorde skryf, hoor ek die interkom-aankondiging dat my vlug terug na Gauteng gereed is. Terwyl ek my rekenaar afsit, glimlag ek by myself en dink: “Ons vrydenkers is vir seker nie meer so ‘n klein en alleen-groepie nie ... die winde van verandering is besig om te waai.”

Jiddu Krishnamurti: “I maintain that truth is a pathless land, and you cannot approach it by any path whatsoever, by any religion, by any dogma.”

* God se oë is blou deur Abel Pienaar (Naledi uitgewers)


Koos Kombuis en Abel by die KKNK.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 932 votes
No! It's time to move on ...
33% - 452 votes
Vote
Rand - Dollar
18.83
+1.0%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.14
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+2.3%
Platinum
922.80
-0.3%
Palladium
959.00
-3.2%
Gold
2,334.69
+0.1%
Silver
27.22
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE