Share

Kop & Hart: Die monnik en die filosoof

“Die maan is vanaand darem mooi,” sê die monnik en trek vir die filosoof ‘n stoel uit. Buite begin die wind saggies deur die dennebome fluister, binne is die knetterende kaggel vriendelik en gerusstellend.

“Ja,” sê die filosoof terwyl hy kyk hoe die monnik ‘n bottel duur Whisky uit sy kas haal. “Whisky?” vra die monnik met die oop bottel gereed om te skink. “Dankie,” aanvaar die filosoof en leun terug in sy stoel.

“Op Anna!” sê die monnik met sy glas omhoog. “Op Anna!” bevestig die filosoof en proe die rookgeur van die goue vloeistof.

Tydsaam gaan sit die monnik op die stoel oorkant die filosoof, en kyk indagtig by die venster uit na die maan.

“Is jy vanaand met die maan gepla?” vra die filosoof. “Nog met twee blokkies ys?” antwoord die monnik terwyl hy sy stoel wegstoot en opstaan.

“Ons moet op die middeweg hou,” sê die filosoof met ‘n tergende glimlag. “Ken jy die storie van die maan?,” vra die monnik glimlaggend as hy weer kom sit.

“Nee, maar ek kan sien jy gaan my vertel,” sê die filosoof steeds met ‘n terg in sy stem.

Die monnik sê glimlaggend: “Een volmaannag, nie veel anders as vanaand nie, is ’n ou man in sy huis deur ’n inbreker oorrompel. Die ou man het niks gehad wat regtig die moeite werd was om te steel nie. En toe hy die onbeholpe inbreker sien, het hy hom innig jammer gekry...”

“Duidelik ‘n onrealistiese storie!” lag die filosoof terwyl hy die laaste druppel in sy glas wegsluk. “Kan ek vir jou nog een skink?” vra die monnik terwyl hy die bottel alreeds gereed hou.

“Asseblief, want iets moet my deur hierdie storie van jou kry,” sê die filosoof en knipoog vir sy vriend.

“Wel, die ou man bied toe vir die inbreker sy enigste jas aan, sodat die inbreker darem nie met leë hande uit in die koue hoef te gaan nie.”

“Die inbreker vat toe die jas en laat spaander. Terwyl hy die inbreker agterna kyk, dink die ou man by homself dat hy wens hy kon eerder die maan vir hom gegee het.”

“So ’n eenvoudige boodskap, ek vermoed jy probeer sê dat ons ligter moet leef...” sê die filosoof ingenome. “Jy weet, dis mos mode onder my generasie om te sê ons wil graag ‘lig’ leef. Maar wat ons eintlik daardeur bedoel is dat ons probeer wegvlug van die lyding in en om ons.”

Die monnik kyk weer by die venster uit, draai dan na die filosoof en sê: “Die mens kan nie lig leef deur weg te vlug van lyding nie; jy leef lig omdat jy jouself en die wêreld bevry het van die begeertes wat jou dryf om dinge te doen wat jouself én ander laat ly.”

“Ahh, jy praat van Nirvana bereik...” sê die filosoof.

“Ja, maar Nirvana is nie ’n plek soos die hemel of die paradys wat jy kan bereik of verwerf nie. Nirvana is iets wat jy hier en nou dóén. Dis hoekom Nirvana ook beteken ‘om uit te blus.’ En aangesien lyding op aarde deur ons menslike ego’s veroorsaak word, is Nirvana ... wanneer jy die vlamme van jou ego kan blus.”

Die filosoof kyk af na sy glas en sê dan saggies, “Dis nogal ’n slag vir ’n ou soos ek wat van kleins af vertel is ek moet altyd streef om meer te wees, om te wen ... wat ook al te wenne is.”

Dan is daar ‘n lang stilte tussen die monnik en die filosoof, maar dit is nie ongemaklike stilte nie, dis ‘n bekende stilte tussen twee ou vriende.

Dan onderbreek die filosoof die stilte, “Ek onthou nog toe ek en Anna jonk was, hoe kon dié lewe toe vir ons lyding wees...”

“Maar toe kom kanker...” Die filosoof sug half uitasem en kyk na die maan. In sy oë ‘n leeftyd van pyn, tevredenheid, hartseer, vreugde, wysheid en onbegrip.

Dan sê hy, amper onhoorbaar, “Sy was altyd so vol lewe, maar teen die einde was sy net ... vel en been ...”

Asof die monnik die pyn wat die filosoof onthou kan aanvoel, sê hy: “Ons word gebore, raak oud, siek en dan sterf ons. Die lewe is Dukkha!”

Die filosoof kyk op en glimlag sag, “En Nirvana beteken om hier en nou vrede daarmee te maak.”

Die monnik knip stadig sy kop, “En veral om nie in te koop op die ewige veranderende en tydelike vorm daarvan nie ... om soos die ou man te besef dat geen aardse jas ooit genoeg sal wees nie.”

Die filosoof sug weer saggies, “...ek wens ek kon vir Anna die maan gee...”

Die monnik staan op en sit sy hand vertroostend op die filosoof se skouer, “My vriend, Anna is die maan!”

“Op Anna!” sê die filosoof met sy glas omhoog. “Op Anna!” sê die monnik en saam proe hulle aan die maan.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 440 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 845 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.3%
Rand - Pound
23.65
-0.1%
Rand - Euro
20.22
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
978.80
+0.3%
Palladium
1,032.00
+0.9%
Gold
2,386.19
+0.1%
Silver
28.24
-2.2%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.1%
All Share
73,000
-2.0%
Resource 10
61,638
-3.5%
Industrial 25
98,321
-1.8%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE