Share

Kop & Hart: Die stem in jou kop

Elkeen van ons word daagliks deur ons innerlike dialoog, begeertes, drange en vrese gerig en beheer. Hierdie innerlike wêreld se strominge manifesteer meestal as ‘n stem in ons koppe.

In sy nuwe boek, 10% Happier, sluit Dan Harris hierby aan: “Most of us are so entranced by the non-stop conversation we’re having with ourselves that we aren’t even aware we have a voice in our head. To be clear, I’m not talking about “hearing voices,” I’m talking about the internal narrator, the most intimate part of our lives. The voice comes braying in as soon as we open our eyes in the morning, and then heckles us all day long with an air horn. It’s a fever swamp of urges, desires, and judgments. It’s fixated on the past and the future, to the detriment of the here and now.”

Dis die stem in ons koppe wat ons oortuig om iets te ete uit die yskas te haal, alhoewel ons nie honger is nie.

Dieselfde stem wat ons folter met destruktiewe kommentaar oor ons voorkoms, dieselfde stem wat ons aanpor om ons humeur te verloor terwyl ons weet dit is nie tot ons voordeel nie.

Die stem wat sê nog een stukkie koek sal jou nie laat gewig optel nie, of dat jy nie regtig verslaaf is aan alkohol nie, jy hou net van hoe dit proe.

Natuurlik is al jou innerlike dialoog nie net destruktief nie, soms is dit ook kreatief, verrykend en logies. Maar as ons nie bewus is van hierdie stem nie, word ons slawe van ‘n destruktiewe en masochistiese slawedrywer.

Ek het al vele kere, tot my eie skaamte, raakgesien hoe maklik ek inkoop op hierdie stem in my kop. En dan die werklikheid vóór my eenvoudig verruil vir die innerlike dialoog wat spring tussen herinneringe, voorveronderstellings en destruktiewe, vreesgevulde idees.

Seker daarom dat ek so dikwels die geskenke wat in die oomblik te vinde is, heeltemal mis. Hierdie toestand van my word deur Eckhart Tolle goed omskryf: “As it is, I would say about 80 to 90 percent of most people’s thinking is not only repetitive and useless, but because of its dysfunctional and often negative nature, much of it is also harmful. Observe your mind and you will find this to be true.”

Die enigste werklik effektiewe manier om hierdie stem in ons koppe stil te maak, volgens my, is meditasie.

Want net iets soos meditasie kan ons werklik help om bewus te word van ons innerlike wêreld. Meer nog as net bewus word, kan dit ons help om afstand te kry van die stroom gedagtes en veral van die stem in ons koppe. En hiermee saam, om minder in te koop of selfs daarmee te baklei.

Meditasie is dus om van deelnemer na waarnemer te skuif. Sonder hierdie wakker-toestand, kan ons natuurlik ook nie teenwoordig wees in ons elke dag lewens nie. En is dit nie wat spiritualiteit eintlik beteken nie: om sinvol in die hier en nou, teenwoordig, te leef.

‘n Teenwoordigheid en bewustheid (mindfulness) van dit wat voor ons en binne ons afspeel. Ongeag klein of groot, nuut of oud, vinnig of stadige pas, lekker of slegte oomblikke; dit is om bewus te wees van die oomblik en te vind dat dit is heilige grond.

Want wat is nie heilig nie? Wat is nie reeds gevul met die goddelike nie? Dit laat my onwillekeurig dink aan ‘n ou Zen meester wat vir my gesê het: “You hear the birds? You see the sun? Who is not enlightened?”

Hierdie bewus-word, is daarom in die eerste plek, die raaksien van die stem in jou kop. En dan om doelbewus nie meer daarmee te identifiseer nie.

Bewustelikheid, of mindfulness, in ‘n neutedop, is die vermoë om bewus te wees van dit wat binne en buite jou gebeur, terwyl dit gebeur – woede, jaloesie, hartseer, verlange, hongerpyne, verkeersknope, musiek op die radio, wat ook al – sonder om daarop in te koop of daarmee te oor-identifiseer.

Volgens Boeddha het die stem in ons koppe, drie gewoonte-reaksies op alles wat ons ervaar. Begeer dit, verwerp dit of ignoreer dit. Lekker rooiwyn: begeer dit. ‘n Spinnekop: verwerp dit. Die lugwaardin se veiligheidsinstruksies voor die vliegtuig opstyg: ignoreer dit.

Bewustelikheid (mindfulness) is egter om op ‘n ander manier te reageer, ‘n vierde opsie. Om bewustelik, sonder oordeel die waarnemer te word, van jou gedagtes en die stem in jou kop. Met klem op die "sonder oordeel".

Presies wat Alan Watts probeer sê met: “A thought is just a temporary mental construction, and not something to try to hold or reject. Let it alone just as it occurs and just as it ceases. It is like an image reflected in a mirror. The mirror is clear and reflects anything which comes before it, and yet no image sticks in the mirror.”

Om nie te begeer, te verwerp of selfs iets te ignoreer nie. Nee, om net wakker te wees vir dit wat ís. Om te besef jy is nie ‘n willose slagoffer van die stem in jou kop nie. Jy is nie ‘n magtelose slaaf, wat op elke roep vir jou aandag hoef te reageer nie.
Dit wat ‘n Christen monnik, broeder Lawrence, al reeds in die sewentiende eeu geweet het: “...you’ll have to become aware of your inner world of thoughts and learn to let them pass by without a lot of attention.”

Jy is die een wat kyk. Wat bewus is. Sonder om in te koop of selfs meegesleur te word. Die een wat spontaan en vry in die oomblik (wat ook al die oomblik is) kan leef.

Daarom dat die Zen leermeester Shunryu Suzuki ook soveel klem gelê het op die spontane aanvaarding van wat ís. “Do not try to stop your thinking. Let it stop by itself. If something comes into your mind, let it come in, and let it go out. It will not stay long. When you try to stop your thinking, it means you are bothered by it. Do not be bothered by anything.”

Natuurlik is dit nodig om te dink, te beplan en te analiseer. Daarsonder word mense maklik slagoffers van bygelowe, oningeligtheid en swak keuses. Maar dit is net so nodig om te besef dat daar ‘n verskil is tussen beplan en om jouself te verloor in jou storie van gister of môre.

Ons kan dus beplan vir môre en leer uit gister, maar sonder om ons self in ons koppe te verloor. Dit sluit aan by wat die Amerikaanse filosoof Ken Wilber gesê het met: “I have thoughts, but I am not my thoughts.”

Ons almal het planne, gedagtes, drome en natuurlik ‘n stem in ons kop, maar ons is dit nie. En indien ons meer is as ons gedagtes en innerlike stem, is dit tog vanselfsprekend dat ons eintlik vry is om self te kan besluit waaroor, wanneer en waaraan ons wil dink. En dalk meer belangrik: ons kan enige tyd stop!

“The wise man thinks about his troubles only when there is some purpose in doing so; at other times he thinks about other things” sê Bertrand Russell dit op sy unieke manier. Ek sal dit nog een tree verder wil vat: ‘n Wyse mens is iemand wat kan dink as hy of sy moet dink, maar wanneer hulle klaar is daarmee klim hulle uit hulle koppe. Met ander woorde hulle leef eerstehands, in die oomblik, bewustelik en direk teenwoordig.

En hiermee stem een van die vaders van Zen in China, Bodhidharma, een honderd persent saam as hy sê: “Not thinking about anything is Zen. Once you know this, walking, sitting or lying down; everything you do is Zen.”

‘n Bewustelike lewe is dus om wakker te word vir die stem in jou kop. En om doelbewus jou binne-wêreld te besoek, sonder om in te koop op die ewigdurende vloei van jou emosionele programmerings, voor- en afkere, gedagtes en die onophoudelike innerlike kommentaar.

Om dit wat die lewe op ‘n spesifieke oomblik bring, te kan raaksien en te aanvaar. En die oomblik wat jy dit snap, sal jy ook die woorde van die Zen leermeester, Hui-K’o (opvolger van Bodhidharma) kan verstaan:

“The perfect way is only difficult for those who pick and choose; do not like, do not dislike; all will then be clear.”

RENAISSANCE OGGEND KONFERENSIE: “BUITE-KERKLIK maar nog GELOWIG”
Saterdag oggend, 4 Oktober
 om 8:30-13:00,

Safari Konferensie Sentrum in Lynnwoodweg.
Met verskeie sprekers wat elkeen op hulle gebied voor denkers is:

Prof. Julian Müller, Prof. Cornel du Toit, Dr. Abel Pienaar, Dr. Flip Schutte, Dr. Piet Muller & Ds. Jaco Strydom.


Al hoe meer mense is besig om weg te beweeg van ‘n tradisionele verstaan van geloof. Hierdie groterwordende groep mense is nie meer bang om ruimte te maak vir hulle en ander se twyfels en soeke na antwoorde nie. Hulle ag die vrye vloei van inligting en toegang tot verskillende idees – ook vanuit die wetenskap en filosofie – baie hoog. Maar selfs belangriker nog as dit, is die vryheid om SELF te kan besluit, sonder sensuur, hoe hulle hul geloof wil vertolk en uitleef.
Kom luister saam en neem deel aan die paneelgesprek.

Koste: R190
 per persoon (sluit verversings in)

** BESPREEK NOU JOU PLEK! **
Kontak Cecile Kotze: 0825501066 of 
cecilejcoetzee@gmail.com


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 886 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 924 votes
Vote
Rand - Dollar
19.16
-0.3%
Rand - Pound
23.83
-0.1%
Rand - Euro
20.48
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.46
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
920.80
+0.1%
Palladium
1,025.50
-0.1%
Gold
2,315.47
-0.3%
Silver
27.13
-0.6%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,498
+0.7%
All Share
74,470
+0.6%
Resource 10
59,676
+0.1%
Industrial 25
104,217
+1.4%
Financial 15
15,904
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE