Share

Kop & Hart: Geskiedenis van die Christendom I

George Santayana (1863-1952), ‘n Spaanse filosoof en digter wat ook verbonde was aan die Amerikaanse Harvard-universiteit, het op ‘n keer gesê: “Those who cannot remember the past are condemned to repeat it” – woorde wat my nog altyd geïnspireer het om dieper na dinge te kyk. En om te probeer onthou dat agter enige gebeure daar ‘n lang geskiedenis lê.

‘n Geskiedenis wat baie keer vertel van bloedvergieting, sweet en opofferings, vreugdes, hartseer, suksesse en mislukkings.

Dat niks uit niks ontstaan nie. Alles het ‘n verlede, ‘n storie, ‘n geskiedenis.

Kyk nou maar net na die ontstaansgeskiedenis van die Christendom – ‘n geskiedenis wat my ten diepste raak. Want dit is ook deel van my ontstaansgeskiedenis, ook deel van dít wat my gevorm en omvorm het. En om myself te verstaan, te ken, het ek nodig om my eie wortels te besoek. Wortels, wat ook deel is van die Christelike kerk waarbinne ek grootgeword het.

‘n Geskiedenis wat natuurlik nie so maklik is om uit te pak nie. Juis omdat daar soveel weergawes, interpretasies en herinterpretasies is. Ek meen ons almal weet tog dat geskiedenis deur die oorwinnaars geskrywe word, en juis daarom nie noodwendig geskiedenis is nie, maar meestal propaganda.

Presies waarna Santayana ook verwys met: “History is mostly a pack of lies about events that never happened told by people who weren’t there.”

Daarom, wanneer die geskiedenis ondersoek word, is dit so belangrik om dit wyd, oop en eerlik te benader. En om versigtig te wees om nie van die stiller "stemme" van die verlede te mis nie. Want ongeag of hulle aan die verloorkant of wenkant van gebeure gestaan het, dit is nodig om almal te hoor.

Dit maak die prentjie dan net soveel meer volledig. En dan is dit ook moontlik om uit die verskillende lesse van gister te leer. Of dit sou gaan oor die geskiedenis van ‘n familie, kultuur, of godsdiens.

Kom ons kyk, natuurlik baie opsommend, na die ontstaansgeskiedenis van die Christendom.

‘n Geskiedenis wat nie soos meeste meen by Jesus begin het nie, nee, lank voor Jesus in die prentjie gekom het, het dit al begin. Want sien, die Christendom lê diep gewortel binne die Joodse geskiedenis (en Judaïsme). ‘n Geskiedenis wat ongeveer 3000 jaar oud is – en dit het weer hulle wortels binne vele ander ouer godsdienstige tradisies te vind, onder meer die Hindoeïsme wat ongeveer 4000 jaar oud is, en dan ook beïnvloeding deur onder meer Zoroastrianiste ens.

Want soos reeds goed bekend, was Jesus nie ‘n Christen nie, nee, hy was ‘n Joodse rabbi. En hy’t nie die Bybel geken soos ons dit vandag het nie, hy’t gewerk met die Joodse geskrif bekend as die Tenakh (die Ou Testament) – ‘n heilige geskrif wat in drie dele opgedeel word: die Torah (eerste vyf boeke van Ou Testament), die Profete, en die Geskrifte. Hiermee saam ook die Talmoed, ‘n versameling van Rabbynse kommentaar op die Torah.

In elk geval, na sy kruisdood, as politieke rebel van die Romeinse Ryk, het sy volgelinge vir die volgende vierhonderd jaar as ‘n klein Joodse sekte bekendgestaan. Hierdie sogenaamde Christene het geen vaste geloofsbelydenis soos vandag se Christendom geken nie.

Gedurende hierdie tyd was daar ook nie eenstemmigheid oor wat presies geglo is nie. Daar het uiteenlopende standpunte bestaan wat dikwels tot onderlinge spanning gelei het. En hierdie verskille het daartoe bygedra dat daar uiteindelik verskillende groeperinge van gelowiges binne die Christelike gemeenskap ontstaan het.

Daar was byvoorbeeld die Joodse Christene binne Palestina wat geglo het die Torah (Wet) moes streng onderhou word. ‘n Ander groep, veral onder die leiding van Paulus het eerder die vrymaking van die Wet voorgestaan. En dan was daar ook ‘n groep wat sterk beïnvloed is deur die Griekse filosofiese denke van die tyd (veral Plato).

Hierdie tyd was desnieteenstaande ook ‘n baie spesiale tyd in die Christendom se geskiedenis. Want daar was min dogmas en vaste geloofsopvattings. Selfs Jesus is nie noodwendig as God gesien nie. Dit het in dié tyd eerder gegaan oor die radikale navolging van wat Jesus kom verkondig het.

Dit was dan ook die hoofrede waarom hierdie groep mense onderdruk en vervolg is. Want hulle was deur die gemiddelde mense van daardie tyd beskou as gevaarlik en selfs as ondermynend vir die samelewing se harmonie.

Want anders as die algemene sosiale orde van die dag, het Christene gelykheid tussen mans en vroue, ryk en arm, slaaf en vryman voorgestaan. Ook het Christene die ekonomiese stelsels van die tyd bedreig met hulle siening dat daar gesorg moes word vir armes, bejaardes en selfs gevangenes.

Hiermee saam was hulle baie anti-sosiaal en het hulle hulself tot ‘n groot mate van die daaglikse roetine van elke dag lewe onttrek en hulle afgesonder en in isolasie gelewe. Dit het nie veel gehelp vir hulle beeld na buite nie.

Die Christenbeweging was in hierdie tyd gedefinieer deur hoe hulle gelewe het, nie soos vandag waar die hoofkriteria is wát geglo word nie.

Hierdie tydperk het egter tot ‘n einde gekom toe die Romeinse keiser Konstantyn in die vierde eeu die Christendom tot ‘n wettige godsdiens verklaar het in die Edik van Milaan (313 nC).

Vinnig het die gesindheid teenoor Christene verander. Daar was nou ‘n sterk openbare beweging deur verskeie Christenleiers, alles natuurlik onder die beskerming van die Romeinse Ryk. En anders as voorheen is daar wegbeweeg van Jesus se vestiging van die koninkryk van God, daar is nou ingeval by die keiser se sosiaal-politieke program.

Die ontwikkeling van ‘n hiërargie en strukture het stelselmatig begin vorm aanneem. En dit was ‘n tyd van skryf van belydenisse en reëls (en die Bybel het begin vorm aanneem). En so het daar nou sekere formuleringe ontstaan van wat is regte geloof en wat is vals.

Dit het natuurlik baie binnegevegte en konflik veroorsaak. Dit het ongeveer twaalf jaar lank so aangegaan. Dit is toe dat keiser Konstantyn weer ingegryp het deur die Konsilie van Nicea (325 n.C.) byeen te roep. Hier het dit nou spesifiek daarom gegaan om die Christen beweging se onderlinge verskille uit te sorteer en te help dat daar eenheid kom.

Een van die grootste brandpunte het gegaan oor die interpretasie dat Jesus nie net ‘n profeet was nie, maar God self, sodoende deel van die drie-eenheid. Hierin het twee biskoppe ‘n groot rol gespeel, Augustinus van Hippo en Atanasius.

Biskop Atanasius was veral bekend vir sy verklaring dat die mens inherent sondig en verlore is, en daarom redding nodig het.

Augustinus was weer bekend vir sy bekendstelling van die Drie-Eenheid verstaan.

Al bogenoemde het meegebring dat duisende gelowige mans en vroue wat nie hiermee saamgestem het nie moes vlug vir hulle lewens. Een van hierdie groepe staan vandag bekend as die Gnostiese Christene.

Ander groepe wat ook nie met die nuwe rigting saamgestem het nie, het na die woestyne van Palestina, Sirië, Persië en Egipte gevlug om as kloosterlinge die ideale van die vroeë Christendom daar voort te sit. Vandag is hulle bekend as die woestynvaders en -moeders.

Die nuwe geloofsbelydenisse het aanleiding gegee tot die totstandkoming van die vroeë Katolieke kerk (Katoliek beteken algemeen of universeel). Hierdie kerk het nou vereis dat sy dogma onderskrywe moes word en dat sy geloofsbelydenisse bely moes word.

Die Christendom as gestruktureerde godsdiens is só gebore. Daar is egter ‘n prys wat betaal moes word vir hierdie hermodellering, en dit was dat meeste van die spontaneïteit van die vroeë Christendom verlore geraak het. Dit terwyl dogmatiek en gesag die "regte lewe" nou vervang het met "reg glo".

Dit sou egter nie lank wees nie voordat ook hierdie nuwe-een-kerk sou skeur.

Maar eers genoeg vir nou, ek skrywe volgende week verder.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 186 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 270 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
-0.8%
Rand - Pound
24.04
-0.6%
Rand - Euro
20.56
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.8%
Platinum
899.20
+0.3%
Palladium
999.25
-0.3%
Gold
2,209.51
+0.7%
Silver
24.55
-0.4%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,080
+0.6%
All Share
74,278
+0.5%
Resource 10
56,967
+2.4%
Industrial 25
103,572
+0.3%
Financial 15
16,456
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE