Share

Kop & Hart: Leipoldt, Breyten en die oorkantste oewer

“Abel, voel jy nie dat jy jou eie mense verraai nie?” spoeg die man oorkant my die vraag onverwags uit. “Wat bedoel jy?” vra ek versigtig.

“Wel weet jy dat mense met jou spot, hulle noem jou ‘n Boer-Boeddha. En dit terwyl jy ‘n Afrikaner is wat groot geword het en woon in ‘n Christenland!”

“Wel,” begin ek terwyl ek vorentoe buk, in ‘n poging om oor die ander stemme hoorbaar te wees, “ek is darem seker nie die enigste Afrikaner wat hiermee gespot word nie?” My gespreksgenoot het in die tussentyd ook nader beweeg. “Ek weet nie van enige ander een nie,” sê hy terwyl hy sy vinger ophou en voortgaan: “Noem een!”

“Ek kan beter doen as net een noem,” sê ek, “...die Afrikaanse digter en skrywer C. Louis Leipoldt en ook die skrywer Breyten Breytenbach en...”

Maar kom ek onderbreek myself hier.

Dit is darem nie akkuraat om myself, Leipoldt of Breyten Boeddhiste te noem nie. Dit is so dat Leipoldt se werke baie pertinent gefokus het op die “sigbare” werklikheid van die hier en nou, en hy vir seker ‘n “verligte” was, maar miskien moet ek eerder sê hy was ‘n Boeddha as ‘n Boeddhis. En Breyten se verklaring en verkenning van Zen-Boeddhisme in sy skryfwerk en kuns is wel baie duidelik. Lees byvoorbeeld sy gedig, Die grys vrug waarin hy Boeddha se verligting tot sterwe beskryf:

jy is gebore digby die grysword van berge
waar wit roomys die pieke oordek –
jy het verby die nie-ek gebreek
onder die bloeiende wildevy
soos wanneer die tong ‘n son die sneeu oplek –
uitgestrek op die sy is jy geblus
tot die vormlose vlam van paranirvana
‘n pikwitte maan sonder son of bane
oplaas ontwiel totaal vergaan

Maar maak dit hulle noodwendig Boeddhiste? En maak my liefde en aanhang van Boeddhisme my uitsluitlik ‘n Boeddhis? Want sien, ek behoort (soos bogenoemde twee ook) amptelik tot geen Boeddhistiese skool nie. Net soos hulle is ek wel ‘n aanhanger van Boeddhisme, veral Zen, maar is nie noodwendig ‘n Boeddhis nie.

Ek meen, ek is net so lief vir Jesus en noem myself gemaklik ‘n navolger van hom. Maar dit beteken nie dat ek myself sien as deel van enige van die tradisionele Christelike kerke nie.

Dit is tog vir my interessant dat meeste Afrikaners nie onderskeid kan tref tussen hulle kultuur en hulle godsdiens nie. Net soos my gespreksgenoot wat sterk voel ek verraai my eie mense omdat ek nie ‘n Christen is nie.

Hy werk met die aanname dat ‘n Afrikaner iemand is wat onder meer met Afrikaans as huistaal grootgeword het, maar vir seker ook net Calvinisties is en daarom aan een van die tradisionele Christenkerke moet behoort. Maar is dit so?

Kan iemand soos ek nie Afrikaans praat, lief wees vir Afrika en Zen-Boeddhisme sowel as Christen waardes aanhang nie? En daarmee nog steeds ‘n Afrikaner wees nie? Dalk het die adjunk-president Cyril Ramaphosa ‘n punt beet as hy sê: “Ons identiteit behoort nie deur kleur, taal of stamgroepe bepaal te word nie.” Ek sal wil byvoeg: of godsdiens.

Is dit nie tyd dat ons ons identiteit vind in ons gedeelde menslikheid nie? Geen kategorieë wat ons van mekaar kan skei of onderskei nie. Geen mensgemaakte grense wat ons probeer definieer of begrens nie. Ons is tog verweef in mekaar se menslikheid en bestaan. Ons enigste grens is die bal waarop ons woon: ons almal se enigste woning. ‘n Woning wat ons met mekaar moet deel.

En wanneer Desmond Tutu sê: “My humanity is bound up in yours, for we can only be human together,” dan hoor ek die waarskuwing daarin, dat indien ons nie saam mens kan wees nie, ons mekaar uiteindelik sal vernietig.

Ja, aan die een kant is ons so klein en nietig, so erg dat dit lagwekkend is om te sien hoe belangrik ons onsself en ons grense opneem.

Iets van wat Stephen Hawking probeer sê met: “The human race is just a chemical scum on a moderate-sized planet, orbiting around a very average star in the outer suburb of one among a hundred billion galaxies. We are so insignificant that I can’t believe the whole universe exists for our benefit. That would be like saying that you would disappear if I closed my eyes.”

Maar aan die ander kant is ons weer soveel meer as wat ons ooit kan dink. Dit wat Ralph Waldo Emerson sê met: “Every man is a divinity in disguise, a god playing the fool.” En dat ons lewens se eintlike doel is om dit te ontdek.

Ons is almal saam in die bootjie. Ons is saam deel van hierdie netwerk van lewe. Ons is nie buite of verhewe bo enige ander lewensvorme nie. Ons is Een groot familie. Dit wat Thich Nhat Hanh so baie sê: “We are here to awaken from our illusion of separateness.”

Dat ons moet ophou vaskyk in ons verskille – en ja daar is natuurlik vele verskille – niemand ontken dit nie. Maar daar is veel meer wat ons aan mekaar bind, ons gedeelde identiteit.

John Lennon het dit poëties gestel: “We are all water from different rivers. That’s why it’s so easy to meet. We are all water in this vast, vast ocean. Someday we’ll evaporate together.”

En soveel meer ons verbondenheid aan die menslike spesie. Ek sal wil verklaar dat my eerste verbondenheid is my menslikheid. My tweede verbondenheid is my medemenslikheid en my derde is dat ek eenvoudig ‘n mens is.

En dat ek soos die Bodhisattvas in Boeddhisme (Mahayana) sal verstaan dat ek met deernis en respek moet leef. Nou ‘n Bodhisattva beteken, ‘n "verligte" persoon wat in staat is om nirvana te bereik, maar dit uitstel om sy medemens met deernis te help om minder te ly.

Mag ons mekaar se Bodhisattvas word. En mag ons daardeur die woorde van Shantideva (uit die 8ste eeu) vir mekaar waar maak:

“Mag ek ‘n beskermer wees van hulle sonder beskerming, ‘n gids vir hulle wat op reis is, ‘n boot, ‘n brug vir hulle wat die oorkantste oewer wil bereik.”

Shannon L. Alder: “Before you call yourself a Christian, Buddhist, Muslim, Hindu or any other theology, learn to be human first.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 463 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 1003 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE