Share

Kop & Hart: My mentor, prof. Julian Müller

Tydens my teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria, was my praktiese teologie dosent een van my gunstelinge. Sy naam is prof. Julian Müller.

En ek het nie net by hom geleer van kerklike liturgie en prediking nie. Nee, hy was veel meer as dit, hy was een van my eerste mentors op Universiteit.

Maar dit was eers jare later toe ek as predikant deur my eie woestyn-tydperk van twyfel geworstel het, dat ek die werklike waarde van Prof. Müller in my lewe besef het.

Want sien, behalwe vir die feit dat hy ons as teologiese studente altyd aangemoedig het om vir onsself te dink, het hy ook ons ruimte gegee om foute te kan maak.

En daarom was dit glad nie vir my ‘n skok toe ek ‘n paar jaar gelede in sy boek, Om te mag twyfel die volgende gedeelte lees nie:

“Die God wat ek verloor het, is die teïstiese God. Ek het hom agtergelaat en ek voel verlig, maar tog is ek ook ambivalent daaroor. Enersyds juig ek, want dit is ’n bevryding om nie meer daardie God te hê nie. Andersyds voel ek soos om soos Julian Barnes aan die begin van sy boekNothing to be frightened of te sê: “I don’t believe in God, but I miss him.”

Ek moet sê, was dit nie vir prof. Müller se eerlikheid oor sy eie twyfels en soeke nie, het ek dalk veel langer geworstel met my eie “donker nag van die siel”. Die feit dat hy so eerlik was het my gehelp om nie so alleen en mal te voel nie.

En dit was spesifiek sy verwoording van sy verstaan van God wat my baie gehelp het. “Ek glo nie meer in die God van wat ver, ver anderkant, los van my van buite my vir my loer nie...” En gelukkig het hy nie by sy vertwyfeling gestop nie, deur sy braafheid – en hy was al baie aangevat en selfs verketter deur die jare – het hy sy nuwe verstaan probeer verwoord.

En dit het my gehelp om ook op ‘n nuwe manier na God te kyk, net soos die teoloog Paul Tillich, met “the God beyond God” ook al jare tevore gedoen het. Dit is dan ook by Prof. Müller wat ek die eerste keer bewus geraak het van ‘n panenteïstiese beskouing. Dit beteken in kort: God is in alles en alles is in God maar God is ook meer as alles.

So ‘n siening beweeg weg van ‘n teïstiese voorstelling van God waarmee ek in my Christelike geloof grootgeword het. Maar is ook meer as panteïsme (meestal te vinde in Hindoeïsme) waarvolgens, God alles is.

‘n Panenteïstiese verstaan van God het my gehelp om nog oor die goddelike te kon nadink en selfs soek, sonder om te hoef terugval op die teïstiese verstaan van God.

Presies wat biskop John Selby Spong raak gesê het met: “Theism and God are not the same. Theism is but one human definition of God.”

Prof. Müller noem dit "postteïsme". Maar anders as my paadjie wat my laat uitklim het om sodoende na godsdienstradisies van buite af kyk, het Prof. Müller besluit om van binne sy godsdienstradisie dinge te probeer verander.

En daarom sê hy dan ook dat hy nie ‘n aanval op die Christelike geloof maak nie, nee, hy poog eerder om ‘n nuwe greep op sy Christelike geloof te vind.

Prof. Müller stel dit dan ook baie sterk dat hy verseker nie afstand gedoen het van die Christelike geloof nie – in teendeel hy probeer baie hard om God op ‘n eerlike manier te integreer met post-teïstiese en panenteïstiese begrippe en ervaring van die wêreld.

Hierdeur help hy ook, veral van binne die Christendom, om gelowiges nuut met die Bybel te laat omgaan. Want in wese bly die Bybel vir hom en die wat soos hy dink baie belangrik.

Hulle wil die Bybel herinterpreteer, en nuut en anders verstaan sodat dit ook vir die tyd waarin ons vandag leef nog waarde het. Sodoende word die Bybel weer relevant en kan gelowiges vandag vanuit hierdie ou teks ‘n verrassende proses van herontdekking beleef.

Prof. Müller help dus vele Christene om nuut te dink en nuut te glo, sonder om dit wat vir hulle heilig is, weg te gooi. En hiervoor het ek baie respek vir hom.

En nou ook met sy nuutste boek, Geloof anderkant Sondag: Christenskap met en sonder die kerk, doen hy presies dieselfde. Hy help die al groter wordende groep Christene wat nie meer gelukkig is met die tradisionele voorstelling van God en godsdiens nie, om hulle soeke en geloof sinvol te verwoord.

“Ek hoor die noodkreet van diegene wat nie meer deur die kerk (Christen) aangespreek voel nie, maar wat steeds erns het met hul geloof wil maak...” so skryf prof. Müller. En ek dink hy gaan deur hierdie boek baie van hierdie gelowiges help.

Dit is so verfrissend dat nie net altyd dieselfde paar stemme opklink oor hierdie saak nie. Daarom as iemand vir wie ek soveel respek het hieroor openlik praat is dit vir my so inspirerend.

Hoor net hoe mooi stel hy dit: “Om ’n Sondag-geloof te hê is om jou geloof ten nouste aan kerklike strukture, dogmas en rituele te koppel. Kerklike dogma of leerstukke verwys na geloofswaarhede wat (by sinodes of konsilies) deur die kerk as gesaghebbend of as waar aanvaar word. Dit is mensgemaakte formulerings en formules wat mettertyd die gesag van goddelikheid ontvang. Dié leerstukke vind ook gestalte in kerklike gebruike en rituele. Saam met kerklike strukture bied dié vaste praktyke ’n groot mate van standvastigheid wat die georganiseerde godsdiens vir talle gelowiges baie aantreklik maak. Geloof anderkant Sondag, daarenteen, verwys na ’n nuwe verstaan van geloof wat nie so aan mensgemaakte kerklike strukture en dogma gebonde is nie. Dit staan losser van die kerk en is immer soekend na wat anderkant die kerk lê. In dié geestelike omgewing is daar ’n groeiende skeptisisme oor ’n onkritiese aanhang van die dogmas en gebruike van die kerk. Dit bied ook veel meer ruimte vir onsekerheid en die strydighede van die lewe en die geloof. Om anderkant Sondag te glo bring jou as’t ware in ’n soort niemandsland. Dit lei jou na ’n woestyngebied waar die stutwerk van mensgemaakte godsdiensbeoefening weggeval het of nie meer sin het nie, maar waar daar steeds ’n behoefte aan geloof is. Dit behels veral ook ’n ander begrip van God met ’n groter klem op geestelikheid. Geloof anderkant Sondag is vir my ook terra incognito – onbekende land...”

En hierdie is presies hoe ek prof. Müller vanuit my teologiese studie jare onthou. Eerlik oor sy onsekerhede en twyfels. Eerlik oor dit wat hy nie weet nie. Maar ook braaf genoeg om ‘n nuwe rigting aan te toon en self bereid om voor te loop.

Hoewel elkeen van ons op ’n unieke reis met die goddelike en ons spiritualiteit is, is dit verfrissend om mense soos prof. Müller vanuit die binnekant van die Christendom te hoor praat oor sy geloof. En te weet alhoewel ek dalk ‘n ander pad stap, ek ‘n sielsgenoot in hom het.

Lyk my as iemand eers jou mentor is, verander dit nooit nie. Dankie Prof vir jou rigtinggewende denke. Ek is jou ewig dankbaar!

Julian Müller: “Dit is dalk nie aldag vir ons ewe duidelik presies waarheen ons op pad is nie, maar wat ons wel weet, is dat ons nie weer kan terugkeer na die tradisionele manier van dink, praat en doen nie.”

* Lees hier 'n uittreksel uit Julian Müller se boek, Geloof anderkant Sondag.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 922 votes
No! It's time to move on ...
33% - 447 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.47
+1.4%
Rand - Euro
20.11
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.2%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
962.50
-2.8%
Gold
2,337.08
+0.2%
Silver
27.28
-0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE