Share

Kop & Hart: Wanneer ons eerlik kyk na dit wat ons laat ly

Seker een van die belangrikste leringe van die Boeddha gaan oor vryheid. Hierdie vryheid waarvan hy gepraat het, was natuurlik nie net ‘n politieke vryheid nie, nee, hy het in die eerste plek van bevryding van lyding gepraat. Lyding (dukkha) wat deur woede, haat, wanhoop, jaloesie, verslawing en selfbedrog die mens se vryheid steel.
 
My Zen-leermeester, Thich Nhat Hanh het hierdie lyding as gevolg van die mens se inkoop op bogenoemde emosies so beskrywe: “These mental formations are described by the Buddha as poisons. And as long as these poisons are still in our heart, happiness cannot be possible.”

En het ons nie maar al almal beleef hoe siek iets soos woede of haat, ons kan maak nie. Dis wel asof ons daardeur vergiftig kan word, en dan ook ander daardeur vergiftig.
 
Kyk maar net wat nou in Gasa gebeur tussen Palestyne en Jode. ‘n Siklus van ongekontroleerde haat, woede en vrees wat almal en alles vergiftig.

Net so is jou innerlike wêreld baie vatbaar vir hierdie giftige emosies. Dus om lewensgeluk en innerlike vrede te kan bewerk, in jou eie lewe en in die van mense rondom jou, is dit nodig om jou pyn (fisies of psigies) te transformeer.
 
En ja, natuurlik vertel die samelewing ons dat lewensgeluk eerder te vind is in geld, sekuriteit, mag, roem en status. Maar enigiemand wat eerlik genoeg hierdie aanname sou ondersoek, sal moet erken dat die sogenaamd rykes en beroemdes nie noodwendig gelukkiger is as die res van ons nie.
 
Dalk is die teendeel eerder waar. Kyk maar net na die hoë getal bekendes en rykes wat sukkel met verslawing, destruktiewe gedrag en selfs selfmoord. Maar steeds bly meeste mense lewensgeluk en vrede soek buite hulleself, al is die waarheid dat dit net binne te vinde is.
 
Ek meen van die gelukkigste mense wat ek ken is glad nie welgesteld, bekend of selfs gelowig nie. Dit is mense wat nie buite hulle – in dinge, goeters of plekke – vrede soek nie.
 
Thich Nhat Hanh verduidelik dit soos volg: “In order to be free from anger, we have to practice, to transform the craving, anger and confusion within us, whether we are Christian, Muslim, Buddhist, Hindu or Jewish.”

Want is dit nie maar so nie, dat ongeag wat jy het of waarin jy glo, elke mens self verantwoordelikheid moet neem vir dit wat in sy of haar binne-wêreld aangaan.
 
Ons binne-wêreld
 
Binne elke mens se bewussyn is daar blokkasies van pyn, woede en frustrasies. Anders genoem: emosionele knope. Knope genoem omdat dit ‘n mens letterlik vasbind en innerlike vryheid wegneem. Kom ek illustreer dit vinnig. Wanneer iemand jou misken of benadeel in iets, vorm jy ‘n innerlike reaksie teen so ‘n persoon. En as jy nie baie vinnig iets daaraan doen nie, word dit ‘n innerlike knoop.
 
En dan wanneer jy eendag (selfs jare later) weer die persoon raakloop, dan borrel al daai onverwerkte emosies dadelik na bo. Of wanneer iemand anders iets sou sê of doen wat jou herinner aan die onverwerkte pyn, word die knoop al stywer getrek.
 
Seker daarom dat die Sanskrit woord vir innerlike knope, samyojana, letterlik vertaal kan word met “iets uit te kristalliseer.” Want innerlike onverwerkte emosie kristalliseer uit in een of ander gedrag. Soos die sielkundige Carl Gustav Jung dan ook sê: “When an inner situation is not made conscious, it appears outside as fate.”
 
Natuurlik is nie alle innerlike knope weens negatiewe of pynlike situasies nie. Baie mense se innerlike knope is weens ‘n inkoop op plesier en genot.
 
Want wanneer iemand iets intens genotvol ervaar, kan dit ook ‘n baie sterk emosionele knoop word en sodoende baie lyding veroorsaak.
 
Want enige iets wat jou vryheid laat inboet, sit jou in ‘n tronk. Maak jou ‘n slaaf. Bind jou vas. Want wanneer die objek of persoon wat die intense genot bring nie meer daar is nie, begin die obsessiewe en pynlike soektog daarna ‘n mens se lewe oorneem.
 
Dink maar net hoe enige verslawing ál iemand se tyd, energie en geld kan steel. Want die persoon moet eenvoudig net weer daai intense ervaring beleef, meestal ten koste van sy eie gesondheid en verhoudings. Want sien innerlike knope bind jou, sleep jou saam en neem jou totaal gevange. En of dit sukses, erkenning, drank, dwelms, seks of dobbel is, die punt is, jy is nie meer vry nie.
 
Hoor hoe omskrywe Thich Nhat Hanh dit: “Pleasant or unpleasant, both kinds of knots take away our liberty. That is why we should guard our body and our mind very carefully, to prevent these knots from taking root in us. Drugs, alcohol and tobacco can create internal formations in our body. And anger, craving, jealousy, despair can create internal formations in our mind.”
 
En ons almal het een of ander innerlike knoop. Die geheim is om dit te besef en dit met eerlikheid te kan benader. En ek weet nie van enige meer effektiewe metode as die “mindfulness”-meditasie waarvan Boeddha geleer het nie.
 
Hoe om te ontknoop
 
Woede is een van die mees destruktiewe innerlike knope wat ‘n mens se lewe kan vasbind aan lyding. En daarom is dit een van die grootste redes tot menslike lyding.
 
Daarom seker dat soveel tegnieke gegee word om te help om hierdie knope te kan ontknoop.

Baie keer sal mense se raad wees dat die beste manier om van woede ontslae te raak, is om uiting daaraan te gee; om dit sodoende uit jou sisteem te kry.
 
Maar dit werk selde om aan die buitekant iets te doen, om iets aan die binnekant te kan regkry. Want woede is ‘n innerlike knoop, en om uiterlik ‘n kussing te slaan of iets te skop of selfs buitetoe te gaan en in jou hande te skree, kan nie regtig op die langtermyn werk nie.
 
Want in wese is jy besig om jou woede-optrede te repeteer; jouself op te lei in aggressie. Want hoe kan jy dan van jouself verwag om anders op te tree volgende keer wanneer iets of iemand jou kwaad maak, jy’t dan geoefen om te skop of te slaan.
 
‘n Veel beter en sinvoller ontknopingstegniek is, wat Thich Nhat Hanh noem: “...our approach is to generate the energy of mindfulness and embrace anger every time it manifests.”
 
“Mindfulness” of bewustelikheid, beveg juis nié woede of enige ander innerlike knoop nie. Nee, dit erken die bestaan en teenwoordigheid daarvan.
 
Carl Jung se bekende woorde hieroor is juis: “Your vision will become clear only when you can look into your own heart. Who looks outside, dreams; who looks inside, awakes.”
 
Dus: die eerste stap tot effektiewe ontknoping is om te kan erken jy’t ‘n innerlike knoop. Om bewustelik, in die hier en nou, jou emosionele binding waar te neem. “Breathing in, I know that anger has manifested in me; breathing out, I smile towards my anger. This is not an act of suppression or of fighting. It is an act of recognizing. Once we recognize our anger, we embrace it with a lot of awareness, a lot of tenderness,” so verwoord Thich Nhat Hanh dit.
 
Ontknoping kan net in die lig van bewustelike aandag gebeur. “Mindfulness” of bewustelikheid is daarom so ‘n belangrike deel van innerlike heling.
 
Die beste definisie vir “mindfulness”, is die van bekende meditasie leermeester, Jon Kabat-Zinn. Hy is die stigter van “The Mindfulness-Based Stress Reduction program” van die Universiteit van Massachusetts se mediese fakulteit. Hoor hoe stel hy dit: “Mindfulness is the capacity of being aware of what is going on in the present moment, and it means paying attention in a particular way; on purpose, in the present moment, and nonjudgmentally.”
 
Daarom is die effektiefste manier tot ontknoping om, byvoorbeeld, woede-knope binne jou nie te probeer beveg, te ontken, of om skuld te verplaas nie. Nee, dit moet eenvoudig net raakgesien word en met deernis aangeraak word.
 
Thich Nhat Hanh gebruik ‘n baie mooi voorbeeld om die proses te verduidelik: “Imagine a mother getting angry with her baby and hitting him when he cries. That mother does not know that she and her baby are one. We are mothers of our anger and we have to help our baby, our anger, not fight and destroy it. Our anger is us and our compassion is also us. To meditate does not mean to fight.”
 
In die praktyk beteken dit juis dat deur bewustelike meditasie, jy jou innerlike wêreld omarm en transformeer, en nie beveg nie.
 
Transformasie
 
“To grow the tree of enlightenment, we must make good use of our afflictions, our suffering. It is like growing lotus flowers; we cannot grow a lotus without mud,” sê Thich Nhat Hanh.
 
Juis daarom is dit so belangrik om te besef dat die tweede stap, ná die erkenning en bewuswording van jou innerlike knope, is om dit nie te beveg nie. Dit is veel eerder om te aanvaar dat die “modder” die potensiaal het om jou te laat groei. Meestal is dit jou pyn wat jou beste leermeesters is. En om dit te verstaan, maak dat jy sagter met jouself werk; om na jouself te kyk met deernis.
 
Om nie jouself te veroordeel, te verdoem of te haat nie. Nee, om eerder te verstaan dat net liefde meer liefde kan bewerkstellig. En dat haat, vrees en veroordeling meer van dieselfde in jouself na vore sal bring. Hierop sê Thich Nhat Hanh: “If you don’t know how to treat yourself with compassion, how can you treat another person with compassion?” Want is dit nie presies die punt nie.
 
Bewustelike aandag bring meer deernis, sagtheid en liefde in jouself na vore. En dit vloei dan uit na ander. Jy kan tog net gee en wees wat jy self het en is. En die ironie is, jy is reeds wat jy hoop om te word. “All the suffering, stress, and addiction comes from not realizing you already are what you are looking for,” sê Jon Kabat-Zinn.
 
Om dus wakker te word vir jouself, in hierdie oomblik, om wakker te word vir wie jy reeds is. Nie jou ego-storie, wat in essensie op jou innerlike knope neerkom nie. Jy is die een wat meer is as dit waaraan jy jouself deur die jare vasgebind het.
 
Dit vra natuurlik van jou om braaf te wees. Om vreesloos jou innerlike knope te erken, te aanvaar en dan, sonder veroordeling, dit eenvoudig los te knoop.
 
Dit wat die Amerikaanse Tibetaanse Boeddhis Pema Chödrön dalk beter stel: “The most fundamental aggression to ourselves, the most fundamental harm we can do to ourselves, is to remain ignorant by not having the courage and the respect to look at ourselves honestly and gently.”
 
Ek wil afsluit met ‘n navorsingstudie (“How do we develop and practice self-compassion?”) wat gedoen is by die Universiteit van Texas in Austin. Prof. Kristin Neff, die studie-leier, het die volgende bevind: "... self-compassion has three elements: self-kindness, common humanity, and mindfulness. Self-kindness: Being warm and understanding toward ourselves when we suffer, fail, or feel inadequate, rather than ignoring our pain or flagellating ourselves with self-criticism.

"Common humanity: Common humanity recognizes that suffering and feelings of personal inadequacy are part of the shared human experience – something we all go through rather than something that happens to 'me' alone.

Mindfulness: Taking a balanced approach to negative emotions so that feelings are neither suppressed nor exaggerated. We cannot ignore our pain and feel compassion for it at the same time. Mindfulness requires that we not 'over-identify' with thoughts and feelings, so that we are caught up and swept away by negativity.’"
 
Hierdie studie wys dan ook dat innerlike bevryding van lyding moontlik is, vir die wat bereid is om bewustelik na binne te gaan, en wat met deernis transformeer wat hulle daar vind.
 
Seker daarom dat Carl Jung die lewe se doel opgesom het met: “The goal of life is the realization of the self.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
50% - 129 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
50% - 127 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.2%
Rand - Pound
23.77
-0.3%
Rand - Euro
20.51
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
920.70
-1.1%
Palladium
1,004.00
-1.1%
Gold
2,299.85
-1.2%
Silver
26.82
-1.3%
Brent-ruolie
87.00
-0.3%
Top 40
67,775
+0.4%
All Share
73,721
+0.2%
Resource 10
59,062
-3.1%
Industrial 25
102,713
+1.6%
Financial 15
15,811
+1.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE