Share

Kop & Hart: Wat sê jóú Orakel?

Bokant die ingang van die temple van Apollo in Delfi, waar die heilige Orakel geleë is, staan groot geskrywe: Gnothi Seauton (wat vertaal word met: Ken jouself).

In antieke Griekeland het die mense die Orakel besoek met groot verwagting. Want daar was geglo dat die Orakel enige vraag kon beantwoord en enige probleem kon help oplos.

Mense het daarheen gestroom, maar heel waarskynlik het die meeste van hierdie besoekers nie veel aandag aan die woorde bokant die ingang gegee nie.

Hulle was so gretig en angstig om by die Orakel uit te kom, dat hulle die grootste waarheid – reg voor hulle oë – misgekyk het.

Is dit nie maar vandag nog die geval nie?

Mense is so gretig om antwoorde by ander sogenaamde kenners, spesialiste, selfhelp-boeke, selfs in die tegnologie te soek – dat hulle selde die waarheid reg voor hulle oë kan raaksien.

En die waarheid is: Ken jouself.

Wat hierdie woorde natuurlik impliseer is dat voordat jy enige lewensvraag, probleem of enige dieper insig kan verwerf, jy eers die belangrikste vraag van almal moet beantwoord: Wie is ek?

En hierdie vraag kan net jy beantwoord. En soos in die geval van die Orakel in Delfi, moet ‘n mens baie versigtig wees vir enige sogenaamde "antwoorde" op die vraag wat namens jou gegee word.

‘n Mens moet daarom só lugtig wees vir enigiemand wat vir jou antwoorde belowe. Want niemand kan jou sê wie jy is nie, net jy self kan dit doen.

En ja, daar is baie sogenaamde Orakels wat met beloftes van kits-antwoorde te koop loop. Die hartseer werklikheid is egter, dat die oomblik wat jy jou vertroue op so ‘n "Orakel", oplossing, idee, ideologie, godsdiens, persoon, ensomeer buite jouself plaas, jy daarmee saam ook jou vryheid en innerlike wysheid verloor.

Jy verstil daarmee jou eie stem en word afhanklik – selfs ‘n slaaf – van iets of iemand anders se wil en waarheid.

Soos Anthony de Mello (die bekende Jesuït en spirituele begeleier) op ‘n keer gesê het: “Who’s living in you? It’s pretty horrifying when you come to know that. You think you are free, but there is probably not a gesture, a thought, an emotion, an attitude, a belief in you that isn’t from someone else. Isn’t that horrible?”

Beteken dit dan dat niemand of niks vir jou kan help of bystaan op jou reis na jouself nie?

Wel, kom ek stel dit so: ‘n Goeie leermeester kan wel van onskatbare waarde wees. Maar so ‘n leermeester sal slegs van waarde wees as jy vooraf besef dat hy of sy verseker nie ‘n Orakel is nie. Hulle is op die meeste net ‘n rigtingwyser.

‘n Mooi Boeddhistiese waarheid som dit so op: “When the student is ready, the teacher will appear.” Want die realiteit van die saak is dat meeste van ons blind is vir ons ego se misleiding. En daarom is iemand wat dit kan uitwys wel van onskatbare waarde.

Ek onthou so goed, die dag toe ek na ‘n lang meditasie-sessie baie trots by die Zen leermeester my goddelike insigte gaan verklaar het. Hy het geduldig na my geluister en sonder enige emosie vir my gesê: “I see, it’s nice to experience that ... now remember to return to your breathing.” En daarmee het hy my spirituele ego ontmasker en ek is bevry en kon verder groei.

Dit is die rol van ‘n goeie leermeester. Want sonder so ‘n hulp verval ‘n mens maklik binne ‘n eindelose, misleidende binne-gesprek. Seker daarom dat Eckhart Tolle sê dat die probleem van ons tyd is: “The human condition: Lost in thought.”

‘n Goeie leermeester is dus een wat jou kan help om jou eie waarheid te herontdek. Hierteenoor is ‘n slegte leermeesters een wat sy of haar eie ego-waarheid en sekerhede aan jou probeer verkoop of opdring.

En één so ‘n "sekere" wat sogenaamd "weet" kan meer skade aanrig as ‘n honderd booswigte saam.

Want op jou innerlike reis na selfontdekking, kan dit baie verblindend wees as jy inkoop op die sekerhede van die sogenaamde sekeres.

Daarom is dit so belangrik om te onthou dat wanneer enigiemand op jou pad kom met beloftes van sekerheid, gaan jy essensieel jou ontdekking van jou ware self baie skade aandoen.

Seker daarom dat die negende-eeuse Boeddhistiese meester Lin Chi vir sy volgelinge gesê het: “If you meet the Buddha on the road, kill him.”

Ek het dit al in my eie lewe gevind dat die kere wanneer ek persoonlike deurbrake beleef, dit elke keer voorafgegaan is deur tye van twyfel en onsekerheid. En tye waar ek self moes worstel met my twyfel-vrae.

Daarom is ‘n wyse leermeester iemand wat nie jou twyfel probeer wegvat nie, nee eerder jou help wakker word vir dit wat reeds teenwoordig binne jou is.

My Zen leermeester Thich Nhat Hanh se laaste woorde aan my was: “Abel, you are already what you want to become!” Toe kon ek dit nie verstaan nie, maar vandag weet ek dat hy daardeur my wou herinner aan my ware self, dit is nou die self sonder die ego.

“A true teacher does not have anything to teach in the conventional sense of the word, does not have anything to give or add to you, such as new information, beliefs, or rules of conduct. The only function of such a teacher is to help you remove that which separates you from the truth of who you already are and what you already know in the depth of your being. The spiritual teacher is there to uncover and reveal to you that dimension of inner depth that is also peace.” So beskryf Eckhart Tolle dit.

‘n Goeie leermeester kan natuurlik enigiemand wees, dit hoef verseker nie net een of ander spirituele leermeester te wees nie. Enigiemand of iets kan in ‘n oomblik jou help om verby jou eie selfbedrog te sien.

Juis dit maak dit so belangrik om altyd oop en bewustelik te leef. Want jy weet nooit wanneer ‘n situasie, persoon, dier of gebeure jou iets van jouself kan onthul, waarvoor jy dalk blind geword het nie. Dit kan insluit troeteldiere – wat ‘n bewustheid kan gee van wat dit beteken om in die nou te leef. Seker daarom dat Eckhart Tolle sê: “I have lived with several Zen masters, all of them cats.”

Hierdie ontdekkingsreis na jouself, is ‘n baie persoonlike reis. Maar nie noodwendig in isolasie nie. Nee, ons is "interconnected" en bestaan in verhouding met ander, relatief aan ander. Sonder hierdie bewustheid dat jou lewe  deel is van ‘n groter netwerk nie, kan die afgesonderde "ek" maklik laat verval in ‘n doellose sirkelgesprek.

Seker daarom dat die Romeinse keiser en filosoof Marcus Aurelius Antonius (121-179 nC) hiervan gesê het dat wanneer mense hulself soek maak hulle gewoonlik die fout deur hulle self af te sonder iewers op ‘n stil plek weg van ander. Hy sê: “Dit is so onsinnig, want jy kan tog enige tyd toevlug neem in jouself.”

Lao Tzu stem hiermee saam met: “The farther you go, the less you know.” Dit blyk dus duidelik dat wanneer ons eerlik, teenwoordig en egoloos wil lewe, die beste plek om te begin is in die hier en nou. Binne jou huidige omstandighede. Binne die oog van die storm.

Dit is asof ons elke dag omstandighede en die mense daarin, meestal die helderste spieël vir ons kan ophou. ‘n Spieël wat jouself vir jouself onthul. ‘n Spieël wat jou kan wys dat jy veel meer wysheid het as wat jy ooit vermoed het. Dat jy veel meer is as wat jy vertel is.

Al wat nodig is, is vir jou om wakker te word in die hier en nou. Om jouself weer in die oë te kyk. Om jou lewe in die oë te kyk.

Dan sal jy besef dat jou elke dag lewe in der waarheid jou tempel is. En bokant hierdie tempel se ingang, staan groot geskrywe: Gnothi Seauton.

Gaan nou met ‘n verwagting, oop oë en ‘n vreeslose hart elke dag tegemoet. Sê ja vir die lewe, sê ja vir die ontdekkingstog, die avontuur!

En maak Eckhart Tolle se woorde jou daaglikse rigtingwyser: “Always say ‘yes’ to the present moment. Surrender to what is. Say ‘yes’ to life – and see how life suddenly starts working for you rather than against you.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 922 votes
No! It's time to move on ...
33% - 447 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.47
+1.4%
Rand - Euro
20.11
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.2%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
962.50
-2.8%
Gold
2,337.08
+0.2%
Silver
27.28
-0.6%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE