Share

Kop & Hart: ‘n Onsekere se idees

“Goeienaand. My naam is Abel Pienaar en julle hoef nie ‘n woord te glo wat ek sê nie.” Na hierdie aanvangswoorde volg daar ‘n verstaanbare ongemaklike stilte totdat iemand die stilte verbreek met ‘n senuweeagtige laggie. Nou is daar meer mense wat openlik frons, party stamp aan mekaar en daar is selfs ‘n paar wat sinies fluister: “Wat anders, hy is dan agnosties.”

“Ek het universiteit toe gegaan om teologie te studeer, maar toe ontmoet ek Sokrates. En dit was veral sy woorde, ‘An unexamined life is not worth living’ wat my by ‘n draaipunt in my lewe gebring het,” gaan ek voort asof niks gebeur het nie.

“Dit het vir my die sleutel geword tot die ontdekkingsreis na wysheid. ‘n Konstante herinnering aan die oop gesprek en dit wat bekend staan as die Sokratiese ‘tweede refleksie’: dat geen antwoord ooit ‘n finale antwoord is nie.”

Teen dié tyd het die gehoor rustiger geword en fokus hulle weer op wat ek sê. “Is dit nie ironies nie, dat dit juis mense se sekerhede is wat die wêreld beroof van vrede en harmonie, eerder as hulle onsekerhede en vertwyfeling. Juis daarom is ek ‘n groot kampvegter vir kritiese denke, integrasie van ou verstaan en nuwe verstaan, maar ook dat dit binne ‘n oop soekende ruimte moet plaasvind ... ‘n ruimte waar ons nie probeer oortuig nie, maar waar ons met respek vir mekaar, saam ontdek en skep.”

‘n Vrou wat in die voorste ry sit en notas neem, steek haar hand op. Ek stop my aanbieding en beweeg na haar kant toe. Ek knik vir haar om voort te gaan.

“Ekskuus vir die onderbreking, maar wat bedoel jy met soekende ruimtes?” en net so vinnig as wat sy opgestaan het gaan sit sy weer.

“Wel,” begin ek en loop weer terug na die middel van die vertrek, “wat ek met soekende ruimtes bedoel, is dat daar orals groepe mense is wat hulle eie sekerheids-konstruksies doelbewus bevraagteken, dit kom veral onder wetenskaplikes en filosowe voor. Maar ek merk gelukkig ook op dat daar al hoe meer gewone mense is wat ook vryer begin dink. Noem hulle gerus ‘n nuwe generasie van vrydenkers; mense vir wie die beginsels van onsekerheid, eerlikheid, kreatiwiteit, respek, kritiese denke, oop soeke, nederigheid en verdraagsaamheid meer belangrik is as vaste en sekere geloofsbelydenisse.”

‘n Jong student in die agterbanke trek my aandag: “...baie van ons probeer die lewe as ‘n avontuur met baie oop moontlikhede sien, maar ongelukkig kruip die meerderheid mense nog weg agter hulle ou sekerhede waarmee hulle grootgeword het, al is die vervaldatum duidelik sigbaar!” Sy opmerking word dadelik met ‘n handeklap en gefluit van sy vriende begroet.

“Ja, jy is reg, die versoeking om op vaste grond te staan is vir baie mense onweerstaanbaar. Veral as dit kom by watter geloof is volgens hulle reg en watter een is verkeerd. Die Duitse filosoof Immanuel Kant het juis aangevoer dat die sekerhede waarmee gelowiges sowel as ongelowiges werk nie eerlik is nie. Want wanneer daar oor God gedink word, bestaan daar tog geen werklike sekerhede nie: ‘We could neither prove nor disprove God’s existence, because we had no reliable means of verification’.

"Daarom is dit so nodig dat selfs in iets soos wat jy glo van God, jy eerder met onsekerheid sal werk as sekerheid.”

‘n Gryskopman staan op en met ‘n helder stem verklaar hy: “Ek is ‘n ateïs, en skaar my by denkers soos Richard Dawkins en Christopher Hitchens, want hulle praat vanuit logika. En dit maak vir my logies sin dat daar geen God is nie!”

“Ek het ook groot waardering vir die moderne ateïste en hulle waardevolle dekonstruksie van sogenaamde godsdienstige sekerhede. Hulle het my al baie gehelp met my eie dekonstruksie van teïsme, deïsme en ander -ismes,” begin ek en kyk reguit vir die gryskopman.

“Maar, ek is ook nie oortuig van die sekerhede waarmee hulle, en ook jý, werk nie,” die gryskopman bly sit, maar skud sy kop.

Ek gaan voort: “En in julle styl en aanslag is julle ongelukkig net so onverdraagsaam en fundamentalisties soos die gelowiges wat julle teenstaan. Dit polariseer eerder die wêreld en daarmee verhoed dit oop en eerlike soeke.”

Ek loop weer terug na die middel van die vertrek. “Ek is eerder iemand wat vanuit my liefde vir filosofie hierdie saak wil benader as iemand wat godsdiens, in watter vorm ook al, haat. Dit gesê, dit is vir my ononderhandelbaar dat ek met my verstand aangeskakel alles wil ondersoek en bevraagteken. Ek wil op verbeeldingryke wyse ook my eie spiritualiteit ontwikkel en beoefen – natuurlik op maniere wat in lyn is met my post-moderne insigte en waarnemings...”

Die vrou wat in die voorste ry sit steek weer haar hand op. “Ekskuus, maar wat bedoel jy met spiritualiteit?”

“Eenvoudig gestel, is spiritualiteit vir my die soeke na sin in die hier en nou.” Die vrou glimlag instemmend en skryf dan iets in haar notaboekie.

Ek gaan dan voort: “Dit beteken dat ek self verantwoordelikheid wil neem vir my tyd hier op aarde. Ek wil eerlik en sonder skuldgevoelens lag, huil, lewe en laat lewe. Ek wil in eietydse taal twyfel en wonder oor die goddelike, sin en die lewe.”

“Moet ons nie dan eerder die woord ‘godsdiens’ vervang met ‘spiritualiteit’ nie?” sê-vra ‘n vrou in haar middel-dertigs, sonder om op te staan.

“Ja,” sê ek terwyl ek na haar kant van die vertrek beweeg. “Dit beteken vir my dat ons tog kan luister en leer by almal, sonder uitsluiting, van die verskillende godsdienste, filosofieë, kunste tot by die wetenskappe, alles is vir my deel van spiritualiteit.”

Die gryskopman laat weer van hom hoor, “Hoekom bly jy dan van God praat? Dit is tog duidelik dat jy nie meer van God praat soos wat meeste gelowiges dit verstaan nie.”

“Jy is reg,” antwoord ek en kyk weer reguit na die gryskopman. “Ek voel net soos Biskop John Selby Spong, dat ek ook nie meer aan God dink as ‘n teïstiese wese nie. So ‘n verstaan van God, is vir my uitgedien. Spong se presiese woorde is: ‘I dismiss the supernatural, external God of theism. Theism and God are not the same. Theism is but one human definition of God.”

“Maar wanneer ek die term ‘God’ gebruik,” en ek beweeg nader aan waar die gryskopman sit, “...is dit om na die goddelike te verwys. Om tog ‘n aanknopingspunt te vind. Ek dink daar is nog soveel wat ons rondom die goddelike kan ontdek en bedink. Daarom ook dat ek geen probleem het om van die mistieke tradisies (onder meer die Christelik-gnostiese, die Soefi’s van Islam ensovoorts) en Zen-Boeddhisme, sowel as die wetenskap, filosofie, sosiologie, kunste en bewussynsielkunde, gebruik te maak nie.

"Elkeen is vir my ‘n voertuig wat gebruik kan word in my soektog na sin en lewenswysheid. Daarom dat ek so baie hou van die integrale benadering van byvoorbeeld die Amerikaanse filosoof Ken Wilber en andere...”

Ek draai na die man, in sy vroeë vyftigs, met sy hand nou al ‘n geruime tyd in die lug. Hy staan stadig op as hy sien ek kom nader, maak dan keelskoon en sê: “Verstaan ek jou reg as ek sê dat jy as ‘n agnostikus sê dat daar geen sekerheid oor God kan wees nie ... en dat jy eintlik niks weet nie. So dan het jy ook niks om vir ons te sê nie!” Sy woorde word met ‘n luide handeklap begroet vanuit ‘n middelste deel van die gehoor.

Ek wag tot die groep se handeklap bedaar en antwoord dan: “Dit is wel so dat ek my skaar by vrydenkers wat met onsekerheid werk eerder as met sekerheid. Maar dit beteken nie dat ek opinieloos of sonder ‘n waardesisteem is nie. Ek werk met ‘n duidelike wysheidsbeginsel van oop, eerlike en kritiese selfdenke. En hiermee saam beskou ek nederigheid en respek as baie belangrike rigtingwysers in my soeke. Ek is egter ‘n postmoderne mens wat werk met kompleksiteit en konteks. En dit bring mee dat ek altyd eerlik en verdraagsaam probeer wees, ook nou hier by julle. Ek gee daarom nie voor dat ek namens ‘n God praat of dat ek al die antwoorde het nie. Die teendeel is eerder waar, ek sê reguit ek weet nie. En dat ek saam met julle wil soek en ontdek.”

Iemand uit die middel groep roep uit: “Ek weet wie God is, ek hoef nie te soek nie!” Weer word dit begroet met luide handeklap, maar iewers vanuit die agterste deel van die gehoor boo iemand.

Ek wag tot die gehoor bedaar het, en antwoord dan: “Op die ou einde is al wat ons van God weet menslike idees, vertellings, prentjies en konstrukte. En per definisie verander dit soos daar meer ontdek, gevind en bevind word. Daarom my pleidooi dat daar net werklike vordering sal wees wanneer mense sal besef hulle mag eietyds dink oor God en die goddelike. Dat die onsekerheidsbeginsel hulle meer kan help as wat hulle besef. Want in wese is elke godsdiens en wysheidstradisie slegs maar ‘n klein stukkie van die legkaart. Saam kan die groter prentjie gesien word. Ek meen die Islam se toegewydheid, die Christendom se barmhartigheid en die Boeddhisme se deernis kan mekaar en die wêreld soveel meer verryk as verarm.”

Die gehoor is nou doodstil. Ek beweeg stadig na die middel van die vertrek en maak gereed om af te sluit. “Ons leef in hierdie wêreld, en ons leef nou. Ons streef om sin aan ons bestaan te gee deur ‘n eietydse spiritualiteit; een wat oop, krities-waarderend en saamwerkend is. As jou sekerhede jou nie toelaat om voluit ‘ja’ vir die lewe te kan sê nie, is jy dan eintlik besig om ‘nee’ vir die lewe te sê. En indien jou geloofsekerheid jou op enige manier verhinder om liefde en geregtigheid in die gewone wêreld te beoefen, en jou ook weerhou om jou kreatiwiteit as mens ten volle uit te leef ... dan is jou geloofsekerheid iets negatiefs en afbrekend. Geloof moet juis heeltyd jou bestaande orde uitdaag."

Ek sluit af met die woorde van William Strunk: "A person who does not have the courage to doubt may not acquire the wisdom to believe," en hiermee saam:

"My naam is Abel Pienaar en julle hoef nie ‘n woord te glo wat ek gesê het nie."


** BESPREEK NOU JOU PLEK! **

RENAISSANCE OGGENDKONFERENSIE:


“BUITE-KERKLIK maar nog GELOWIG”
Saterdagoggend, 4 Oktober


om 8:30-13:00, Safari Konferensie Sentrum in Lynnwoodweg.


Met verskeie sprekers wat elkeen op hulle gebied voor denkers is:


Prof. Julian Müller, Prof. Cornel du Toit, Dr. Abel Pienaar, Dr. Flip Schutte, Dr. Piet Muller & Ds. Jaco Strydom.


Al hoe meer mense is besig om weg te beweeg van ‘n tradisionele verstaan van geloof. Hierdie groter wordende groep mense is nie meer bang om ruimte te maak vir hulle en ander se twyfels en soeke na antwoorde nie. Hulle ag die vrye vloei van inligting en toegang tot verskillende idees – ook vanuit die wetenskap en filosofie – baie hoog. Maar self belangriker nog as dit, is die vryheid om SELF te kan besluit, sonder sensuur, hoe hulle hul geloof wil vertolk en uitleef.


Kom luister saam en neem deel aan die paneelgesprek.


Koste: R190 per persoon (sluit verversings in)
Kontak Cecile Kotze: 0825501066 of 

cecilejcoetzee@gmail.com








We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 714 votes
No! It's time to move on ...
33% - 355 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
929.30
+0.4%
Palladium
990.00
-0.1%
Gold
2,346.58
+0.6%
Silver
27.71
+1.0%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,018
+0.9%
All Share
74,927
+0.8%
Resource 10
62,838
+1.2%
Industrial 25
103,621
+1.1%
Financial 15
15,820
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE