Share

Noumaartoe: Hoe ver strek goedhartigheid?

Kapings het al amper net so deel van ons daaglikse bestaan geword as asemhaal.  Kapings wat skeefloop (vreemde begrip), soos onlangs met ‘n onskuldige vierjarige seuntjie gebeur het, is amper net so deel van nuusgebeure.

Om dié rede is motoriste vir dekades reeds hier te lande huiwerig om vir rylopers, stappers of groepe mense langs die pad stil te hou en ‘n geleentheid te gee waarheen ookal.  Sus kyk die kat goed uit die boom voor sy sondermeer stilhou. Soms ry sy eers verby, voel dan skuldig en draai om om vir ‘n vrou en twee of meer kleingoed op te laai.  Sus hou makliker stil vir die werkers van ‘n groot winkelsentrum wat teen skemeraand in die reën staan in die hoop dat iemand goedhartig genoeg sal wees om hulle tuis te besorg.  Steeds net die vroue in winkeluniform.

Baie waarsku dat ons dit nie behoort te doen nie.

 ‘n Kennis van Sus – kom ons noem hom Herkie – weier  99% van die kere op sy rit van sowat 30km werk toe om stil te hou, juis oor die misdaadgeskiedenis in ons land.  

Met die koue en reën verlede week kry sy goedhartigheid egter een oggend die oorhand. Hy ry eers verby ‘n man wat langs die pad staan en duimgooi, maar besluit toe tog om af te trek en stil te hou.  ‘n Blanke man* van sowat 30 jaar, netjies aangetrek, stap nader en klim in. Hy is glo onderweg na Vredenburg.

Herkie doen soggens sy beplanning terwyl hy werk toe ry en luister dus met ‘n halwe oor na die man se storie.  Die man is glo werkloos, woon in ‘n kamertjie saam met sy ma en sy verloofde – wat ook nie werk nie.  Hy huur glo die kamertjie van ‘n bruinman en die huur is reeds agter. Hy vertel hy verdien daagliks ‘n paar rand deur motors te was en allerlei “odd jobs” te doen om die huurgeld en ‘n brood te kan bekostig.

Net voor Vredenburg sê die man hy wil eintlik in Saldanha wees.  Hy het by iemand gehoor daar is ‘n gastehuis wat op soek is na iemand wat ‘n "handyman" nodig het.  Geen probleem, sê Herkie wat vir ‘n vergadering daarheen op pad is.

Herkie draai normaalweg by die nywerheidsgebied oorkant die Weskus-Mall af, maar hou verby. Hy hoor so met die een oor dat die man tevrede sal wees met sowat R200, "net om die agterstallige huur op datum te bring.”

Herkie se oorblywende 1% goedhartigheid groei eksponensieel en op die ingewing van die oomblik besluit hy om terug te draai na sy werkswinkel. Hy het genoeg tyd toegelaat en sal steeds betyds wees vir sy vergadering.

“Vandag is jou gelukkige dag,” sê hy vir die werklose man. “Jy kan vir my kom werk.  Jy kan my span help, met hul take ondersteun en ook die stoor skoonhou. Daarvoor sal ek vir jou die minimum dagloon daagliks in kontant betaal sodat jy saans iets op die tafel kan sit.  Ek sal ook reël dat jy bedags saam met een van my manne by die werk kom.”

Die passasier is skielik stil. Herkie meen dit is van pure oorstelptheid.

“Dit is darem nou vinnig op my.”

Herkie se nek ruk na links.

“Dit is nou baie moeilik vir my,” gaan die werklose passasier voort.  “My ma en verloofde gaan bekommerd wees as ek nie binnekort terug is by die kamertjie nie.  Ek het net R200 nodig.  Het jy nie ‘n kaartjie nie, dan bel ek jou volgende week?”

Op daardie oomblik vererg Herkie hom dat sy bloed behoorlik kook.

Hy slaan sy bakkie se remme aan. Die bande skree en ‘n rubberreuk hang in die lug toe hy van die pad aftrek.

“Klim uit en kry jou pad!” beveel hy die man in baie krasser taal as wat Sus nou hier gebruik.

‘n Mens kan ‘n perd tot by die water bring, maar hom nie dwing om te drink nie.

Weskussers, wees dus op die uitkyk en wees gewaarsku.  Die wêreld is deesdae vol mense wat nie wïl werk nie.

Selfs goedhartigheid het sy perke.

Nou maar toe.

•    Blanke man – Sus wil lesers hier aan die Weskus bewus maak van die man, daarom die verwysing na sy etnisiteit.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1039 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1111 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.1%
Rand - Pound
23.96
-0.1%
Rand - Euro
20.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
910.40
-0.2%
Palladium
998.50
-0.7%
Gold
2,313.99
-0.1%
Silver
27.09
-0.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,573
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,836
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE