Share

Noumaartoe: Moets en moenies - toeka tot nou

Die moets en moenies vir sosiale gedrag het oor die jare hewige debatte, groot gevegte en sterk tradisies en "beginsels" teweeg gebring.

As aktiewe waarnemer van die mense se sosiale gedrag het Sus die afgelope tyd baie getob, wenbroue gelig, menings uitgespreek en sommer net gewoonweg iemand beoordeel (veroordeel klink darem net te kras), op grond van die individu se sosiale gedrag.

Die ouma van Sus se kinders was 'n jong meisie toe die Tweede Wêreldoorlog in Mei 1945 beëindig is. Kyk ons na foto's van die era is dit duidelik dat vroue meestal dames in die ware sin van die woord was. Aantreklik, stylvol en elke haar so te sê op sy plek. Dit is nou behalwe vir tannie Bettie wat 'n tante gehad het met die wyse raad:  “My kind, wanneer 'n jong man jou uitneem maak seker jou hare is los en krullerig -- dan kom jou ouers nie agter hoe hard julle gevry het nie."

Die '40s  was sekerlik een van die mooiste mode-eras van die 21ste eeu. Wonder wat die vroue van daardie tyd oor vandag se modes sou sê.  

Interessant genoeg het Sus onlang op 'n brokkie interessante geskiedenis oor die moets en moenies van vroue en hul sosiale gedrag afgekom. Die artikel het reeds in Maart 1944, meer as 'n jaar voor die beëindiging van die oorlog in Die Landbouweekblad verskyn.

Ook nie seker wat die oorsprong, of wie die outeur van die debatteerbare wyse raad is wat aan dames oorgedra is nie, maar dames is 70 jaar gelede as volg gemaan:

Moenie . . .

•    Op straat rook nie.
•    Gedurig sonder end praat nie.
•    Voor ’n man uitloop in ’n kafee, bioskoop of teater nie.
•    Vergeet om altyd aan u man se regterkant te loop nie.
•    U man se korrespondensie oopmaak nie.
•    U man se papiere op sy skryftafel rondskuif nie.
•    Ontevrede wees en daaroor lol as u man meen ’n artikel is te duur nie.
•    U man en sy foute met u familie en vriende bespreek nie.
•    U man laat wag vir ete as hy by die huis kom en dit etenstyd is nie.
•    Oor u kinders spog nie.
•    U kinders vir ander mense laat resiteer of liedjies sing nie.
•    Met u bediende voor u man of ander mense raas nie.
•    Dink dit is verkeerd om met handskoene aan te groet nie, dit is heeltemal reg.
•    Wanneer u op ’n nuwe plek aankom, die mense gaan besoek voordat hulle u besoek het nie.
•    Langer as drie weke wag om na mense toe te gaan nadat hulle u besoek het nie.
•    As u ’n weduwee is u eie naam, bv. mev. Hester Brand, op u besoekerskaartjies laat druk nie – u gaan steeds onder u man se naam, bv. mev. Jan Brand.

Sus wil graag haar mening oor van die stukkies wyshede kwytraak, vir wat dit werd is.

Sus se Moenies:

Op straat rook nie – moet saamstem, dit lyk goedkoop, is boonop ‘n slegte gewoonte en buitendien onwettig.

Babbel sonder ophou nie. Niemand hou van ’n aanhoudende gebabbel oor dinge wat hulle nie interesseer nie.

Jou man se korrespondensie oopmaak nie. Trouens, moet nooit énigiemand se pos, of selfoonboodskappe, oopmaak nie. Dit is gewoonweg ongeskik en maak inbreuk op ander se privaatheid.

Jou man se dokumente op sy skryftafel rondskuif nie. Nou ja, menige sal saamstem dat ’n lessenaar jou heiligdom is, so vra liefs voor jy sonder meer ’n ander se lessenaar "netjies" probeer maak.

Ontevrede wees en daaroor lol as jou man meen ’n artikel is te duur nie. Sus is seker die stukkie raad het is kan menige huwelike red, veral as jy nie die broodwinner is en/of self vir die artikel betaal nie.

Jou man en sy foute met jou familie en vriende bespreek nie.  Moeilike een, beslis, die probleem is: julle stryk die probleem 99/100 keer self uit en dan weet familie en vriende nie hoe nou gemaak nie.

Oor die res kan Sus verstaan waarom woman’s lib met soveel drif en daad momemtum gekry het.

Hierdie rubriek is nie bedoel om oordeel te fel oor wat reg of regverdig is nie.  Sus is ook geen voorstander van of die een of die ander sieninge nie, maar voel tog dat die waardes van goeie maniere punte tel.

Gelyke regte vir almal in die werkplek – natuurlik!  Op sosiale vlak? Wel nou ja. Is dit werklik nodig om jou "regte" te demonstreer deur toe te kyk terwyl ’n vrou ‘n swaar item probeer dra? Of ’n middeljarige vrou in ’n bus te laat staan terwyl jy (ja, jý, man en die helfte jonger) haar opsy stamp om die laaste sitplek te kry? Of sit en televisie kyk terwyl jou vrou gate boor of ’n kas probeer skuif?  Sus wonder.

Oor die res van die 1944-lys sal Sus net kortliks sê:

 ’n  Mens baklei in elke geval nie met ‘n werknemer of enigiemand anders voor ‘n derde party nie.  

Jou maat kan maar ’n bietjie wag as dit etenstyd is. Skink ‘n glasie wyn of help met die slaai of dek die tafel.

Spog oor jou kinders – maak egter net seker jy doen dit by diegene wat die kinders nes jy, se belange op die hart dra. Hulle is vir ons geleen en hulle is kosbaar.

Handskoene?  Sus is mal vir handskoene. Verlang na die dae toe sy uitgevat in daardie moulose swart nommertjie vollengte handskoene kon dra en ‘n "statement" kon maak wanneer sy by die balsaal instap.

En as jy ’n nuwe intrekker is en jou bure bly weg, gaan maak kennis. Wie weet, julle word dalk beste vriende.

En as jy ‘n weduwee of geskei is, soek "like minded" enkellopende vroue en lééf!

Nou maar toe.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 262 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 371 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
-0.4%
Rand - Pound
24.00
-0.4%
Rand - Euro
20.51
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
903.65
+0.8%
Palladium
1,016.75
+1.5%
Gold
2,207.48
+0.6%
Silver
24.59
-0.2%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,260
+0.9%
All Share
74,450
+0.7%
Resource 10
57,117
+2.6%
Industrial 25
103,835
+0.6%
Financial 15
16,488
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE