Share

Noumaartoe: Om halt te roep

Dit is altyd hartseer wanneer jy tot die besef kom dat ‘n vriendskap wat oor lang, lang jare gesmee is,  sy ‘sell-by’ date bereik het.

“Jy haal diep asem, steek ‘n kers aan en sê stil tot siens,” skryf ‘n oud-kollega onlangs op haar FB-profiel.

Is dit al wat ‘n mens kan doen? En is dit so maklik? Dit is die vrae wat by Sus opkom terwyl sy almal se kommentare hieroor lees.

Wanneer hou ‘n mens op baklei om ‘n vriendskap – platonies, familie of intiem – staande te hou of te laat werk? Wanneer is opgee nie ‘n opsie nie?

En wanneer jy begin besef die skrif is aan die muur, is dit werklik bevrydend om halt te roep net sodat jy nie "onkant gevang" word deur ander nie?

Sus is geen sielkundige of berader nie en hoewel sy ‘n fyn waarnemer is van die mens, sy doen en late, sy optrede en of gebrek daaraan, maak dit haar (ongelukkig) nie bestand en gepantser teen hartseer en seerkry nie.

Wat gemaak as jy agterkom die vriendskap het eensydig geraak en jou blinde lojaliteit is bloot net dit – blinde lojaliteit? Een van die vroue vertel dat sy besef het dinge is nie pluis nie toe sy ophou om dinge te inisieer. “Skielik was daar niks.” Dit het vir haar soos verraad gevoel en die besef “niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie,” het haar teen die voorkop getref. Die gevoel gaan ook nie sommer weg nie.

Ander sal vinnig sê beweeg aan. Nog een sê nee, werk vir die verhouding. Doen daadwerklik alles in jou vermoë om die verhouding be behou. Maar wat as daar ‘n vertrouensbreuk was? Kan jy daardie persoon ooit weer vertrou?

Sus glo verhoudings ly skipbreuk omdat een of albei van die partye net te gemaksugtig raak. Sonder respek, omgee en eerlikheid kan geen verhouding, platonies of intiem, behoue bly nie.

Die gesprek het toe meer in die rigting van liefdesverhoudings beweeg met ‘n vrou wat vra wanneer weet jy jy kan die wapenrusting om jou hart afhaal?  Sus het op die wêreldwye web gaan rondsnuffel en kan met onderstaande vereenselwig (natuurlik geld dit vir alle partye, man of vrou):

Aspekte wat herhaaldelik genoem word, is:

Jou maat is opgewonde om jou aan sy of haar familie en vriende bekend te stel. Jou maat is trots op jou, die verhouding met jou en wil dit met diegene na aan hom of haar deel.

Sy oggend- en aandpraatjies stem ooreen. Hy is ‘n man van sy woord. Wat hy doen en sê stem ooreen. Jy kan dus op hom vertrou en jy kan dit veral sien in die manier waarop hy jou behandel. Kan jy iemand vertrou wat sê hy is lief vir jou, maar verdwyn dan van die radar af sodra hy by sy vriende en familie betrokke is?

Sy gedrag teenoor jou is deurentyd konsekwent wees. Jy weet jy kan op hom steun en dat hy in goeie en slegte tye daar sal wees vir jou.

En julle kan julself wees in mekaar se teenwoordigheid. Julle aanvaar mekaar – foute en al.

Klein dinge wat ‘n vrou pla – selluliet, rekmerke – sien jou maat nie eens raak nie.

Jou maat laat jou goed voel oor jouself en waardeer jou vir wie jy is – en andersom.

Maats besef die ander party maak ook foute, word kwaad, voel verontreg, (het ook nie altyd beheer oor liggaamlike funksies nie) en raak verleë. Maats oordeel nie mekaar nie, maar bou mekaar op.

Want liefde gedy op wedersydse respek, vertroue en omgee.

Wees dus versigtig om sonder meer die snoeiskêr te wil insteek en links en regs aan vriendskappe en verhoudings te wil sny. 

Dit kan ‘n eensame alleenpad word.

Nou maar toe...!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 350 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 358 votes
Vote
Rand - Dollar
19.20
-0.0%
Rand - Pound
23.78
-0.3%
Rand - Euro
20.48
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
917.80
-1.4%
Palladium
1,013.00
-0.3%
Gold
2,311.95
-0.6%
Silver
26.98
-0.7%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,789
+0.4%
All Share
73,726
+0.2%
Resource 10
59,146
-2.9%
Industrial 25
102,642
+1.6%
Financial 15
15,822
+1.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE