Share

Ommiblog: Waarvan wil jy 'gered' word?

In hofstukke word aangevoer dat ongrondwetlik is vir enige openbare skool soos omskryf in die Skolewet om een geloof uit te sonder en voor te staan tydens godsdiensaktiwiteite by die skool of om hulself met ’n geloof te vereenselwig.

Dit het almal aan die praat. Gevoelens fluktueer van kwaad, seergemaak, ligweg geïrriteerd tot by vreesagtig.

En dis veral laasgenoemde wat my interesseer.

Ouers en ander betrokkenes word aangehaal waar hulle hul vrese uitspreek oor wat die gevolge gaan wees as "God uit die skole gehaal word". Party reken selfs dat, buiten dissipline, naasteliefde ook in die hek sal duik sonder God in die skole.

En kinders gaan links en regs dwelms gebruik, seks hê en die duiwel aanbid.

So asof die mens self oor géén morele kompas beskik nie, nie in staat is om 'n "goeie" lewe te lei sonder 'n hemelse ewige lewe wat as beloning voor die neus gehou word nie. Asof mense net nie uit hul eie eerlik en ordentlik kan wees nie.

En dan is daar die dreigement van die ewige helse vuur vir die ongelowiges ná die dood wat sonder skroom reeds aan 'n paar van die kinders wat nie wou saambid nie, oorgedra is.

In Garsfontein moes 'n sewejarige meisie met 'n ongelowige pa hoor dat diegene wat nie glo nie, vir ewig in die hel sal brand.

Twee susters wat in die Hoër­skool Linden in Johannesburg was, is glo ook deur mede-leerlinge belaster, beledig en as “sataniste” of “kinders van Satan” gespot nadat hulle moes sê hulle is ateïste om van Christelike skoolaktiwiteite verskoon te word.

'n Kollega maak na aanleiding hiervan toe dié stelling: "Eintlik, diep in ons wese, wil ons almal 'gered' word." En dit sit my opnuut aan die dink en laat my wonder: Is dit vir my ook so? Wil ek gered word en waarvan is dit wat ek gered wil word?

Ek is nie bang vir die vurige, ewige hel nie, want ek glo nie dat daar so iets bestaan nie. Net so min as hemelse strate van goud. Maar, as ek eerlik wil wees, moet ek toegee dat daar 'n hele klompie goed waarvan ek gered sou wou word.

Trouens, as ek my sin kon kry, sou ek werklikwaar die ganse planeet van 'n klompie dinge gered wou sien.

Hier is my lysie:

* Nasionalisme en chauvinisme, asook haat, hoogmoed en vooroordeel, want dit lei tot oorloë, diskriminasie en benadeling.
* Gierigheid, armoede en hongersnood.
* Alle vorme van verslawing, of dit drank, dwelms, dobbel, suiker of seks is, want dit ontneem mense van keuses en dit lei feitlik altyd tot algehele fisiese en psigiese vernietiging.
* Wreedheid teenoor "swakker" wesens soos diere, kinders en bejaardes.

Terwyl baie van ons bespiegel en argumenteer oor wat ná die dood op ons wag, is ons in hierdie lewe omring met soveel dringendhede waaraan ons eerder ons energie kan toewy. Natúúrlik kan ons nie oornag die wêreld verander of verbeter nie, maar ons kan altyd aan onsself werk en binne ons onmiddellike invloedsfeer doen wat ons kan.

Ons kan begin deur ons naaste lief te hê en ons omgewing te respekteer.

Lyk my ons mense (Afrikaners) raak maklik meegesleur met kwessies waar daar so duidelik, selfs aggressief, posisie ingeneem kan word. Dit is ook duidelik dat 'n groot groep -- die meerderheid? -- passievol en emosioneel verknog is aan die Christelike godsdiens en dit op alle terreine van die lewe, staat, skool én regstelsel, wil laat geld.

Die voorstanders van die doodstraf haal ook graag uit die Bybelse ou testament aan om hul standpunt te staaf. Terselfdertyd is die meeste van dié mense ook teen aborsie op aanvraag gekant en daaroor haal hulle ook uit die Bybel aan, iets wat ek ietwat teenstrydig vind. Lyk of onskuldige, ongebore lewe heilig is, maar 'n sondaar se lewe beteken niks. Ek verstaan dan dat dié mense glo dat nét God oor lewe en dood mag beskik?

Maar dis 'n blog vir 'n ander dag.

Dis piekfyn dat almal die godsdiens van hul keuse mag beoefen. Maar ek wil voorstel dat elkeen hul kinders self opvoed in die geloof wat hulle aanhang -- en die kennis en inligting aan die skool oorlaat, soos dit hoort.

En dié wat nie glo nie en hul kinders sonder 'n godsdiens wil grootmaak, se reg daartoe moet gerespekteer word.

Sien leef en laat leef.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
52% - 258 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
48% - 234 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.2%
Rand - Pound
23.86
-0.6%
Rand - Euro
20.53
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
915.00
-1.7%
Palladium
999.00
-1.6%
Gold
2,300.90
-1.1%
Silver
26.93
-0.9%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,752
+0.4%
All Share
73,702
+0.2%
Resource 10
59,036
-3.1%
Industrial 25
102,650
+1.6%
Financial 15
15,827
+1.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE