Share

Slaap maar gerus

In die kinderverhaal How the Grinch Stole Christmas! is Grinch, ’n bitter grotbewoner met ’n hart “twee nommers te klein”, jaloers op ’n dorpie se heuglike voorbereiding vir Kersfees. Hy steel dan al die Kersgeskenke en -versierings. Maar sy plan om Kersfees te kelder, misluk wanneer die inwoners vreugdevol voortgaan. Hulle wéét die dag gaan oor die Kersgees, nie oor aardse dinge nie.

In die werklike lewe is Kersfees die afgelope 13 jaar twee keer as’t ware amper “gesteel”.

Voor die een van 1999 was die Grinch die millenium-rekenaargogga. Derduisende het gevrees dit sou hul laaste Kersvieringe wees voor die apokalips. Vanjaar was dit die Maja-Grinch. Dié eindtydvrese is darem ’n paar dae voor Kersfees al besweer toe die son op 21 Desember opgekom en gesak het.

Fritz Gaum stel in sy rubriek hiernaas indringende vrae oor Kersfees wat hy sê toenemend ook deur Afrikaanses gevra word. Outydse twyfelvrae het postmoderne skeptisisme geword, sê hy.

Dat skeptisisme oor godsdiens oor die algemeen aan die toeneem is, word bevestig deur uitslae die afgelope week van ’n studie deur die Amerikaanse Pew-navorsingsentrum. Nie-godsdienstiges is nou die derde grootste “geloofsgroep” ter wêreld. Christene is die grootste groep, gevolg deur Moslems.

Maar Christene kan gerus slaap. Soos die Grinch besef het, kán Kersfees nie van gelowiges gesteel word nie. En lede van ander gelowe, agnostici en ateïste se harte moet “twee nommers te klein” wees om nie ook omarm te voel deur die welwillendheid van die feestyd nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 960 votes
No! It's time to move on ...
33% - 466 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE