Share

Fietsry in die Tsitsikamma

Een keer ’n jaar word die Stormsrivier Vallei deur fietsryers binnegestroom en dan is dit asof die singende rubberbande ’n harmonieuse wysie deur hierdie pragtige toeristedorpie se massiewe stinkhoutbome laat eggo, skryf Terésa Coetzee.

Onder fietsryers staan die naweek wat min of meer elke jaar in die middel van Augustus plaasvind, bekend as die 36One Stormsrivier Traverse – ’n driedag-fietsrymarathon waar sowat 200 fietsryers hul bergfietsbande styfpomp en hierdie beeldskone deel van die Tuinroete beter leer ken.

Moenie dink fietsry is ál waaroor hierdie samesyn gaan nie – dit is meer van ’n kuiernaweek waar gesinne in die pragtige Stormsriviervallei saamtrek, die natuurskoon geniet en gereeld saam aansit vir smaaklike etes.

Soggens word daar saam fietsgery, maar ­smiddae kan jy die dorpie gaan leer ken, ’n melkskommel gaan drink by die alombekende Marilyn’s-restaurant, uitry na die massiewe Groot Boom (wat maar net ’n paar kilometer weg is), of selfs soos Tarzan tussen die boomtoppe gaan swaai met die Tsitsikamma ­Canopy Tours. Vir die adrenalienverslaafdes is daar natuurlik ook die wêreld se heel hoogste kommersiële bungeespringplek by die Bloukransbrug – 216 meter hoog...

Daar is deesdae soveel verskillende bergfiets­marathons om van te kies dat ’n mens letterlik elke naweek ’n marathon iewers in ons land kan ry, maar wat die 36One Stormsrivier Tra­verse so spesiaal maak, is die feit dat dit ’n byeenkoms vir die hele gesin is.

Ons bergfietsryers met gesinne moet soms mooi dink aan kreatiewe maniere om die wederhelftes gelukkig te hou, en dis asof Dryland Event Management dit baie goed geweet het toe hulle hierdie byeenkoms aanmekaargesit het, want alles is rondom gesinne beplan.

Die plaaslike Montessori-skool het saamgespan om die kinders besig te hou terwyl ma en pa die speke laat sing.

Hierdie is boonop een van die min byeenkomste waar die roetes en afstande maklik genoeg is sodat selfs onervare bergfietsryers die tyd in die saal kan geniet in een van die mooiste dele van ons land.

Die meeste paartjies ry in gemengde spanne saam, maar die tyd wat jy elke dag in die saal deurbring is ook kort genoeg sodat jou ondersteuners glad nie ure lank by die eindstreep hoef te wag voordat jy terugkom nie. Maar moenie dink daar is nie ook ’n paar lekker uitdagings op die roete nie.



Die skoot het geklap
Die 36One Stormsrivier Traverse begin die Donderdag wanneer fietsryers die dorpie binnestroom en vir die driedagmarathon, wat Vrydagoggend begin, registreer.

Dan kan ’n mens sommer al aansit vir jou eerste heerlike aandete wat deur die Tsitsikamma Valley Inn bedien word.

Saam met registrasie kry elke ryer ’n lekker bederfsakkie en boonop sorg Giant elke dag daarna vir heerlike verrassings in jou kamer, soos ’n multitool, fietsrysokkies en ’n gasbom waarmee jy jou wiele kan oppomp.

Die eerste dag se roete bestaan uit 62,2 km se enkelpaadjies, gewone grondpad en tweespoorpaaie met ’n totale klim van 844 m. Die hoogtepunt van die dag was verseker die uitkykpunt by die tweede waterpunt, maar die volstruis­sosaties wat daar bedien is, was net so hoog op my lysie.

Oomblikke van hierdie byeenkoms wat my beslis altyd sal bybly, is die luidrugtige gefluit van die vrolike roete-aanwysers wat deur die woude weergalm het, en vir ’n Valie soos ek wat hierdie tyd van die jaar uitgehonger is vir ’n bietjie groenigheid, was die lowergroen landskap wat mens deurentyd omvou het, ’n welkome geskenk van moedernatuur.

Die fotograwe van Oakpics sit altyd ’n glimlag op my gesig met hul kleurryke veerversierings, beesklokkeen al...

Op die Saterdag het ryers ’n ietwat meer tegniese 40 km aangedurf – en moenie die 663 m se klim onderskat nie. Daar was ’n geniepsige opdraende by die Stormsriviermond wat menige ryer van sy/haar fiets afgedwing het!

Dag drie was by verre die moeilikste dag wat tegniese vaardighede betref, maar gelukkig was almal teen dié tyd al lekker vertroud met hul ysterperdjies. Daar was plekke waar selfs gedugte bergfietsryers moes loop, maar wat al Dryland se byeenkomste so spesiaal maak, is die feit dat almal altyd daar is om ’n helpende handjie te verleen. Dag drie was 45,7 km van regte egte bergfietspret met 780 m se klim.



Welkom in die Stormsriviervallei
Stormsrivier is ’n unieke klein toeristedorpie, toegevou in plantasies en woude tussen die Paul Sauerbrug en die Stormsriviermond-ruskamp. Sodra jy afdraai van die N2 ry jy sowat ’n kilometer tot in die dorpie, wat net uit ’n paar huise, bed-en-ontbyt-plekke, winkeltjies en die Tsitsikamma Village Inn-hotel bestaan.

Hierdie dorpie ken die hart van avontuurlustiges. Baie mense wat bergfiets ry, kajak, kloof­spring, skubaduik, snorkel en bungee, kom soek lêplek hier.

Die Tsitsikamma Village Inn is die spil waarom die 36One Stormsrivier Tra­verse draai. Ons het die naweek in een van die gerieflike kamers oorgebly. Ek het al ’n paar veelfase-marathons voltooi, en die hotelkamer was ’n welkome afwisseling van die tente waarin ek gewoonlik bly.

“Omdat die dorpie maar stil is in die wintermaande het ons juis besluit om die Traverse in die winter te hou om toerisme in hierdie gebied ’n bietjie van ’n hupstoot te gee. Chris Sykes en Pine Pienaar, eienaars van die hotel, ken die streek baie goed, en hulle het met die departemente van bosbou en natuurbewaring onderhandel vir die wonderlike roetes.

“Die meeste van die roetes, soos dié deur die Tsitsikamma Nasionale Park, is glad nie toeganklik vir gewone fietsryers nie,” sê Carl Herholdt van Dryland Events Management.

Net buite die dorpie vind ’n mens die Stormsriviermond – die mooiste deel van die Tsitsikamma Nasionale Park. Trek jou stapskoene aan en gaan verken die kuslyn met een van die kort roetes. Die gewildste roete is die een na die riviermond met die bekende brug.


Foto's: Oakpics

goed om teweet
* Tsitsikamma is die Khoisan-benaming vir “plek van baie water”. Dit het ’n diverse ekosisteem met rotsagtige seestroke, riviere, berge en valleie bedek met fynbos, immergroen woude met reusagtige ou bome, verskeie wildsoorte en ’n magdom voëlspesies.

* Die beste tyd om die Tsitsikamma te besoek, is Junie en Julie omdat dit as die droë maande beskou word. Mei en Oktober is die nat maande. Die temperatuur wissel van 23 oC in Februarie tot 18 oC in Augustus; met minimum temperature van 19 oC in Februarie en 8 oC in Augustus. ’n Droë bergwind kom in die winter voor en hou soms ’n brandgevaar in.

* Daar is verskeie staproetes in die Tsitsikamma.
Van die bekendste is die Otterwandelpad, wat in 1968 Suid-Afrika se eerste amptelike voetslaanroete geword het. Die Otter strek oor 42,5 km en dit neem vyf dae om te voltooi. Die roete wissel van seevlak tot ’n hoogte van 150 m. Plaatbos bestaan uit vier roetes van 1 km tot 8 km deur die bos; Goesa is ’n gemaklike 2 km en Stinkhoutkloof strek oor 38 km. Waterpunte en piekniekplekke is beskikbaar, maar dit is wys om ook self voorsiening te maak.
Daar is heerlike koel poele waarin ’n mens kan swem.
’n Permit is nodig vir toegang tot die wandelpaaie wat ’n mens by die begin van elke staproete kan bekom.

* Buiten die groot getal gasteplase in die omgewing is Nature’s Valley en Stormsriviermond die enigste ruskampe in die Tsitsikamma Nasionale Park. Ten volle toegeruste hutte is in albei kampe beskikbaar; met ’n daaglikse skoonmaakdiens en beddegoed, handdoeke en seep.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 278 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 582 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.3%
Rand - Pound
23.92
-0.4%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
942.00
-0.9%
Palladium
1,010.00
-1.9%
Gold
2,382.28
+0.1%
Silver
28.28
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,703
-0.7%
All Share
72,759
-0.7%
Resource 10
62,979
-0.5%
Industrial 25
97,553
-0.9%
Financial 15
15,394
-0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE