Die foto’s kan van plekke in of buite Suid-Afrika wees. Laat weet gerus waar die foto geneem is en wat die naam van die tempel of gebou is. Dit is altyd goed om te onthou dat daar ’n fokuspunt vir jou foto moet wees. Jul foto’s moet die gevoel van “eerbied, waardigheid en heiligheid” uitbeeld.
Stuur jul foto’s (hoogstens drie per leser) na rondrits@media24.com.
Onthou asseblief net amateurs kan deelneem. Moenie foto’s met ’n raam om instuur nie. Foto’s moet minstens 1 MB groot wees en nie groter as 6 MB nie.
* Die beslissing van Rondrits se redakteur is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Cathy Young se foto van die NG Moedergemeente Rustenburg.
James Harris se foto van die NG Kerk in Memel.
Judicka Langenhoven se Kareedouw-foto.
Melinda Ridgard het dié foto in Piketberg geneem.