Share

Geestelike. kulturele skatte wag in Santiago

Alle paaie lei na Rome. Dié gesegde mag dalk waar wees van die ou Romeinse keiserryk, maar in Spanje is dit ’n ander storie. Dáár lei alle paaie na Santiago de Compostela, skryf Edwina van der Burg.

Gelowiges, belyers en diegene op soek na die self.

Duisende mense van oor die wêreld heen onderneem elke jaar die pelgrimstog na Santiago de Compostela in Noord-Spanje. Luidens die geskiedenisboeke het Santiago in die 19de eeu ontstaan toe biskop Teodomiro van Iria bevestig het die graftombe wat in die dorpie San Fiz de Solovio ontdek is, is dié van die apostel Jakobus.

Die nuus van die ontdekking het vinnig versprei.

Christene het stadig maar seker begin stap na die bedevaartplek en San Fiz de Solovio het mettertyd Santiago de Compostela (letterlik “begraafplaas van sint Jakobus”) geword.

Die roetes na die graftombe staan bekend as camino’s of weë en om op ’n camino te loop, was tradisioneel ’n boetedoening. Pelgrims het aflaat-erkenning ontvang dat hul sondes vergewe is.

Vandag ontvang stappers wat minstens 100 km van ’n camino voltooi het hul Compostelo-sertifikaat wanneer hulle Santiago bereik. Tydens die camino dra hulle ’n pelgrimspaspoort of getuigskrif wat langs die pad gestempel word. Jy kan die camino op jou eie stap of saam met ’n klein groep as deel van ’n toer.

Van beginplekke vir die heilige Jakobus se weg (die Camino de Santiago) is daar vele. Dit strek van al die uithoeke van Europa en selfs Noord-Afrika. Die Camino del Norte, of die noordelike weg, wat volgens oorlewering die oudste camino na Santiago de Compostela is, begin byvoorbeeld in Irún, Frankryk, en volg Spanje se noordelike kuslyn na Galicië, van waar dit na die binneland en Santiago lei.

Die prentjie wat ek in my kop geskets het op pad na Santiago was van ’n tradisionele, Spaanse stad met argitektuur tipies van die Barok- en Gotiese style. En my verbeelding blyk toe akkuraat te wees.

Die geboue in Santiago is amper almal monumente.

Die kloosters, kerke, paleise en nou strate werk saam om die geestelike en kulturele belang van die stad te bevestig. En dit is dié kombinasie wat daarvoor gesorg het dat dit in 1985 as Wêrelderfenisgebied benoem is.

Die lewe in Santiago wentel om die Katedraal del Santiago met sy torings, wat elk 74 m die lug in styg.

Benewens vir die pelgrimstogte besoek toeriste Galicië spesifiek daarvoor. Die stad se inwoners woon nog daagliks godsdienstige byeenkomste daar by.

Ek het nou wel nie te voet en ná ’n weke lange tog by die laaste rusplek van Jakobus aangeland nie (inteendeel, my reis was baie gemaklik in die beskutting van ’n Insight Vacations-toerbus), maar ek het steeds na my asem gesnak en met verwondering gestaar toe ek die katedraal die eerste keer van die Obradoiro-plein aanskou.

Vier pragtige pleine, elk met sy eie identiteit, lê oop voor elk van die vier deure van die basilika. Aan die hoof is einste Obradoiro met sy uitsig oor die imposante granietfasade van die westekant van die katedraal.

Die vier fasades van die katedraal is oor die eeue heen gebou en versteek die oorspronklike Romaanse-styl-fasade, die Pórtica de la Gloria. Dié fasade met sy 200 gesnede beelde word as een van die wêreld se belangrikste voorbeelde van Romaanse kuns getel.

In die middel van die basilika, omring deur ’n swie- rige Barok-altaar, staan die standbeeld van die apostel Jakobus. Onder die altaar is die grafkelder, waar die koffer wat Jakobus se oorskot bevat agter glas uitgestal word. Pelgrims staan tou om eers aan die pilaar by sy voete te kan raak (vyf vingermerke is oor die eeue heen in die klip gedruk) voordat hulle as ’n simboliese einde van hul tog agter die altaar opklim vir die rituele omhelsing van die standbeeld en om hom op sy agterkop te soen.

Na dié laaste stopplek kwalifiseer pelgrims vir ’n Compostela-sertifikaat (in 2012 meer as 190 000).

Pelgrims bly gewoonlik nog ’n paar dae in die stad om te rus en by van die besienswaardighede Z waarvan daar hope is Z uit te kom.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 885 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE