Share

Hiér word mens mal oor Madikwe

By Jaci’s Tree Lodge word jy op die hande gedra, van die oomblik wat jy daar aankom, tot jy byna halstarrig weer groet. Terésa Coetzee het hier gekuier.

Toe ons daardie Sondagoggend deur die groot hekke van die Madikwe-wildreservaat ry en ek sien hoe die naambord agter ons in die truspieëltjie klein word, het dit vir my gevoel asof ek vir twee (heeltemal te kort) dae toegang gehad het tot een van die bes bewaarde geheime in ons land.

Want ja, hoewel ek al in ’n hele paar van die land se wildtuine en reservate gaan kuier het, was ek heimlik verbaas dat dit my bykans 40 jaar gevat het voor ek Madikwe ontdek het. En dít terwyl hierdie reservaat eintlik baie nader aan Johannesburg is as ander wildtuine soos die Kruger.

Madikwe is net sowat vier uur se ry in ’n noordwestelike rigting van Johannesburg af en lê teenaan die Botswana-grens.

Dit beslaan 75 000 ha en hierdie relatiewe jong reservaat is in 1991 gestig deur Operasie Phoenix, ’n projek waarmee 8 000 diere van 28 verskillende spesies hier hervestig is. Die regering het die hele reservaat omhein en grond is in die reservaat beskikbaar gestel aan private eienaars.


Die kleurryke sitkamer by die safari lodge. Foto's: Terésa Coetzee

Vandag is daar meer as 20 lodges en kampe in Madikwe waarvan die bekende Jaci’s Safari Lodge een is. Dit is dan ook die einste plek waar ons ’n hele naweek lank getrakteer is.

Sommer reeds met ons aankoms is ons in tipiese vyfster-styl by Jaci’s ontvang en verwelkom. Daarna kon ons gaan uitspan in ons pragtige boomhuis. Jaci’s bestaan uit twee verskillende kampe: die Tree Lodge en die Safari Lodge. In die Tree Lodge (waar ons gebly het) is daar agt baie private en afgesonderde boomhuise. Elkeen is gemaak van ’n kombinasie van hout en seil en afgerond met grasdakke.

En ja, die luukse kamers is op ’n baie unieke manier midde-in die bome gebou. As jy op jou houtstoep staan, word jy toegevou deur ’n boskombers.
 


Die kamers is ruim en die interieur is uniek. Die besonderse helder kleure beur jou sommer onbewustelik op. In tipiese safari-styl word die badkamer met net ’n gordyn van die res van die kamer geskei. Dus heel romanties... En die massiewe bad in die middel van die badkamer laat jou voel of jy ’n lengte daarin kan swem.

Toe ons daar was, was dit waarskynlik een van die heel koudste naweke van die 2014-winter en dit was ’n uitdaging om in die buitestort te stort. Selfs al het die vuurwarm water baldadig uit die groot stortkop gespuit, het die winterwindjie geniepsig hier op die blaaie gebyt.

Gelukkig het die talle verwarmers, lugversorging, elektriese kombers op die bed én die muurverwarmer in die toilet ’n mens van die ongenaakbare koue daar buite laat vergeet.

Ná ons wildrit die volgende oggend waar ons heelwat wild gesien het, word ons deur die mede-­eienaar van Jaci’s, Jan van Heteren, ingewag en verwelkom. En wanneer jy so saam met hom deur die lodge stap en gesels, besef jy waarom hierdie lodge so ’n sukses is. Hierdie is nie net Jan en sy vrou, Jaci, se permanente tuiste nie, dit is ook die plek waar hulle hul harte jare gelede verloor het.

Jan het aanvanklik in 1994 die River Lodge op Madikwe begin en toe al het die stof van die plek onder sy vel kom inkruip.

Jare nadat hy die River Lodge verkoop het, het hy steeds bly terugverlang en toe, in 1999, kon hy nie die geleentheid laat verbygaan om Jaci’s Lodge te begin nie.

As restaurateur en hotelbestuurder het Jan presies geweet wat hy van ’n lodge wil hê.

Jaci het op haar beurt op ’n wildplaas grootgeword.

Haar pa was ’n Zimbabwiese veearts wat een van Harry Oppenheimer se wildplase vir hom bestuur het.

Jaci is dus self ook ’n bosmeisie en saam het Jan en Jaci ’n plek begin wat die toonbeeld is van alles wat hulle van die bos en vyfster-safari wou hê. Dit is ’n kombinasie van aardsheid en luuksheid en daar word baie aandag aan die fyner besonderhede gegee.

Hulle het die bekende argitek Solly Venter van Pretoria se kundigheid ingespan om hulle met die lodge se ontwerp te help.

“Teen die tyd wat ons Jaci’s begin het, was al die mooi Afrika-name vir lodges klaar gevat en ons was op soek na iets anders. Ons is een van die min lodges met ’n vrouenaam,” vertel Jan.

Omdat hy kos ken en verstaan, het Jan uit die staanspoor besluit dat hulle by basiese vuurkos gaan hou, soos braaivleis en stokbrode pleks van allerlei volksvreemde cuisine.

“Die kos moet by die res van die ervaring pas en daarom word daar baie aandag aan die spyskaarte gegee. Boonop het my personeellede 27%-aandele in Jaci’s en hierdie is dus vir ons almal ’n belangrike hartsaak,” sê Jan.

* Vir meer inligting oor Jaci’s Safari and Tree Lodge, besoek www.madikwe.com.



Leeukos

Madikwe is Groot Vyf-wêreld en benewens dat jy byna seker kan wees dat jy ten minste een spesie van die Groot Vyf hier sal sien, is dit ook die tuiste van wildehonde. Met ons wildritte het ons nie net die hoogs bedreigde wildehonde gesien nie, maar ook ’n groot trop leeus, ’n luiperd en sommer daar by die watergat by die lodge, ’n groot trop olifante. Aanvanklik het ek soos Lot se vrou versteen toe ek die eerste keer ’n bosbokkie daar digby ons tentwoning sien, maar later het ek besef hierdie skugter diertjies is almal baie mak. En daar is boonop ’n hele klomp van hulle in die lodge self. Ons kuier by Jaci’s was ’n onvergeetlike ervaring en selfs al was dit met tye bibberend koud, was daar ’n warmte wat ek nog lank sal onthou.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 444 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 455 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.4%
Rand - Pound
23.79
-0.4%
Rand - Euro
20.45
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
921.40
-1.0%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,325.17
-0.1%
Silver
27.26
+0.3%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE