Share

Klaserie, ’n paradys

Die ding omtrent dié intieme stukkie Afrika is dat dit jou dieper as diep raak. Anél Viktor raak nou sommer maklik liries oor alles van die Bosveld.

Die Bosveld het my nog nooit aangetrek nie: hitte, droë, rooi sand en kameelperde tel tussen doringbome (gee my ’n huisie teen die water, golwe met wit kuifies en dobberende vissersbote).

Boonop is kakiekleurige poncho’s nie sexy nie. Nóg minder is wilde hare en ’n sonbril-tan ná ’n rit in een van daardie oopdakvoertuie.

Maar soos wat my eerste dag in die Klaserie-natuurreservaat tot ’n einde gekom het, het alles omtrent die Bosveld my aangetrek: die verhouding tussen mens en dier, die sonsondergang wat die lug in kwashale van oranje en pienk verf en die oorweldigende Afrika-bosstilte.

Daar het ek gesit, in my sexy poncho en met wilde hare en my hart heeltemal verloor.

’n Anderse soort boservaring

Dis ’n rit van sowat 5 uur van Johannesburg na die Klaserie-natuurreservaat. Dié reservaat, wes van Timbavati en naby Hoedspruit, is ’n omheinde gebied wat sy grense met die Krugerwildtuin deel. Dit strek oor meer as 60 000 ha weerskante van die Klaserierivier en het ’n uitsig oor die Drakensberg. Dis boonop die grootste private natuurreservaat in die groter Kruger-gebied en hier is net vier lodges wat kommersieel bedryf word.

Ons het twee van dié lodges vir twee nagte elk besoek.

Courteney en Cecilia Blunden is die eienaars van nThambo Tree Camp – ’n regte boomhuis-gevoel – en Africa On Foot, wat unieke stapsafari’s bied. Hulle het in die Bosveld ontmoet, getrou en Africa On Foot sowat sewe jaar gelede op ’n familieplaas begin. Die nThambo Tree Camp, Africa On Foot se susterkamp, is vier jaar daarna gebore.

Volgens Courteney wou hy en Cecilia ’n belangrike aspek van die Bosveld, om mense so na moontlik aan die natuur te bring, terugbring.

“Daar is genoeg sewe-ster-ervarings in die Bosveld,” sê hy. “Ons wou iets anders begin.”

Wat jy kry

* Moenie verbaas wees as ’n olifant kom water drink by die swembad terwyl jy by die nThambo Tree Camp tuisgaan nie. Wanneer jy die buitelugstort by Africa On Foot in die aand gebruik, hoor jy dalk ’n geritsel naby een van die bome.

Omdat die lodges in ’n omheinde gebied geleë is, kan die diere vrylik rondloop. Die wildbewaarders stap elke aand ná ete saam met jou na jou chalet en jy word verbied om in die aand op jou stoep uit te gaan.

Ek kon een aand die ratels onder my “boomhuis” in die nThambo Tree Camp hoor baljaar.

* Van die twee lodges is nThambo Tree Camp die luuksste. Vyf eko-vriendelike chalets – elkeen in ’n boomhuis-styl – word deur houtpale in die lug gehou.

Binne hang muskietnette oor ’n groot bed en daar is ’n stoep, hangkas, stort en toilet. Niks is oorbodig nie.

Die onthaalarea is ruim en gemaklik, daar is ’n klein swembad waar mens kan uitspan en die kroeg is altyd vol.

* Africa On Foot se lodges is ietwat eenvoudiger (van die storte is buite), maar daar kry jy ’n “regte” boservaring. Die lodge bied stapsafari’s, waartydens die bekwame wildbewaarders jou op ’n staproete neem wat beloof om jou nóg nader aan die diere as op ’n wildbesigtigingsrit te bring. Dit het ongelukkig gereën op die oggend dat ons sou gaan stap het.

* Die kos is iets tussen huislik en gourmet. Ek het veral Africa On Foot se spyskaart geniet.

Boonop sit die lodge se bestuurder en die twee wildbewaarders by elke lodge saam met die gaste aan die tafel – die wildbewaarders dek ook die tafel af en hardloop tussen die tafel en die kroeg om seker te maak almal het altyd ’n glas wyn, bier, sider of koeldrank in die hand. Dít was een van die lekkerste ervarings. Ná twee dae by ’n lodge voel almal soos ou vriende of familie.

Waarvan jy meer wil hê

* Op ons eerste dag by die nThambo Tree Camp het ons vir Chad, ’n wildbewaarder en die mede-bestuurder van dié lodge, ontmoet. Chad, het ons gou agtergekom, is ’n ou wat weet waar om die groot katte te gaan háál. Daar is nie ’n enkele vervelige oomblik soos Chad die Land Rover gereeld van die stofpad laat afdraai en deur die digte bosse vleg nie.

Ons het een oggend op ’n groot trop olifante, met heelwat jongetjies, afgekom.

* Daar is bekoring in nThambo Tree Camp en Africa On Foot se intimiteit. Die lodges kan enige tyd van die seisoen na tien gaste omsien (Africa On Foot kan ietwat meer huisves danksy twee gesinschalets). Met ons besoek, wat gedurende die week was, was daar net vier gaste by die nThambo Tree Camp en ses by Africa On Foot. Jy kry ’n persoonlike en ononderbroke ervaring.

Ons gids by Africa On Foot, die gawe “Ginger” of Faffa, het een aand tydens ete ’n leeumannetjie hoor brul.

Ons het net daar besluit om op die Land Rover te spring en het hom toe nie lank daarna nie opgespoor.

* Die intimiteit beteken dat jy meer te sien kry. Die bosetiket is dat die wildbewaarders in die omgewing mekaar laat weet as daar ’n leeu of luiperd in die omgewing is, maar daar mag nie meer as twee voertuie op ’n slag by dieselfde plek stilhou nie. Dit hou die diere rustiger en gee die voertuie meer tyd om op dieselfde plek te staan (daar is nie verkeersknope soos in die wildtuin nie).

Ons het die Groot Vyf binne die eerste dag gesien, die ewig ontwykende jagluiperd vier uit vyf dae en selfs hoe dié jagluiperd ’n trop rooibokke bestorm en een vang. Benewens die Groot Vyf is daar heelwat bok- en voëlspesies, renosters, seekoeie, kameelperde en hiënas te sien.

* Op dag vier, ons laaste aand by Africa On Foot en die dag voordat ons Klaserie sou verlaat, het Faffa tydens ’n wildbesigtigingsrit in die middel van die pad gestop en gesê ons moet om ons kyk.

Van die gaste het woes na hul kameras gegryp, maar waarop hy ons eintlik wou wys, was die skynbaar eindelose groen mantel wat tot teen die voet van die Drakensberg strek en die stilte – daardie oordonderende stilte. Dán besef jy; daar is iets intens en liries omtrent dié plek.


Africa On Foot in die Klaserie- private natuurreservaat bestaan uit vyf chalets, almal met grasdakke en van hulle met buitestorte.


Om dié tafel by Africa On Foot geniet gaste drie etes per dag saam met die bestuurder en wildbewaarders.


Dis heerlik om met ’n boek uit te span in die onthaalarea by Africa On Foot.


Africa On Foot bied unieke stapsafari’s wat beloof om jou selfs nader aan die natuur te bring.


Buiten vir die Groot Vyf is daar heelwat voëlspesies te sien.


In ons tyd in die Klaserie- natuurreservaat het ons die ewig ontwykende luiperd vier uit die vyf dae gesien.


Die kamers by nThambo Tree Camp is luuks, maar gemaklik. Niks is oorbodig nie


Moenie verbaas wees as ’n olifant uit dié swembad kom water drink nie.



Die leeus het elke oggend soos lui huiskatte in die son gebak.


Ons het die Groot Vyf binne die eerste dag of twee in die Klaserie- private natuurreservaat gesien.
|



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 414 votes
No! It's time to move on ...
35% - 226 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.81
+0.6%
Rand - Euro
20.42
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
918.30
+0.7%
Palladium
981.00
-2.4%
Gold
2,326.09
+0.4%
Silver
27.29
+0.5%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE