Share

Kosverleidings van Dubai

Daar is ’n unieke en outentieke kos-ervaring in die strate van die Ou Dubai waar die geheime van Midde-Oosterse kombuise aan jou blootgelê word, skryf Maryke Roberts.

Dis dié woorde op Frying Pan Adven­tures se webwerf wat my aandag getrek het: “Het jy geweet daar is ’n heel ander kant aan die vergulde wolkekrabbers van Dubai? En daar is geen beter manier om dit te ontdek as deur jou maag nie.”

Die hitte van die dag het effe bedaar toe ons Arva Ahmed in Murraqqabatstraat ontmoet. Sy vra vir die duur van die toer moet ons mekaar, die kelners en restaurant-eienaars in Arabies bedank – “shukran” – vir goeie kos en diens.

Terwyl ons stap, verduidelik sy die oorsprong van die geregte, veral verskillende geregte wat algemeen aanvaar word as afkomstig van sekere lande. “As jy in die geskiedenis gaan ronddelf, sal jy gou sien die kos is verbind tot grond en ’n land. En in die Midde-Ooste is dit omstrede en plofbaar.”

Soos ons smul aan warm, varsgebakte falafel mahshi vol fyngemaalde brandrissie en uie, wat ons mildelik in hoemoes en ’n sous van vars koljander, pietersielie, kappertjie en suurlemoensap, oftewel tatbeela, doop, verduidelik sy die beste manier om in Dubai te eet, is om ’n “drive through” te doen. “Jy parkeer iewers onwettig, druk jou toeter Z kelners weet daardie lang, eentonige getoet kom van ’n honger klant Z gee jou bestelling en geld en ’n paar minute later het jy jou kos en kleingeld.”

Arva sê deur só te bestel, eet sy voorgereg by een plek, skuif dan ’n paar restaurante verder af in die straat en koop haar hoofgereg en ietsie soets by die Jordaniese restaurant, waar jy aan Jordaniese en Palestynse lekkernye smul.

Ek vra uit oor hoe sy besluit het op kostoere. “Ek het my MBA voltooi en vier jaar lank in New York gewerk, maar ek wou huis toe kom om saam met my pa te werk.” In 2010 het sy teruggekeer Dubai toe, na haar ou straat, ver weg van die goue strate van “Downtown” en saam met haar pa in die konstruksiebedyf gaan werk.

Maar kos was nog altyd ’n passie en een aand het ’n vriend haar oortuig om haar droom te volg, wat nie strook met die lewe saam met haar pa nie. “Ek het vir hom gesê ek wens ek kan net mense na my gunsteling-restaurante neem, maar gedink dis ’n mal idee. Pan’s Frying Adventures is gebore en Arva het haar eerste toeriste uitgeneem.

Arva verduidelik dat sy by elke stop vir ons ’n persentasie van die totale eet-ervaring sal gee, sodat ons kan tred hou met ons eie eetvermoë. En toe die bord met saggekookte lam en jogurtsous voor ons neergesit word en sy sê dié stop is net 15 persent van die totaal, sukkel ek om my in te hou.

“Woestynmense moes innoverend wees. Omdat hulle met hul tente deur die woestyn getrek het, kon hulle nie tafels en stoele saamsleep nie. Daarom het hulle op die grond gesit, almal uit een bord geëet, hul hande gebruik en moes aan slim maniere dink om bok- of kameelmelk te preserveer. Hul dieet was baie basies en het uit kameelmelk, dadels en vis bestaan.

Toe ons vasval vir Halawet al Jibin (soet kaasrolletjies met vars room), Bukaj (baklava in die vorm van ’n gevoude tafeldoekie), Natef (’n seepagtige room) en Arabiese koffie (gahwa) vertel sy dat daar geen tafel-etiket op haar toere is nie. Ons word geleer dat jy as Arabier vir sekere geregte sou opstaan, jou linkerhand agter jou rug sou vou en met jou regterhand eet. Die tekort aan water het beteken dat jy nie altyd gereeld jou hande kon was nie, daarom is met die regterhand geeët en ander take met die linkerhand verrig.

Ons eet kunafa, ’n Palestynse nagereg wat met verwerkte bokmelk gemaak word en dan oor vlamme geskroei word voordat dit met suikerstroop voorgesit word. Die groep is verdeeld oor dié nagereg. Vir sommige is die tekstuur Z soortgelyk aan haloumi Z te vreemd en vir ander is die smaak te anders op die tong.

Ons geniet koppies Arabiese koffie met kardomyn, saffraan en ander speserye. Arva verduidelik koffie-drink is ’n taal in die Arabiese lande. Jy drink koffie as vriendskapsritueel. Dit word deur die jongste manlike lid van die familie bedien en die bediener doen dit in stilte.

Ons skuif aan vir Egiptiese kos wat ons so staan-staan uit die klei-oond eet, voordat ons verder wandel in Al Riggaweg en Abu Baker al Siddiquestraat.

By ons volgende stop sit ons op Persiese matte en kussings. Buite die beskutte klein private eetsaaltjie staan ons handsakke en lê ons skoene in ’n hoop. Almal se hande is gewas, want hier gaan ons met ons hande eet. Arva skink drink-jogurt met ’n effense sout smaak om die branderigheid van die brandrissie in bedwang te hou en verduidelik hoe jy bolletjies druk uit die rys waarop jy die hoender gevlok het. Almal sit kruisbeen saam om die groot silweropdienbord en eet uit die bak.

Ons laaste ete is ’n Iranse fees met monde vol jogurt-gemarineerde hoendersosaties (Joojeh Masti), gemaalde lam (Koobideh), geroosterde ment en hompe steenbrood. Die brood word op klippe in ’n kleioond gebak en met Deense feta en basiliekruidblare geëet.

Dis ses uur later toe ons trots ons sertifikaat ontvang wat bewys ons het ’n kos-marathon deur die klein straatjies van die Ou Dubai voltooi.

Dis nou mý soort marathon Z geen sweet, geen pyn, net heerlike kosverleiding!

goed om te weet

*  Bespreek jou kosverleiding by Arva, arva@fryingpanadventures.com of besoek www.fryingpanadventures.com vir meer inligting.
*  Die plaaslike geldeenheid is die dirham (Dhs). Jy kan ruweg die prys wat jy betaal met 3 maal om die randwaarde te kry.
*  Engels is die voertaal in Dubai, hoewel mense van meer as 200 nasionaliteite in die stad woon en werk.


Arva Ahmed wat die kosgeheime van die Ou Dubai aan ons onthul het.| Foto: clifford roberts


Shwarma in een van die oudste restaurante in Dubai.


Lekkernye in ’n Libanese bakkery. | Foto’s: airspectiv media


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
35% - 13 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
65% - 24 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.4%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
950.90
+0.1%
Palladium
1,029.50
0.0%
Gold
2,391.18
+0.5%
Silver
28.39
+0.6%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,479
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE