Share

Rivierpret met glas wyn in die hand

Kapenaar, Gautenger of Vrystater, as ons water sien, wil ons kuier. Langs die rivier, dam of see. En as daar ietsie vir die glas is, alte beter. Samarie Smith het gaan kyk wat roei en rooiwyn gemeen het.

Vroeg opstaan is nooit ’n probleem as jy iets opwindend het om na uit te sien nie.

Solank jou rugsak die vorige aand al met sonskerm en swemklere, ’n mik-en-druk, hoed, handdoek, sandale en genoeg droë én warm klere toegerus is, is die wil sterk.

Hier is ’n opsie vir gesinne, spanbou-groepe of net ’n groep vriende wat na iets anders soek om te doen.

Worcester is maar ’n katspoegie van Kaapstad en deur die tonnel vir dié wat die stad se spitsverkeer gewoond is.

Bundi-avonture en Obikwa-wyne van die Distell-groep bied dit wat albei gemeen het: Avontuur.

Roei-avontuur, om spesifiek te wees. Dis darem nie die geval van drink terwyl jy roei nie, maar eerder ’n lewenstyl en gedeelde avontuur.

Bundi het na ’n handelsmerk gesoek wat alledaagse, luilekker avonture verteenwoordig en Obikwa sien sy kampeerplek weer as die ideale afsetpunt waar hierdie soort wyn waardeer kan word.

Die samewerking tussen Bundi en Distell het reeds by Bundi se kampeerterrein by die Oranjerivier begin en word nou na die Breederivier uitgebrei.

Bundi se halfdag-roeisessies begin met koffie en beskuit, terwyl die roete en veiligheidsmaatreëls vir die dag bespreek word.

Elke groep word gelei deur gekwalifiseerde gidse, wat na die gaste se veiligheid omsien.

Die rustige water van die Breederivier is ideaal vir beginners.

Die roete is van só ’n aard dat ’n mens soms rukkies op die water kan dobber om die omgewing te waardeer, te kyk hoe vinke hul nessies vleg of vir ’n paar visse te loer voordat die vinniger strome weer aangedurf word. Los maar liefs die kameras in die gids se waterdigte houer omdat die spane redelik baie water kan skep, veral as daar ’n windjie opsteek.

Elke boot het ’n dreineringspunt aan die agterkant waar water geneig is om op te dam, so jy sál nat word. Van die meeste pret is om ’n beskaafde ritme saam met jou roeimaat op te bou sodat julle nie om elke draai onder die oorhangende bome invlieg en teen die stroom moet baklei nie. Als deel van die pret!

Nóg ’n hoogtepunt is wanneer almal hul boot halfpad in die roete teen die wal uitsleep om deur die stroomversnellings te kan swem. Dis nou met jou reddingsbaadjie soos ’n doek aangetrek as ’n buffer teen die klippe in die vlak water. Lekker! En een keer is ook nie genoeg nie.
Dan lê daar nog net 5 km voor tot waar hulle die roeiers oplaai vir ’n middagbraai in die basiskamp.

Daar kan ’n mens stort en mooimaak voor ’n glas wyn op die houtdek saam met ’n braai. Die Obikwa-reeks word teen R35 ’n bottel daar verkoop.

Vir dié wat langer wil kuier, is daar oornaggeriewe in houthutte, tente en ’n slaapsaal.

Geen roei-ervaring is nodig nie en al die toerusting word verskaf. Die halfdag-avontuur kos R550 per persoon en sluit ’n ligte ontbyt en middagete in. Vir nader besonderhede oor Bundi River Adventures skakel 021 975 9727 of besoek bundi.co.za vir meer oor hul pakkette.


Die pragtige houtdek waar almal bymekaar kom kyk oor die rivier en berge uit.
Net langsaan is 'n paar chalets waar gaste in die woud kan oorbly.| Foto's:
Samarie Smith


Vir dié wat meer aksie wil hê, word die bote eers op die wal uitgesleep waar die water lekker kabbel. Dan stap jy ’n entjie terug, trek ’n reddingsbaadjie soos ’n doek aan om die kliphoue te demper en dan seil jy onderdeur die bome op jou rug. Wanneer jy by die stroomversnelling kom, sal een van Bundi se mense ’n tou gooi om jou in te katrol.


Die water van die Breederivier is nie naastenby so rof soos die Oranjerivier nie.


Almal kom vroegoggend by Bundi se kampeerplek naby Worcester bymekaar vir
koffie en beskuit sodat die dag se roeiafstand bespreek word.|

vanwaar obikwa?

* Sedert die Obikwa-wyne van Distell in 2009 ook in Suid-Afrika bemark word, vloei die geld omtrent by hul voordeur in.
Dit kan nou in meer as 50 lande wêreldwyd gedrink word met Kanada, Australië en Nieu-Seeland steeds hul grootste afsetpunte.

* Obikwa is sinoniem met pret en vul die gate in die Suid-Afrikaanse mark wat lank oorgesien is en wat eerder met die weggesteekte boks wyn in die yskas gevul is.
Dit stel nuwe wyndrinkers aan ’n hele rits kultivars bekend en waarborg die winskopiejagter dat hy ’n druifsoort sal vind waarmee hy bekend is.
Almal kos minder as R30 – van sauvignon blanc, chardonnay, chenin blanc, cabernet sauvignon, pinotage, pinotage rosé, shiraz en merlot tot ’n moscato.
Laasgenoemde seker die opwindendste een as ’n mens na die moscato-herlewing kyk.

* Die inspirasie vir die naam kom van ’n inheemse stam, die Obiqua San-mense, wat in die Wes-Kaap gewoon het.
Die Obiquaberge in Tulbagh is ook na hulle genoem. Hulle het na aan die natuur gelewe en dikwels saam met volstruise getrek. As jy dus na die wyne op die rak soek, trek ’n etniese volstruis in allerlei kleure jou aandag.
Hul leë eiers is onder meer ook gebruik om water te stoor, so hulle was baie belangrik vir die San.

* Obikwa was ook een van die eerste handelsmerke wat na die ligter (350 g teenoor 450 g), omgewingsvriendelike glasbottel oorgeskakel het om hul koolstofvoetspoor te verminder en meer volhoubaar te wees.

* Dit is ’n produk van bestendige gehalte en jy weet altyd wat om te verwag.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1026 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1089 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE