Share

Saligheid van boslewe

Daar is diegene wat van die see hou en dan is daar die mense wat die ooptes van die Bosveld waardeer. Sy is beslis ’n bosmens, skryf Margaret Mentz, want niks kom by ’n afgeëtsde witkruisarend teen ’n sakkende Afrika-son nie.

Botswana lê knus tussen Namibië, Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika en dié buurland het ’n ryk geskiedenis en vriendelike inwoners.

Die eerste inwoners was die San-mense, wat gevolg is deur die Tswanas. Die grootste aantrekking vir toeriste is die bekende wildreservate en lodges en behalwe vir die diamant- en beesvleisbedrywe is toerisme een van die belangrikste in Botswana. Met meer as 17% van die land se grondgebied wat aan wildreservate en nasionale parke afgestaan is, kan die reisiger kies en keur tussen die groen Okavango-delta in die noorde tot die Kalahari-duine in die suide.

Nadat ons by die Kensane-lughawe geland het, is dit sowat ’n anderhalf uur voordat ons by die Ngoma Safari Lodge aankom wat ’n welkome ervaring is.

Dit is warm soos net Afrika kan wees en die reën het nog nie die aarde se dors kom les nie.

Die vriendelike personeel bedien ons met yskoue waslappies en ’n glasie vrugtesap. Ngoma se grasdakke is ’n lafenis vir ’n moeë siel en smelt saam met die Bosveld.

Vanuit die oop sitkamer by die hoofgebou begroet die mooiste gesig ons: die Choberivier, wat blink soos ’n kronkelende slang en ook as grens dien tussen Botswana en Namibië.

Die lodge spreek van weelde, maar nie oordadigheid nie. Die dekor is ’n vermenging van rustieke en etniese style; met natuurlike afwerkings en die wagwoorde gemak en ooptes.

Stap jy uit die oop sitkamer bevind jy jou op ’n uitkykdek en die wild loop sommer hier neffens jou verby.

Ons vertrek op ons laatmiddag-wildrit en net toe ek dink daar is geen diere in die Chobe nie, sien ons olifante wat soos reuse voor ons uitrys. En daarna is dit of die park se “bostelefoon” rooiwarm raak, want ons sien sebras, kameelperde en ’n groot gros ander diere en voëls.
Aandete is verruklik en jy kan nie in Botswana kuier en nie bees- of skaapvleis eet nie.

Daar is heelwat aktiwiteite by die lodge, maar, dink ek by myself, dit sal heerlik wees om vir ’n dag luilekker by die lodge te kuier, ’n glasie met iets borrelends by die swembad te lê en drink en die saligheid en ongestoordheid van die omgewing in te adem.

Dié lodge sal my vir seker weer sien.


goed om te weet

Die aktiwiteite by die lodge sluit in:

* Voldaguitstappie – Dit sluit ’n bootrit op die Choberivier, ’n wildrit in die Chobe Nasionale Park en ’n heerlike piekniek in. Die uitstappie begin ná ontbyt en gaste is teen 18:30 terug.

* Wildritte – ’n Mens sien gewoonlik olifante op die wildritte. Die park beslaan sowat 11 700 km2 en is bekend om sy wild- en voëllewe.

* Wildstaproetes – Die staproetes word in die Chobe-reservaat deur gidse van die lodge aangebied. Dit begin vroegoggend en stappers is voor ontbyt terug by die lodge.

* Bootritte op die rivier – Indien jy nie die hele uitstappie wil meemaak nie, kan jy plek op die rivierbootrit bespreek.

*  Plaaslike gemeenskap – Daar is ook begeleide toere na die laerskool en plaaslike gemeenskap.

*  Vir meer inligting, besoek www.africaalbidatourism.com.





We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
3% - 28 votes
Hardly - I prefer streaming online
66% - 736 votes
Sometimes - it depends on the film release
32% - 355 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE