Share

Só lyk reddingsboei vir jou manlikheid

In die begin was daar ’n woord en die woord was “grot”.

Mans en vroue het dit destyds saam gedeel en die vroue het die saamwonery goed verdra tot op ’n punt. Totdat hulle eendag, miljoene jare later, agterkom hulle kan ook goed doen soos vullis uitneem, motors en ander oliebesmeerde masjiene regmaak, die neurose-belaaide korporatiewe wêreld aandurf en braak ná 18 biere.

Hoekom op dees aarde hulle dit sou wou doen, bly natuurlik een van die heelal se groot geheime. Waarom het vroue gevoel hulle wil graag wees soos die afskuwelike skepsels wat hulle van die begin van die wêreld se bestaan af al verafsku en daagliks uitkryt?

Hierdie vertrekpunt na wat hulle gedink het ’n magtiger sosiale posisie sou wees, is feminisme genoem – en die splinternuwe vorm van verslawing wat hulle gekies het, het mettertyd ironies genoeg bekend geword as Die Vroue-Vryheidsbeweging.

Vroue wat slim genoeg was om te weet harde werk in die korporatiewe oerwoud is vir die voëls – as ’n mens dit so mag noem – is natuurlik in ’n baie benarde posisie geplaas. Die dae toe hulle al giggelend kon staan en koebaai waai vir hul ooraangetrekte mans wat op pad was na nog ’n sinnelose skermutseling was vir altyd verby. Nooit sou hulle weer kon gil “tatta liefies, lekker oorlog hou!” voor hulle mekaar vashou en omkrul van die lag nie.

Vir mans was dit die begin van ’n lang, pynlike einde. Hoe sterker die vroue geword het, hoe swakker het hulle gevaar. In plaas daarvan om dankbaar te wees dat iemand anders bereid was om die uitmergelende, ondankbare en belaglike rol van voorsiener by hulle oor te neem en hernude krag uit die nuwe wending te put, het mans as spesie begin kwyn.

So pateties en ruggraatloos het hulle later geword dat hulle beskermende groepies moes vorm vir emosionele sekuriteit.

In een stadium in die 1980’s kon ’n mens honderde sulke muesli- en lensie-aangedrewe nuwe mans-“stamme” in die woude van Kalifornië sien ronddans, tromme speel en in sweettente sit en prewel om hul verlore of onderdrukte manlikheid te probeer herontgin.

Hulle het dit tot nou toe nog nie reggekry nie.

En daarom moet ’n mens seker dankbaar wees daar bestaan programme soos The Guy Code in Amerika wat wenke en riglyne bied oor hoe om ’n ware man te wees in die moderne wêreld.

Dit is nou lewensbelangrike wenke soos om nooit ’n pizza met ’n mes en vurk te eet nie, of om altyd by die kleinhuisie ’n urinaal tussen jou en jou mede-ontlasters te los as dit moontlik is. (Hierdie etiket is ook natuurlik gemik om as ’n wenk te dien vir die moderne dame wat binnekort ook urinale sal wil gebruik.)

Ons plaaslike reddingsboot vir verlore mansmense is The Man Cave op DStv se kanaal 193. Soos die titel aandui, is die doel van die program om mans weer terug te kry in hul grotte soos in die goeie ou dae.

Die projek word egter nie sonder humor aangepak nie. Die ironie is dadelik duidelik as die twee aanbieders tussen al die tradisionele manne-dekor en parafernalia soos resieskarre, motorfietse en tromme uitdraf in hul langpunt-kabouterskoentjies en skinnys.

Die reeks kitare teen die roubaksteen-stel se mure is ook daar om te beklemtoon dat, hoewel mans weer moet leer hoe om wilde diere rou te verslind, hulle tog ook ’n kunstige kant kan hê. (En buitendien, chicks smaak ’n kitaarman.)

Alles dui aan die vervaardigers is daarop ingestel om ’n tuiste te bied vir mans wat tussen die grotman- en die sensitiewe metroseksueel-stoele geval en net daar bly lê het. Mans wat nie skaam is om te erken hulle het hul eie program en ander vorme van hulp nodig nie.

Só word daar dan tussen al die dik-borshaar-onderhoude met renjaers en motorfietstoertjieveterane en poster-blonde poppies ook teer oomblikke ingesluit.

“Dis moeilik om te verstaan hoe senutergend dit is,” sê ’n kriewelrige Lunga Shabalala terwyl hy op die tatoeëerbankie lê en wag in een van die programinsetsels. Sy aanbieder-bro en/of bromance-bra Janez Vermeiren is onmiddellik by om hom te paai. “Aah, my angel,” sê hy terwyl hy hom sagkens op die voorkop kus. “Don’t be afraid, Daddy’s here.”

* The Man Cave is Woensdae om 20:00 op SABC 3.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 241 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 352 votes
Vote
Rand - Dollar
18.98
-0.4%
Rand - Pound
23.99
-0.4%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
900.15
+0.4%
Palladium
1,000.00
-0.2%
Gold
2,213.05
+0.8%
Silver
24.68
+0.2%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,237
+0.8%
All Share
74,414
+0.7%
Resource 10
57,122
+2.6%
Industrial 25
103,714
+0.4%
Financial 15
16,494
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE