Share

Stories uit idilliese tyd van onskuld

Nostalgie trek swaar aan ’n mens. Daai was die dae. Die goeie ou dae, toe alles beter, snaakser, lekkerder en goedkoper was.

’n Mens kan moontlik sonder sekere dinge klaarkom. Soos wet-look-hemde, jeugweerbaarheid en die donkerbruin Datsun SSS. Maar daar’s waaragtig goed wat ’n mens nooit sal ophou mis nie, reg?

Soos Coke floats by die inry, mini-skirts en staanplek by die rugby. En, as ’n mens die ongeveer 30 jaar se gemor sedert dit van die lug af is ernstig moet opneem: Koöperasiestories.

Op die een of ander manier het die reeks in die middel- 1980’s sowel die gees van burgerlike Suid-Afrika as die kollektiewe hart van die TV-liefhebbende Afrikaner presies vasgevang. Met karakters soos die dorp-skinnerbek Mietie (netjies gekies vir die rol en briljant vertolk deur Marie Pentz), die wysgeer Veldsman en die neuroot Genis – almal gewapen met PG du Plessis se vlymskerp wys­heid en woorde – was dit ’n wenner wat diep onder die volk se vel ingekruip het.

En soos reën uiteindelik kom ná ’n eindelose gebid, het daar nou ná jare se gehoop en gesmeek ’n opvolg van die gewilde ou reeks sy verskyning gemaak. Dit is weer ’n gesamentlike poging van Koos Roets en PG du Plessis en dit heet Pandjieswinkelstories.

Soos in Koöperasiestories praat karakters direk na die kamera met kykers. Elke episode begin en eindig met ’n nuwe storie en sekere hoofkarakters word deur die ganse reeks getrek.

Verlede week se episode het gehandel oor een van die deurlopende karakters, Ebenezer Haasbroek (Frank Opperman), wat gevang is met dagga en nou op parool is. Hy vertel by ene Skroef (Deon Lotz) se pandjieswinkel deur terugflitse hoe hy ’n ou gekry het om ’n byenes te kom verwyder. Dit, belowe die pesverwyderaar hom, word die beste gedoen met daggawalms.

Die pesverwyderaar se handlanger is uitgeknip vir die taak, want hy is ’n daggaroker. Dit is duidelik uit die feit dat die outjie ’n T-hemp dra met ’n groot groen kannabis-blaar daarop en dat canned reggae in die klankbaan opdein sodra jy hom op die skerm sien.

Wat minder duidelik is, is waarom die knaap heeltyd lyk soos ’n dronklap wat uitgepass het. As hy wel beweeg, is dit in ’n melodramatiese slakkemars (Die draaiboek verduidelik dat dronkies “slinger” en daggarokers die “slow march” doen.)

Met ander woorde, hy weerspieël jou pa of jou oupa se idee van ’n daggaroker en nie noodwendig die realiteit van ’n daggaroker nie. (Dis nou as daar deesdae nog enigsins iets soos ’n stereotipe daggaroker bestaan, met al die nuwe ontwerperdwelms op die mark).

Dit blyk uit Lotz, en spesifiek Opperman, se eklektiese kleredrag dat die vervaardigers ’n soort surrealistiese tydloosheid aan verrigtinge wou verleen, alhoewel dit ’n tydloosheid is wat meer na die verlede as die toekoms mik. Dus, ’n tipe utopiese toeka-tyd waar ’n mens nog dagga in “arms” te koop kry teen R50 en die landdros beskuldigdes huis toe nooi om vroulief te kom ontmoet.

Koöperasiestories-aanhangers sal dus bly wees om te weet dat, eerder as ’n opvolg, ’n verlenging of ’n uitvloeisel van ­Koöperasiestories, hierdie nuwe reeks in werklikheid eintlik net nóg Koöperasiestories is – net met ’n nuwe naam.

“PG het meer as 200 verhale vir Koöperasiestories geskryf en daarvan is net ’n paar gebruik om drie reekse op te neem,” het die reeks se produksiebestuurder, Maricia Pieterse, verlede jaar aan die aanlyntydskrif Kormorant verduidelik.

“Daar het so baie stories gelê en wag om ontgin te word en met Pandjieswinkelstories kry nog ’n hele paar lewe.”

Dis moeilik om volgens een episode te oordeel of die reeks ooit uit sy gemaklike tydborrel gaan bars tot in ’n realiteit waar die stereotipe daggaroker vervang word deur ’n histeriese jong meth-slaaf wat haar mert bel op haar smart-foon. En of dit bloot gaan terugverwys na ’n tyd van idilliese onskuld toe kinders veilig in die strate kon speel en die huishulp ’n pienk kopdoek gedra het. ’n Tyd toe daar ’n Steve Hofmeyr-kloon vir elke hubare jong boerenooi beskikbaar was en “Die Stem” uit elke Wimpy weergalm het.

’n Veilige plek waar pandjieswinkels nog bestaan en nie pawnshops genoem word nie.

* Pandjieswinkelstories is Dinsdae om 20:00 op kykNET, kanaal 144.



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Election day is approaching, have you made your voting decision?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, I still haven't made up my mind
27% - 2606 votes
Yes, I know where my ‘X is going
73% - 7019 votes
Vote
Rand - Dollar
19.25
-0.3%
Rand - Pound
23.78
-0.3%
Rand - Euro
20.49
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
920.50
-1.1%
Palladium
1,006.00
-0.9%
Gold
2,305.45
-0.9%
Silver
26.86
-1.2%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,920
+0.6%
All Share
73,931
+0.5%
Resource 10
59,935
-1.6%
Industrial 25
102,689
+1.6%
Financial 15
15,755
+0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE