Share

Uit die boks: Kaal in bos, pluk hy aansteker iewers uit

As daar een pos is wat jy nie wil hê nie, is dit om in die raad te dien wat nuwe werklikheidsprogramme moet uitdink.

Eerste werklikheidskonsepraadslid: “Wat van ons kry 18 poskantoorklerke en sit hulle saam in ’n bad vol wurms?”

Tweede werklikheidskonsepraadslid: “Ha-haaa, waar wás jy, meneer! Die Nore het dit al j-a-a-a-re gelede gedoen!”

Derde werklikheidskonsepraadslid: “Bad vol krokodille?”

Vierde werklikheidskonsepraadslid: “A-se-buh-LIEF! Tokio-TV, 2003.”

Vyfde raadslid: “Okei, 90 melaatses wat hul vingers in ’n groot roostuin moet afwerk?”

Sesde raadslid: “Uh-uh, jammer, Honduras-uitsaaikorporasie, kanaal 125, 1997.”

En so aan, en so aan.

Die helfte van die raadslede was duidelik aan die slaap en die ander siek (en sat) toe raadslid nommer 23 laat een middag kom met: “Ha! Ons trek een ou en een meisie poedelkaal uit en sit hulle so ’n paar weke saam in die bos...”

En, soos soveel ander werklikheidsprogramme tans op TV, glip Naked and Afraid toe deur die krake en beland op die Discovery-kanaal waar dit nou Saterdae om 17:40 te sien is.

Natuurlik was daar eers voorbereidingswerk voordat ’n oudsoldaat en ’n geskiedenisonderwyseres kaal soos perskes van die boot afgelaai is in die middel van die Amasone-oerwoud. Soos die PSR-toetse wat hulle moes ondergaan. PSR staan vir Primitive Survival Rating, wat gegrond is op hul... wel, dis wetenskaplik.

En dan, terwyl hulle net so hard probeer om mekaar se onderdele te ignoreer as wat hulle die onheilspellende agtergrondmusiek en insetsels van anakondas wat om boomtakke krul probeer miskyk, dryf die boot weg.

Bykomende maagrolle sedert Afganistan of nie, dié gewese militêre kêrel is steeds duidelik ’n man van aksie.

“Ons sal ’n vuur moet maak,” sê hy. Al belowe die indrukwekkende programpromosie die gebeure sal alles sonder “moderne toebehore” geskied, pluk hy iewers (ja, waar anders?) ’n aansteker uit.

Moeilik soos dit dalk kan wees in ’n vreemde land, reël die vervaardigers natuurlik dat ’n reënbui uitsak voordat die vuur aan die gang kan kom. Nog voordat die muskiete begin toesak, begin die sporadiese gebiep in die twee se dialoog gou klink soos die Baragwanath se intensiewesorgeenheid.

Op dag drie, met lywe soos spitbraaivarke van al die oopgekrapte muskietwonde, kry hulle ’n vlam aan die gang. Doodmoeg van al die vuurblaas en rowe krap, raak hulle aan die slaap – en die vuur gaan dood.

Die volgende oggend, terwyl sy die gebreekte aansteker stadig tussen haar vingers rol, sê die geskiedenisonderwyseres snikkend: “This has made me realise how important my family is to me. I’m going home.”

“Aha,” sê die oudsoldaat terwyl hy ’n insek-ongedierte van sy private deel afpluk en triomfantelik tussen sy duim en wysvinger verbrysel. Ja-nee, 13 maande in Afganistan kon hom nie voorberei vir hierdie vyf dae nie, mompel hy.

Die volgende paartjie bestaan uit ’n oorgewig voormalige weermagman wat al ’n soortgelyke kaalstert-toets in Tanzanië deurstaan het, en ’n vroulike kruisboogjagter wat haar drie weke lange vuurdoop in Panama oorleef het.

“Ek sien uit daarna om met CJ te ‘werk’,” sê sy terwyl sy haar uitgeverfde kaalbas reg­skud vir die beproewing.

Met ’n reeks toebehore soos vislyne en -hoeke en selfs ’n panga, vorder hulle eintlik heel goed. Dokters sit gou ’n hand by toe CJ sy been met die panga oopkap.

Kort voor lank flans die vlytige jong dame vir haar ’n bikini uit blare saam wat alles verdoesel wat die vervaardigers se mosaïek-patrone nie reeds het nie. Afgesien van vlugtige glimpse van haar oorlewingsmaat se pizza-boude is daar nou van kaalgatgeit geen sprake nie. Met al die toebehore en mediese hulp is die oorlewingsuitdaging ook eintlik daarmee heen.

“Ek weet,” sê werklikheidskonsepraadslid nommer sewe terwyl hy die program afskakel. “Wat van ons kyk hoe lank ’n klomp kaal eks-Mej. Heelalle katte kan streel, in die sneeu, met rolskaatse aan?”
As daar een pos is wat jy nie wil hê nie, is dit om in die raad te dien wat nuwe werklikheidsprogramme moet uitdink.



Naked and Afraid, Saterdae om 17:40 op Discovery (kanaal 121); heruitsending Sondae om 14:55.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 396 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 557 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE